11 September
Tema: Kry ‘n mentor vir jou lewe, of wees ‘n mentor
Teks: “Maar hy moet altyd die priester Eleasar raadpleeg …” (Num 27:21)
- Selfs die sterkste leiers het mentors nodig – niemand weet alles nie.
- Wysheid kom deur die raad van Godvresende mense te soek.
- Soos jy groei, word jy geroep om ander te mentor en te lei.
- Goddelike advies deur ‘n mentor help jou om suksesvol te leef.
Gebed
Liewe Vader, help my om ‘n mentor vir my lewe te aanvaar of om ‘n Gees-beheerde mentor vir iemand te wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


