Lydenstyd – “Visio Divina” Dag 2

23 Feb Briton_Rivière_-_The_Temptation_in_the_Wilderness

VISIO DIVINA #2

Deel 1

Die Ierse kunstenaar, Briton Riviere, het in 1898 hierdie “donker” kunswerk geskep van
Jesus se 40-dae lange versoeking in die woestyn. Wat ‘n mens opval is die ontsaglike
onvriendelike omgewing: rotsagtig; die lug bykans die vuurgloed van ’n vulkaan. Alhoewel
moeilik om te sien kronkel daar ’n slang by Jesus se voet; in die ander hoek is ‘n slu jakkals.
Verder is daar net ‘n enkele voël op die horison. Alles dui op verlatenheid. In wit geklee sit
Jesus, kop onderste-bo.
Kyk lank en biddend na die kunswerk. Maak dit iets in jou wakker?
‘n Skakel is aangeheg met goeie kommentaar oor die kunswerk:

Lees meer “Lydenstyd – “Visio Divina” Dag 2″

Lydenstyd – “Visio Divina” – Dag 1

Visio Divina - 22 Februarie 2023

Deel 1

Ons begin nie ons Lydenstydreeks met ‘n tradisionele ikoon nie, wel met ‘n moderne
kunswerk van Brian Jekel: “Jesus genees die blinde man.”

Kyk lank en biddend na hierdie kunswerk.

Wat “sien” jy in hierdie skildery?

Toe Jesus na die blinde man gekyk het, wat dink jy het deur Jesus se gedagtes gegaan?
Hoe sou dit voel om deur Jesus aangeraak te word?
Spreek die uitgestrekte hande dalk tot jou hart?
Waarom?
Begeer jy dalk al vir lank dat Jesus jou moet aanraak?
Waarom vra jy dit nie nou vir Hom nie.

Lees meer “Lydenstyd – “Visio Divina” – Dag 1”

Madagaskar: The Week 12 Februarie 2023

Uprooted tree Madagaskar

Another cyclone is heading Madagascar’s way. At this time it looks like one of the worst cyclones to hit Madagascar with a rating of 7 on the Dvorak scale, 8 being the highest classification. Cyclone Freddy,(I think the name should also be upgraded to Fred considering its strength), will make landfall towards the south of the country after impacting Mauritius and Reunion, move across the country and at this stage appears to then head on to Mozambique. We won’t really experience the effect of this cyclone, being right up in the north, but please pray with us for the people who live in its path. If the predicted course will be followed, the outcome for Madagascar would be devastating.

Lees meer “Madagaskar: The Week 12 Februarie 2023”

Stof tot nadenke: God is my skild

God is my skild - Stof tot nadenke. NGK Groot-Brakrivier

God is my skild, Hy wat die opregtes van hart verlos, God is ‘n regverdige regter -…”

Ps. 7: 11-12

Met die genadegawe van die liefde wat ons deur God ontvang het, belowe God dat Hy ons skild is wanneer ons opreg van hart is. Wanneer ons nie leuens in ons ronddra of uitdeel nie. God alleen weet of ons opreg van hart is. Vir mense kan ons dit wegsteek, maar nooit vir God nie. Hy beskerm ons in moeilike tye.

Die omvang van God se liefde word so mooi in Ps 23 vir ons uitgespel. Hy neem ons na rustige groen weivelde, Hy gee ons nuwe lewenskrag, Hy lei ons op die regte paaie in sy Naam. Selfs waar ons deur donker beproewings gaan hoef ons nie bang te wees nie, want God is in sy Almag by ons. Dit is Sy leiding deur die Heilige Gees wat my gerusstel. God gee ons nuwe krag vir elke dag. “Net goedheid en troue liefde sal my volg al die dae van my lewe, en ek sal terugkeer na die huis van die Here, tot in lengte van dae” (Ps. 23: 6).

