Skep asem vir vandag: 10 Augustus 2025

Dagstukkies April

10 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om op te staan en binne God se wil te bly leef. Hier is ‘n spesiale gedagte uit God se Woord vandag vir jou.

Tema: Kies vir die Here

Teks: “Toe die volk sien dat Moses talm… het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê:

‘ Kom, maak vir ons ‘n god…’” (Eks 32:1)

  • Soms voel dit asof die Here nie naby jou is nie.
  • In sulke tye besluit jy dikwels om op jou eie besluite te neem, sonder om die Here te raadpleeg.
  • Onthou: Die Here is nie ver nie! Hy wag vir jou! Hy wil luister en hoor! Hy wil help!

(Jes. 59:1).

  • Selfs al voel jy swak en moeg, jy dien ‘n Almagtige God wat altyd sterk is.
  • Wag geduldig op Hom. Hy gaan alle goeie gawes en volmaakte geskenke vir jou gee.
  • Hy is getrou! Wees gelukkig!

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U altyd naby my is, al voel dit nie vir my so nie. Dankie dat U getrou bly.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Augustus 2025

Dagstukkies April

9 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om vergifnis aan mense uit te deel. Lees God se Woord vir vandag en laat dit jou motiveer tot goeie dade. 

Tema: Vergewe! Vergewe! Vergewe!

Teks: “Vergewe tog hulle sonde…” (Eks 32:32)

  • Moenie in God se krag en liefde vir jou twyfel nie.
  • Jesus het vir jou by die Vader ingetree en vergifnis vir jou sondes gekry.
  • Aanvaar dit en begin elke dag van voor af ander mense ook te vergewe.
  • God vergewe jou waar jy verkeerd doen, NET SOOS jy mense vergewe wat nie teenoor jou reg optree nie (Matt 6:12).
  • Leef so dat mense kan sien jy het hulle vergewe.
  • Rus in God se vrede.

Gebed 

Liewe Vader, gee my ‘n nuwe lewe en laat ek vergewe soos U vergewe. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Augustus 2025

Dagstukkies April

8 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om ‘n nuwe lewe in Christus te begin. Hier is die boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: ‘n Nuwe lewe

Teks: “Wie vir die Here is, kom hier na my toe” (Eks 32:25)

  • Jy kry altyd weer ‘n kans om dinge reg te stel – ‘n tweede, ‘n derde en soms selfs meer kanse.
  • Twyfel laat jou wonder of God en mense vir jou meer as een kans sal gee.
  • Al het jy verkeerd opgetree, aanvaar die geleentheid om oor te begin. Gryp dit met jou hele hart aan, en verander jou gedrag!
  • Hierdie vertroue en geloof gee die selfvertroue om met ‘n nuwe lewe te begin.  Jou nuwe lewe het al reeds begin. Wees vry en leef vry!

Gebed 

Liewe Vader, baie dankie dat U my in Jesus Christus ‘n nuwe kans en nuwe lewe gee. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Augustus 2025

Dagstukkies April

7 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om nie van die Here af weg te draai nie. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Bly naby die Here

Teks: “Kom maak vir ons ‘n god dat hy ons kan lei” (Eks 32:1)

  • As jy wag vir die waarmaak van God se planne – bly geduldig. Moenie ongeduldig word nie.
  • Ongeduld maak dat jy teen God en Sy planne kies – dan hoor jy Hom glad nie meer nie.
  • Soms is daar plekke in jou lewe waar jy van die Here wegdraai omdat jy jou eie planne bo Hom stel.
  • Neem ‘n kort tydjie – 30 sekondes – bid, “Here laat my na U wil terugkeer”.       Begin om weer die wil van God te doen – stap agter Hom aan!

Gebed

Liewe Vader, gee my wysheid en insig om raak te sien waar ek U nie volg nie. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Augustus 2025

Dagstukkies April

6 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om altyd in God se teenwoordigheid te bly. Lees God se Woord vandag – dit is vir jou.

Tema: Bly in God se teenwoordigheid

Teks: “Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaïberg gebly… ” (Eks 24:15)

  • Die Here is jou Beskermer, Helper en Versorger.
  • Jy is elke oomblik, elke minuut, uur en dag in die magtige teenwoordigheid van die Here.
  • Leef binne hierdie magtige teenwoordigheid van die Here God.
  • Hy sal jou slegste situasie in die beste situasie omskep.

