Vandag – Sondag 5 Februarie 2023 :
• Baie welkom by die erediens.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Matt. 5 verse 13 tot 20. Die tema van die prediking is : Wie is ons?
• Spesiale Offer vir die kinderhuise (Algemeen) Môreson by die deure.
• Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
JEUG :
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Nuwe lidmate in ons gemeente :
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2023 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Woensdag 8 Februarie 2023 :
• Kooroefening – 17:15 by die orrel. Marida (082 471 0751). Alle belangstellendes is welkom.
• Blokbyeenkoms om 16:00 in Blok 13 (Groenkloof) & Blok 2 (Reeboksfontein & Sandhoogte) in die eetsaal van Groenkloof.
Sondag 12 Februarie 2023 :
• Prediker: dr. Gerrie van Deventer.
• Spesiale Offer Gemeente Instandhoudingsfonds.
Rek en strek oefEninge vir seniors :
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die kerksaal. Nuwe lede is baie welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
Omgeebediening :
• In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
• Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas. Ons ondervind tans ‘n groot tekort aan groot inkopiedrasakke asook bydraes vir die kruideniers-pakkies soos blikkieskos, suiker, koffie, tee, pasta, skoonmaakmiddels soos gesigseep, tandepasta, skottelgoedseep, wasgoedseep, toiletpapier, ens.
• Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asb. vir Corrie Pieters (082 327 9527).
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake, of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons by 081 039 8853 – Kontakpersoon Riana Briers.
• Inskrywings kan nog gedoen word vir die kursus in Pastorale Narratiewe Terapie vir 2023. Finansiële bystand kan verleen word in dié verband vir mense in ons gemeente of breër gemeenskap. Vir meer inligting, kontak Riana Briers (Sel 081 039 8853).
Getuienisbediening :
Ons uitreikdatums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is:
8 en 22 Februarie, asook 8 en 22 Maart.
Ons nooi almal weereens uit om deel te neem aan die sopprojek en te help om 80 gesinne te kan bedien. Die voorsiening van sop is ’n deurlopende behoefte en ons vrieskaste is tans redelik leeg. Baie dankie vir u getroue ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte :
• Daar is ‘n dringende behoefte vir ’n fiets vir ‘n volwasse man. Indien iemand hiermee kan help kan dit gedurende kantoorure by die kerkkantoor afgegee word / gereël word vir afhaal. Vir navrae skakel Aletia (084 783 1308).
• Enige geestelike dagstukkieboeke wat u nie meer gebruik nie. Boeke kan by die kerkkantoor gedurende kantoorure afgegee word.
• Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ’n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. foto’s wat op die webblad geplaas word.
Die webtuiste (nggrootbrak.co.za)
5 Februarie 2023
- Skakel na die YouTube Preek van 5 Februarie 2023.
- Getuienisbediening:
a) Nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
b) Versoek vir Gebed vir vervolging in ander lande.
c) FEBA se gebedsgids vir Februarie. - Lief en Leed: “Laat die kindertjies na My toe kom.”
- Kommunikasiebediening: “Stof tot nadenke: Is jy Vry?”. ’n Kort boodskap vir die
week.
FEBA RADIO SA: GEBEDSFOKUS – ONS BID VIR FEBA THAILAND
FEBA Thailand, saai uit vanaf 32 radiostasies, in 17 etniese tale. Thailand is oorwegend Boeddhisties, en die landsburgers beskou die Christelike geloof as ’n Westerse geloof, wat hulle daarvan weerhou om tot die geloof te bekeer. Maar sedert FEBA met hulle werk aldaar begin het, het hulle sterk groei waargeneem in die getal mense wat Jesus aanneem. Thai Christene speel ’n wesenlike rol om die Goeie Nuus te verkondig, en die kerk te vestig. In Januarie het FEBA Thailand vir die eerste keer ’n straatmark gehou om nie-Christen jongmense te bereik.
Ons gebed vir die week: Verskeie spanlede reis gereeld na Mianmar en Shan-staat om die plaaslike bevolking te bedien, en om radio’s en luistertoestelle uit te deel. Bid asseblief dat God die voorraad radio’s en toestelle sal vermeerder sodat meer mense die Goeie Nuus kan hoor.
YouTube Eredienste
YouTube eredienste is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube. Die skakel word per WhatsApp aan u gestuur. Alternatiewelik is die skakel ook op ons gemeente webwerf beskikbaar by https://www.nggrootbrak.co.za.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning
van die werk van die Here.
Leraar: Danie Goosen (079 525 3624)
Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525 044 620 2205
e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za
Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