Lees meer “Stof tot nadenke: God is my skild”

Nuusflitse Week 8+ van 2023

Nuusflitse

Woensdag 22 Februarie 2023 :
Kooroefening – 17:15 by die orrel
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.), 4B
(Onder-Langstr tot Kiewietlaan) en 4B (Avonddans)

Sondag 26 Februarie 2023 : Prediker: dr. Fanie Bergh Kategese 09:00
Wolwedans uitreik vir die eerste kwartaal is: 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart
Woensdag 1 Maart 2023 om 10h00 Klub 50 lede braai te Hartenbosrivieroord

Afkondigings 19 – 26 Februarie 2023

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 19 Februarie 2023 :

Vandag – Sondag 19 Februarie 2023 :
Baie welkom by die erediens. ’n Baie spesiale verwelkoming aan dr. Jurie Vermeulen wat vanoggend bevestig word as kerkraadslid.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Rom. 5 vers 12 tot 21.
Die tema van die prediking is : Verwoestende Vyandskap?
Eerste Lydensweek. Nagmaal.
Geen kategese.
Spesiale Offer vir Straatwerk by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons
u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi
sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by
die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die
traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 22 Februarie 2023 :
Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle
belangstellendes is welkom.
Blokbyeenkoms om 18:00 in Blokke: 4A (Pine Creek & Bo-Langstr.), 4B
(Onder-Langstr tot Kiewietlaan) en 4B (Avonddans) by Marie de Bruin,
Kiewietlaan 16 (082 376 1593).
Sondag 26 Februarie 2023 :
Prediker: dr. Fanie Bergh.
Kategese.
Spesiale Offer Hartenbos Versorgingsoord.
Omgeebediening :
n hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke asook bydraes vir die kruideniers pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier, ens.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
Getuienisbediening :
Baie, baie dankie vir die 2 fietse, asook al die geestelike boekies wat ontvang is, dit gaan ’n verskil maak in die lewe van die ontvangers daarvan.
Ons uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons vrieskaste is tans dolleeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Klub 50
Alle Klub 50 lede word uitgenooi na ‘n braai te Hartenbosrivieroord op Woensdag 1 Maart 2023 om 10h00. Bring asb eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Reël asb eie vervoer. Die klub sal bykosse verskaf en die ingangsfooi betaal. Antwoord asb voor Dinsdag 21 Feb op WhatsApp groep of Estelle 0726756696.

Die webtuiste ( nggrootbrak.co.za )
1 9 F e b r u a r i e 2 0 23

  1. Skakel na die YouTube Preek van 19 Februarie 2023.
  2. Getuienisbediening: Nuusflits van Madagaskar.
  3. Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: God is my skild”.

FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA KASAKSTAN
FEBA Kasakstan bestaan reeds sedert 2005 en moes verskeie uitdagings oorkom om hul media werk te doen. Alhoewel ons steeds nie oor ons eie radiostasie beskik nie, bereik die span se uitsendings die mins-bereiktes baie effektief deur die internet, asook deur hul samewerking met ander radiostasies. Alhoewel landsburgers godsdiensvryheid geniet, is daar tog deurlopend diskriminasie teen Christene. Ongeveer 70% van die bevolking behoort tot die Islamgeloof met 26% wat die Russiese Ortodokse geloof aanhang. Slegs 2.3% van hierdie mense behoort aan evangeliese en ander Christelike denominasies. Die amptelike tale sluit Kasak en Russies in.
Ons gebed vir die week: Bid asseblief dat God vir FEBA Kasakstan van hul eie perseel sal voorsien, en ook dat hul invloed op beide radio en sosiale media nog verder sal verhoog

YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.

LYDENSTYD
…. is die seisoen van 46 dae waarin Christene die lydingspad van Christus in herinnering roep en daarop reageer. Hierdie tyd bevestig weer dat God die God van die verontregte en stukkende mens is en dat Hy gekom het om ons te bevry.
Lydenstyd moet ʼn tyd wees van bepeinsing en stilte – ʼn tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as God se groot liefdesdaad aan ons. Dit is ook ʼn tyd van erkenning en belydenis van ons eie sonde en die ontvangs van nuwe lewe in Christus. Mag ek en jy hierdie lydenstyd saam met Hom van ons eie-ek sterf en daarmee saam die bereidwilligheid ontvang om toegerus te word as Sy dissipels.
God verander nie net ons lewens radikaal nie, maar as ʼn nuwe mens in Christus kan ons nie anders as om sy liefde te gaan uitleef nie.


