24 September
My wens en gebed is dat jy vandag sal weet dat die Here jou altyd sien en jou nooit alleen laat nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Die Here sien jou altyd raak
Teks: “… Hy het sy oog oor julle gehou in hierdie groot woestyn.” (Deut. 2:7)
- Selfs in die moeilikste woestyn-tye is jy nooit alleen nie.
- God hou altyd Sy oog op jou – in goeie en slegte tye sien Hy jou raak (Ps. 113:5).
- Hy sien jou ook in jou huidige situasie raak.
- Omdat Hy jou sien, sal Hy ook vir jou help.
Gebed
Vader, dankie dat U my altyd raaksien. Help my om te glo en te vertrou dat U vir my vandag sal sorg.
In die Naam van Jesus Christus die Here.Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


