22 September
My wens en gebed is dat jy vandag moed sal hê om God se onmoontlike planne te volg. Vind geloof en hoop uit God se Woord vir vandag.
Tema: Waag!!!
Teks: “… moedig hom aan, want dit is hý wat Israel die land in besit sal laat neem…” (Deut. 1:38)
- God seën en beloon Josua se geloof – Hy word die nuwe leier wat die volk die land Kanaän sal inlei.
- Om die onmoontlike aan te pak verg moed en geloof in God wat die onmoontlike moontlik maak.
- Die beloning kom dalk nie dadelik nie, maar met tyd kom God se sukses – wees net geduldig. Jy sal bly wees dat jy Sy pad volg, selfs wanneer dit moeilik is.
- Leef met hoop, moed, geloof en verwagting!
Gebed
Vader, maak my gewillig, bekwaam en dapper genoeg om te glo dat U die onmoontlike moontlik maak.
In die Naam van Jesus Christus die Here
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


