21 September
Mag jy vandag die beloning ontvang omdat jy aan God se wil gehoorsaam is. Kry krag vir die dag uit God se Woord.
Tema: Beloning wag op gehoorsaamheid.
Teks: “Net Kaleb… en jou assistent Josua sal ingaan…” (Deut. 1:36-37)
- Kaleb en Josua het geglo dat God Sy beloftes kan en sal nakom.
- Hulle het geglo dat God die onmoontlike moontlik kan maak.
- Geloof dat God die onmoontlike moontlik maak, bring groot beloning op aarde – jy sien God in aksie op maniere wat jy andersins nooit sou sien nie.
- God beloon diegene wat Sy wil soek en doen.
- Kies vandag om die regte dinge te doen sodat jy God kan leer ken as die Een wat die onmoontlike moontlik maak.
Gebed
Vader, gee my moed om te glo dat U die onmoontlike moontlik maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


