Ons eerste termyn het goed afgeskop. Lokale 3, 4 en 5 is Sondae vanaf 09h00 beskikbaar vir Junior Kategete. Seniors is in die bovertrekke bokant saal. Kinderkerk sal op volumes hanteer word. Belydenisklas is by Ds Danie Navrae kan aan my(Pauline) gerig word by +27 79 557 8591
Tema vir die Jaar Ons tema vir die jaar is die wapenrusting. Ons het reeds dit so aan die kinders verduidelik en elke groep hanteer dan hul hulpmiddels.
Ons skriflesing vanoggend kom uit Lukas 4. Die tema van die prediking is:
Raak ontslae van die dominee.
Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds
Kategese om 09:00
Biddag vir Opvoeding en Onderwys
Die ontwrigting van ons onderwysstelsel het verreikende implikasies gehad vir huishoudings en die gemeenskappe waarin leerders woonagtig is. In vele opsigte was dit ‘n sosiale ramp. Nou moet die onderwysstelsel, wat al voor die pandemie onder druk was, herbou word. Dit stel geweldige eise aan leerkragte, leerders en ouers. Ons wil vra dat daar voorbidding gedoen sal word vir:
~ Skole se beheerliggame en komitees ~ Skoolhoofde ~ Onderwysers ~ Ondersteuningspersoneel ~ Toegewyde en betrokke ouers ~ Onderwysowerhede
Dit is Ds Danie se afnaweek.
Jeug
Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.
Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.
Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds Danie Goosen
Spesiale Offer vir die Straatwerk.
Rek en strek oefeninge vir seniors
Elke Dinsdag van 08:00 tot 09:00 is daar oefeninge vir seniors in die
kerksaal. Nuwe lede is welkom.
Kontakpersoon: Piet Snyman (082 297 3476).
Bestuurspanvergadering – 15 Februarie 2022
Die bestuurspan vergader eerskomende Dinsdagaand om 17h30 in die kerk onder die voorsitterskap van Ds. Danie Goosen. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.
Blokbyeenkoms – 16 Februarie 2022
Blok 3 (Voorbrug) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Susan Calitz (082 331 5438).
Gholfdag fondsinsameling
Die jaarikse gholfdag fondsinsameling vind plaas op 26 Maart 2022.
Vir navrae kontak vir Johan Smit (084 500 4296).
Bybelstudie Groep vir Sotho, Pedi & Tswana sprekende inwoners
Hiermee wil ons u hartlik uitnooi om kontak te maak met André Olivier. Hy en sy Sotho huishoudster, Janette wil graag ‘n Bybelstudie groep begin vir Sotho, Pedi en Tswana sprekende inwoners van die dorp en gemeenskap op Sondagmiddae by die kerk terrein.
Alle belangstellendes kan André kontak op sel nr 082 414 0462.
Klub-50
Klub-50 se jaarvergadering word op Woensdag 23 Februarie 2022 om 10h00 in die kerksaal gehou. Kontak Marie Snyman (082 229 8316 / 044 620 3053); Estelle Uys (072 675 6696) of Anneke Blaauw (082 371 8889 / 044 620 4575). Covid maatrëels sal geld.
Kerkkalender27 Februarie 2022 – Neem asseblief kennis dat daar tydens die 10:00 erediens nagmaalbedien sal word.
Voorlesings – Dr. Frans Hancke
Om die voorlesings uit dr. Frans Hancke se boek “ONVERANTWOORDELIK”weekliks te ontvang, stuur u Naam en Whatsapp-nommer (selfoonnommer) na 082 490 5737 voor Saterdag 19 Februarie 2022.
Getuienisbediening
Liewe Gemeente, baie dankie vir die oorgawe waarmee verlede jaar bygedra is tot die Getuienisprojek se behoeftes! Ons is dankbaar om weer in 2022 te kan steun op U welwillendheid! Soos altyd benodig ons kinderklere, materiaal, gare, borduur-gare en wol. Ons is ook op soek na ‘n ketel in ‘n goeie werkende toestand – dit hoef nie nuut te wees nie.
Ons datums vir Wolwedans vir die eerste kwartaal is: 23 Februarie asook 9 en 23 Maart.
Na verlede week se uitreik na Wolwedans is die vrieskaste leeg en ons sal dit waardeer as ons as gemeente weer kan ekstra poging insit om 80 soppe vir volgende week se uitreik beskikbaar te maak. Ons weet die weer is dalk te warm, maar dit maak ‘n verskil by die mensies vir wie ons dit gee.
Baie dankie vir jul deurlopende ondersteuning.
Omgeebediening
In hierdie gemeente wil ons vir mekaar omgee. Ons wil weet van nood, siekte en eensames wat hulp en ondersteuning benodig.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens.
Baie dankie vir almal wat op verskillende wyses bygedra en gehelp het.
Ondersteuningsgroep
Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning network en groep te begin vir:
enkellopendes;
mense wat gemarginaliseerd voel;
nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte.
Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers (081 039 8853)
Bybelstudiegroepe
Ons gemeente het weeklikse Bybelstudiegroepe op verskillende plekke. Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel die kerkkantoor (044 620 2205) om uit te vind watter groep die naaste aan u huis vergader.
DAG
TYD
PLEK
KONTAK-PERSOON
🕿
Maandag
17:00
Suiderkruis
Danie Goosen
079 525 3624
Dinsdag
10:00
Lokaal 6
Gert Louw
082 712 7929
Dinsdag
10:00
Tergniet / Reebokhoogte
Marita Erasmus
082 253 2876
Dinsdag
10:00
Reebokhoogte
Marietjie Smit
082 771 6034
Dinsdag
10:00
Tergniet / Reebokhoogte
Kobus Stemmet
082 577 7316
Dinsdag
10:00
Groenkloof
Dalene le Roux
072 383 0498
Dinsdag
10:00
Groenkloof
Tolletjie vd Merwe
082 412 3153
Dinsdag
10:00
Groenkloof sitkamer
Mienie Zietsman
082 418 8922
Dinsdag
15:00
Reebok
Julie Viljoen
082 662 1749
Dinsdag
15:00
Reebokhoogte
Johan Muller
082 823 2162
Donderdag
09:00
Tergniet
Carin van Ginkel
082 891 7791
Donderdag
18:30
Glentana
Jan Richter
072 231 7859
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
I can hardly believe that I have been back in SA for more than a month. The Cape is beautiful, but I have to get used to the daily changes in the weather; from wind to a heat wave to rain and cold weather, all within a few days.