Gebed 

Liewe Vader, maak my bekwaam om te leef asof ek in U magtige teenwoordigheid is. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Augustus 2025

Dagstukkies April

5 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te onthou dat die Here altyd vir jou sal sorg. Dit is ‘n boodskap uit die Bybel vir vandag.

Tema: Die Here sal altyd vir jou sorg

Teks: “Hulle het soos een man gesê: Ons sal alles doen wat die Here beveel het (Eks 24:3)

  • Die Here sal jou altyd beskerm en help.
  • Wees getrou en doen alles wat die Here binne jou vermoë gee om te doen – volg Hom!
  • Elke goeie geskenk kom van Hom af.
  • Jou geloof, vertroue en gehoorsaamheid sal beloon word.
  • Wees gelukkig. Leef met innerlike vrede. Geniet God se rus.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U Gees my help om U wil te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Augustus 2025

Dagstukkies April

4 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal leer om nie ander se goed te begeer nie. Hier is ‘n boodskap van die Heilige Gees vir jou.

Tema: Woestyntyd – leer om tevrede te wees met wat jy het.

Teks: “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie…” (Eks 20:17)

  • Die Here gee vir jou besittings, wees tevrede daarmee (Fil 4:11).
  • Ontevredenheid lei daartoe dat jy planne maak om ander se eiendom te neem. Dis sonde.
  • Waardeer eerder iemand anders se eiendom as ‘n geskenk wat hulle van God ontvang het.
  • Dank, prys, loof en eer die Here vir wat jy en ander mense gekry het.

Gebed

 Liewe Vader, help my om tevrede te wees met dit wat U vir my gegee het. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: ‘Bestemming’

“Simon Petrus vra Hom toe: “Here, waarheen gaan U?” Jesus het hom geantwoord: “Waarheen Ek gaan, kan jy My nie nou volg nie, maar later sal jy volg.””

(Joh. 13: 36)

Ons is almal oppad deur hierdie aardse lewe. Dit is vir elkeen van ons om te besluit waarheen ons oppad is, want dit alles gaan nie oor waardeur ons gaan in hierdie lewe nie, maar waarheen ons oppad is, daardie finale eindbestemming. Dit is tydens ons reis deur hierdie lewe, wat ons die besluit moet neem, oor waarheen ons oppad is. Soos Joseph Bailey dit so goed stel, ’is dit ons wat besluit wat ons bestemming sal wees wanneer ons sterf’. Ons eind bestemming is nie ‘n kwessie van toeval nie, maar dis ‘n kwessie van keuse, so ons moet iets self daaraan doen. Dit neem ons so dikwels baie lank in ons lewe om tot die besef te kom wat die ware betekenis van die lewe is. Stephen Butler Peacock het besluit dat ‘Dit nie te doen het met die volmaakte bestemming wat ons bereik nie, maar met hoe ons elke minuut van elke dag kies om hierdie lewensreis aan te pak.’

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘Bestemming’”

Skep asem vir vandag: 3 Augustus 2025

Dagstukkies April

3 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy altyd eerlik sal wees. Geniet God se boodskap vandag.

Tema: Woestyntyd – leer om altyd eerlik te wees

Teks: “Jy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie” (Eks 20:16)

  • Ons is God se beeld en Sy verteenwoordigers.
  • Hanteer alle ander mense met respek en menswaardigheid.
  • Jy mag niemand voortrek nie, ook mag jy nie valshede vertel nie, of die waarheid verdraai om jouself of vriende te bevoordeel of beskerm nie.
  • God het nie witbroodjies of gunstelinge nie – jy moet ook so optree (Rom. 2:11).
  • God die Regverdige hanteer almal dieselfde, ongeag klas, finansies, ras, kleur of taal.  Bring ‘n glimlag om mense se gesig deur hulle mooi te hanteer. Maak soos die Here maak.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat ek ook eerlik kan wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Augustus 2025

Dagstukkies April

2 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy soos gister, ook sal onthou om ander se besittings te respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

  • Alles behoort aan die Here; Hy gee aan elkeen soos Hy goed dink om te gee.
  • Alle vorme van onregmatige toe-eiening is diefstal, ook belastingontduiking.
  • Waar armoede tot steel lei, is dit jou verantwoordelikheid om te help.
  • Hoe meer ons mekaar help, hoe minder sal daar diefstal en geweld wees.
  • Hoe meer ons mekaar help, hoe meer geluk en rustigheid sal daar ook wees.

