9 September
Tema: Dink altyd aan ander mense
Teks: “Dan moet U, … iemand oor hierdie volk aanstel … sodat die volk van die Here nie soos skape sonder wagter sal wees nie” (Num 27:15-17)
- Ware leierskap dink aan ander se behoeftes, selfs bo jou eie teleurstelling.
- Liefde vir ander oorwin persoonlike pyn en frustrasie.
- Soek die beste vir mense, selfs wanneer jy nie meer vir hulle daar sal wees nie.
- Mense wat onselfsugtig en vir ander omgee, sal geluk ervaar.
Gebed
Liewe Vader, help my om spesifiek op dit wat van ander mense goed is, te fokus.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