Die Liggaam van Christus in Aksie


Ons deurkollekte wat hierdie week vir Straatwerk gaan se bedieninge en projekte fokus hoofsaaklik op die groot aantal haweloses wat weens ’n verskeidenheid van redes op die strate in Kaapstad beland het; vroue vasgevang in prostitusie en die groot aantal jongmense wat die naglewe van Kaapstad besoek.


Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Nuusflitse Week 7+ van 2023

Nuusflitse

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00
Woensdag 15 Februarie 2023 : Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 3 
Nagmaal Sondag 19 Februarie 2023 09:00 : Prediker: ds. Danie Goosen.
Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart
21 Februarie om 18:30 Dr. Daniel Shayesteh besoek Mosselbaai Moedergemeente

Afkondigings: Sondag 12 – 19 Februarie 2023

Afkondigings

Ned. Geref. Kerk Groot-Brakrivier

Vandag – Sondag 12 Februarie 2023 :

  • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr. Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 5 verse 17 tot 48. Die tema van die prediking is : Wat is regtig reg?
  • Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Lees meer “Afkondigings: Sondag 12 – 19 Februarie 2023”

Stof tot nadenke: Die grootste hiervan is…

Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe om God se boodskap te verkondig, sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak.”
1 Kor. 13: 8

Dis weer die week van die liefde in menslike terme. Valentynsdag word wêreldwyd gevier. Maar die begrip van die liefde het so afgewater en verwronge geraak deur die prentjie wat wêreldwyd van die liefde verkondig word, dat ons menigmaal in wantroue staan teenoor enigiemand wat ‘n liefdesverklaring maak. Die begrip ’to make love’ het mense laat dink dat hulle in beheer van die liefde is. Dat hulle deur hierdie woorde te uiter alle twyfel aan die ontvangs-kant sal verwyder. Dat hulle selfsugtige agendas nie raakgesien sal word nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Die grootste hiervan is…”

Nuusflitse Week 6+ van 2023

Nuusflitse

Kategese Sondae 09:00
Woensdag 8 Februarie – Kooroefening – 17:15 
Woensdag 8 Februarie – Blokbyeenkoms 16:00 Blok 2 & Blok 13
Sondag 12 Februarie 2023 Erediens 09:00 • Prediker: dr. Gerrie van Deventer
Getuienisbediening: Wolwedans: 8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Rek en strek oefEninge vir seniors : Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 in kerksaal

Stof tot Nadenke: Is jy Vry?

Stof tot Nadenke: Is jy Vry?

Maar as julle julle deur die Heilige Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie”

Gal. 5: 18

Soms lees mens ‘n Bybelvers raak wat jou hele siening van die lewe laat verander. Is dit moontlik dat ons vrygeskeld kan wees van die wet? Tog staan dit baie duidelik in Galasiërs. Ons moet onsself net beskikbaar stel vir die Heilige Gees. Die Gees van waarheid. Die Gees wat ons krag gee onder moeilike omstandighede. Die Gees wat ons lei om die dinge van die Vader te doen, en nie in te gee aan ons menslike begeertes nie. Watter ongelooflike vryheid skenk God ons nie deur ons die Heilige Gees te skenk nie.

Lees meer “Stof tot Nadenke: Is jy Vry?”

Laat die kindertjies na My toe kom!

In Januarie 2023 het ons drie heerlike doopgeleenthede in ons gemeente beleef. So ‘n wonderlike antwoord op die versoek van Christus om die kindertjies na Hom toe te laat kom. Dis heerlik om jongmense met die begeerte om hulle kinders te laat doop te beleef. Dis die kinders wat vir ons die toekoms in Christus is en ons moet alles in ons vermoë doen om hulle nie te verhinder om God te leer ken nie.

8 Januarie

Jaques en Johanita le Roux (Seuntjies: Luca en Beau Jonah)

Charl en Lurinda Fourie (Dogtertjie Lua-Mari)

22 Januarie

Corne en Anneke Mulder (Seuntjie Harley) van Ierland wat by hulle ouers kuier

29 Januarie

Stefan en Helga Hayward (Dogtertjie Lilian Ruth)

Die doopgeleenthede was onderskeidelik gelei deur Ds. Danie Goosen en die laaste deur Ds Hayward van George. Watter wonderlike begin vir die Jaar 2023!