Gebed 

Liewe Vader, gee my genade dat ek ‘n vredemaker sal wees. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Augustus 2025

Dagstukkies April

1 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal leer om ander se besittings te respekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

  • Die Here stel belang in jou doen en late.
  • Soos jy leef, weet dan, die Here besit alle silwer en goud (Spr. 30:8b).
  • Hy gee besittings uit genade, selfs aan sommige meer as ander
  • Jaloesie, gierigheid, nood en honger lei dikwels tot diefstal en onregmatige wins.
  • Deur mekaar te help, verminder jy geweld en diefstal.
  • Deur mense te help bevorder jy vrede in die gemeenskap.

Gebed 

Liewe Vader, gee my genade sodat ek nie steel nie en altyd U wil gehoorsaam. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Julie 2025

Dagstukkies April

31 Julie

EK bid dat jy mense se menswaardigheid sal respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Respekteer mense

Teks:“Jy mag nie moord pleeg nie” (Eks 20:13)

  • Hierdie opdrag geld vir alle mense met wie jy te doen het.
  • Daardie mense vir wie jy kwaad is, hulle van wie jy nie hou nie en diegene wat jou seergemaak het – die opdrag geld vir julle wedersydse verhouding.
  • Almal het iets van God in ons (Gen 1:27).
  • Almal is God se ambassadeurs en verteenwoordigers.
  • Christusgelowiges soos jy, hanteer alle mense met menswaardigheid.

Gebed

Liewe Vader. dankie vir genade dat U my help om mense met menswaardigheid te hanteer.

Help my om dit te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Julie 2025

Dagstukkies April

30 Julie

Ek bid dat jy jou huwelik sal beskerm en bewaar. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Respekteer die huwelik

Teks:“Jy mag nie egbreuk pleeg nie” (Eks 20:14)

  • Alle huwelike is ‘n besonderse, diep en onbreekbare eenheid.
  • Hierdie eenheid is die geheim vir jou om gelukkig te lewe.
  • Hierdie eenheid is die grondslag vir jou gesonde gesinslewe.
  • Hierdie eenheid is die hoeksteen vir ‘n stabiele samelewing waarbinne jy leef.
  • Hierdie eenheid is die getuienis van Christusgelowiges sodat die mense ons Goeie liefdevolle God volg.
  • Pas jou huwelik op. Begin vandag weer van voor af daarmee.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die krag om my huwelik ‘n diep, besonderse onbreekbare eenheid te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Julie 2025

Dagstukkies April

29 Julie

My gebed is dat jy gesag sal rerspekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Respekteer gesag

Teks:” Eer jou Vader en jou moeder…” (Eks 20:12)

  • As jy vir God respek het, sal jy vir gesagsfigure op aarde ook respek hê.
  • Selfs al verskil jy van die gesagsfigure, hanteer hulle steeds met respek.
  • Bid vir alle gesagsfigure, bid vir elkeen wat moet sorg dat alles in die gemeenskap goed verloop (1 Tim 2:2-3).
  • Bid dat daar vrede sal wees, sodat mense tot bekering kan kom.
  • Dan sal dit in jou gemeenskap goed gaan en jy sal gelukkig wees. (1 Tim 2:1-7).

Gebed 

Liewe Vader, maak die mense wat gesag uitoefen wys en eerlik, sodat ons gelukkig kan wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Julie 2025

Dagstukkies April

28 Julie

EK bid dat jy insig sal kry om na jouself om te sien deur jouself geestelik, emosioneel en fisies te versorg. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Herstel jou geestelike, emosionele en fisiese batterye

Teks:” Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. ” (Eks 20:8)

  • God die Vader het ‘n voorbeeld gestel dat almal iewers moet rus – hulself moet versorg (Gen 1:31-2:3).
  • Die meeste van jou konflik, ongelukkigheid en foute ontstaan omdat jy uitgeput is.
  • Rus is nodig vir jou geestelike en verstandelike groei en insig, emosionele en fisiese herstel.
  • Gebrek aan selfversorging en selfdissipline lei tot die dood (Spr. 5:23).
  • Prioriseer jou lewe –rus: geestelik, emosioneel en fisies.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die wil en die insig om rusdae soos U dit wil hê, deel van my lewe te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: ‘Betrokkenheid!’

“Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.“

1 Joh. 2: 6

Hoe en waar is ons betrokke? Hoe leef ons ons betrokkenheid in die gemeenskap uit? Hoe wys ons vir die wêreld dat ons Christene is? Of is dit maar moeilik vir die mense om ons, om te weet dat ons vir Jesus ken, en graag soos Hy wil wees? Volgens Nina Smit is dit eers wanneer jy iets betekenisvol vir iemand anders doen, daar waar jy ook hulle probleme kan raaksien en daarby betrokke raak, dat jou eie lewe verryk word. Dit is gewoonlik jy wat baie meer verryk word as die persoon wat jy help. Dis hier waar die hemel naby aan ons kom.

Lees meer “Stof tot nadenke: ‘Betrokkenheid!’”

Skep asem vir vandag: 27 Julie 2025

Dagstukkies April

27 Julie

Mag jy vandag die Here deur jou woorde, denke en dade eer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou is.

Tema: Gebruik die Here se Naam reg

Teks:” Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie,” (Eks. 20:7)

  • Alles wat jy sê moet van goeie smaak getuig (:Ef. 5:4).
  • Die heilige God moet bly wees oor wat jy sê en dink (Ps. 19:15).
  • Gebruik God se Naam slegs wanneer jy met Hom praat of wanneer jy oor Hom sing.
  • Jy sal die Here God so gelukkig maak. Daarom sal jyself ook gelukkig wees.

Gebed 

Liewe Vader, maak my gewillig om U deur my woorde te eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Julie 2025

Dagstukkies April

26 Julie

Mag jy vandag met nuwe oorgawe die Here alleen dien. Dit is ‘n besonderse boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Dien net die Here

Teks:” Jy mag naas My geen ander gode hê nie. ” (Eks. 20:3)

  • God is jou Redder, jou Beskermer, jou Versorger.
  • Fokus op die kernsake van die lewe – op God se dinge.
  • Stap agter die Heilige Gees se leiding aan – doen soos Hy in hierdie situasie sou doen.
  • Die Here God is jou Voorloper.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U voor my uitloop en dat ek U kan volg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Julie 2025

Dagstukkies April

25 Julie

Mag jy vandag van die emosionele slawerny van bitterheid vergewe word. God het hierdie boodskap spesiaal net vir jou.

Tema: God bevry jou van die slawerny van bitterheid

Teks:“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. ” (Eks 20:1)

  • Baie dinge plaas ‘n binding op jou – gebrek aan ware vergifnis, boekhou van die kwaad wat oorloop tot bitterheid is maar sommige van hierdie sake.
  • God die Redder, bevry jou van al jou sonde teen Hom (Joh. 3:16).
  • Soos jy ander mense vergewe wat teenoor jou verkeerd optree, so vergewe die Vader jou ook (Matt 6:14).
  • Jy is God se spesiale ambassadeur van versoening – wees dan een (2 Kor 5:18-20).
  • Tree elke dag op soos ‘n burger van God se nuwe wêreld.

Gebed 

Liewe Vader, maak my vry van sonde. Laat mense wat teen my sondig, my ook vrymaak.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Julie 2025

Dagstukkies April

24 Julie

Mag jy vandag wysheid kry om jou las ligter te maak en verstandig te beplan. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Voorkom uitbranding

Teks: “Jy en al hierdie mense by jou sal uitgeput raak…” (Eks 18:18)

  • Dikwels wil jy dinge alleen doen. Jy vertrou nie ander mense nie. Jy dink: Net ek kan hierdie saak reg hanteer.
  • Daar is baie ander Christusgelowiges wat jou kan help – moenie die las alleen dra nie.
  • Jy is nie die enigste persoon met gawes nie. Vra advies en gebruik ander se wysheid en insig.
  • Die Gees se teenwoordigheid in jou en ander gelowiges maak ‘n groot verskil.
  • Daarom sal die Here jou wys wat om te doen – selfs al maak dit nie onmiddellik sin nie.
  • Vertrou Hom! Leef in vrede en hoop! Wees gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ander mense die lewe vir my ligter maak. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.