12 September
Tema: Stap agter die Here aan
Teks: “Moses het gedoen wat die Here hom beveel het…” (Num 27:22)
- Sukses en ware geluk in die lewe hang af van gehoorsaamheid aan God se wil.
- Selfs wanneer God se opdragte moeilik is, bring gehoorsaamheid vrede, rustigheid en geluk.
- In alle areas van jou lewe – politiek, huwelik, werk, finansies, verhoudings – is gehoorsaamheid ‘n vereiste.
- God is goed, daarom is Sy diepste wens dat dit met jou ook goed gaan.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my lei, maar help my om U stem duidelik te hoor.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


