Uitreik aan Wolwedans – 23 Februarie 2022

Baie dankie weereens vir almal se bydrae om Wolwedans te help opbou. U skenkings dien ‘n dubbele doel:

  • Die ontvangers is vry om die skenkings te gebruik vir skeppings en produkte om ‘n eie geldjie te verdien (hou in gedagte Wolwedans het ‘n besondere hoë werkloosheidsyfer)
  • Die skenkings of eie skeppings kan aan ander wat dit moontlik nodiger het (en waarvan ons nie noodwendig bewus is nie), herversprei word

Let wel: U skenkings van komberse of klere word aan verdienstelike ontvangers gegee en mag dus nie verkoop word nie.

Die uitreik na Wolwedans woensdag was weer ‘n goeie uitreik waar ons hulle met ‘n boodskap, sop, en brood bedien het. Ons het ook baie lap,wol,gare, ens. Ontvang waarvoor hulle baie dankbaar voor is en weer kan aangaan met hul onderskeie projekte.

Ons sal van tyd tot tyd foto’s plaas van produkte. Hou egter in gedagte dat handgemaakte produkte tyd vat om te maak, veral binne die konteks soos hierbo uiteengesit, en te midde van baie maatskaplike uitdagings.

Weereens baie dankie vir almal se welwillendheid om die Getuienisbediening meer veerkragtig en diensbaar te maak!