Afkondigings 27 Februarie 2022

Vandag – Sondag 27 Februarie 2022:

  • Baie welkom by vanoggend se erediens.
  • Ons skriflesing vanoggend kom uit 2 Korintiërs 3:12 – 4:2. Die tema van die prediking is: Waag dit om dieper te kyk!?
  • Spesiale deuroffer gaan vir die Hartenbos Versorgingsoord.
  • Kategese om 09:00
  • Nagmaal
  • Eerste Lydensweek

Jeug

Kategese vind plaas op Sondagoggende om 09:00.

Skakel asb. vir Pauline (079 557 8591) indien u enige verdere inligting verlang.

Nuwe lidmate in ons gemeente:

Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.

Eredienste

Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.

YouTube Eredienste

Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.

Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.

Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak.  U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.

Gebedsgidse

Gebedsgidse vir Maart 2022 is beskikbaar in die voorportaal.

Die Gebedsgidse, Dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Sondag – 6 Maart 2022

Kategese om 09:00

Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.

Prediker: Dr. Gerrie van Deventer

Spesiale Offer vir die Hospitaalbearbeiding

Tweede Lydensweek

ASWOENSDAG – 2 Maart 2022

Aswoensdag is die eerste dag van Lydenstyd, tradisioneel ‘n tyd van vas en bekering.

Blokbyeenkoms – 2 Maart 2022

Blok 5A (Mossienes tot Stasieweg) en Blok 5B (Eiland to Dolphins Creek) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Michelle Roon (Dolphins Creek 87) 064 674 9756

Wêreld biddag vir vroue – 4 Maart 2022

Wêreldbiddag (World Day of Prayer) is ‘n wêreldwye ekumeniese beweging wat deur Christenvroue gelei word. Hulle nooi ons om deel te neem met gebed en aksie om vrede en geregtigheid te bewerkstellig.

Die Wêreldbiddag word jaarliks in meer as 170 lande op die eerste Vrydag in Maart gevier. 2022 se tema is deur Engeland, Wallis en Noord-Ierland voorberei en is: “I know the plans I have for you.”

Van hoop tot aksie … maak ‘n verskil

Bejaardesorg fasiliteit

Alle werk verbonde aan die omskakeling van die Langstraat pastorie in `n bejaarde-sorg fasiliteit, is nou voltooi.

Die fasiliteit wat as “FORGET ME NOT” tehuis geregistreer is, is reeds sedert 2 Januarie 2022 ten volle in bedryf.

Belangstellendes wat hiervan gebruik wil maak of meer inligting daaromtrent wil bekom, kan vir Julia van der Merwe skakel by 084 409 3857.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Baie dankie vir die geweldige reaksie vir kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol wat ons gekry het – dit help om ‘n groot verskil in ons gemeenskap te maak.

Golfdag 26 Maart 2022
Golfdag 26 Maart 2022

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraar: Danie Goosen (044 620 2736 / 079 525 3624)

Posbus 9, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205 Faks: 044 050 1532

e-pos: ngkgbr@mweb.co.za / tilliengk@live.co.za

Webbladadres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening

Rek Nr. 530 831 865 11

Takkode 210314