19 September
My gebed is dat jy sal leer om die Here werklik te vertrou en nie jou eie planne te maak nie. Hier is God se Boodskap spesiaal vir vandag.
Tema: Vertrou die Here.
Teks: “Maar tog het julle nie julle vertroue in die Here julle God gestel nie” (Deut. 1:32a)
- Elke probleem en uitdaging is ’n geleentheid om te glo en te vertrou dat God jou sal help.
- Te dikwels maak jy jou eie planne. Die beter opsie is om op God se leiding en uitkoms te wag.
- Die lewe is vol probleme en uitdagings, tog is God groter as alles.
- Begin om in ware geloof te vertrou dat die Here jou elke keer sal lei en help.
Gebed
Vader, leer my om eerder vir U te wag as om my eie planne te maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


