Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 September 2026 – Soek wysheid soos ‘n skat

Dagstukkies April

2 September

As jy regtig na iets soek, gaan jy alles daaraan doen om dit te kry — mag jy vandag so na God se plan, wil en wysheid soek. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Soek wysheid soos ‘n skat

Teks: “My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie, hou jou ore oop vir die wysheid, span jou in om te verstaan.” (Spr. 2:1-2)

●     Ek dors na God, na die lewende God. (Ps. 42:3)

●     God se insig, plan en wil vir jou lewe val nie sommer so in jou skoot nie — jy moet dit soek, net soos jy na iets kosbaars sou soek.

●     Maak elke dag ‘n bietjie tyd oop om iets uit die Bybel te lees of te oordink, al is dit net een vers.

●     Vra God gerus direk vir leiding en rigting oor ‘n keuse wat jy nou moet maak — Hy gee dit vry, gratis en verniet.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U wysheid gee aan almal wat daarna soek — leer my om dit ernstig op te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

SAAMkoms. Een week. 650 dominees. Dankie Here, vir hierdie SAAM-wees!

Predikantesaamtrek Goudini - Vroueleraars Foto krediet: Kerkbode

Ek weet al vir baie lank dat daar iets besonder gebeur in saam-wees. Dink maar aan koffie kuiers om die kombuistafel wanneer jy na n lag ruk weer by familie of vriende gaan kuier. Daar vorm hegte bande sonder dat dit geforseerd is, sonder dat mens te veel moet doen.

Predikantesaamtrek Goudini 2026 Saam aanbid Foto krediet: Ds. Charné Viljoen
Predikantesaamtrek Goudini 2026 Saam aanbid Foto krediet: Ds. Charné Viljoen

Saam-wees

Saam-wees herinner ons aan ons menslikheid, aan ons behoefte om te “connect” – nie net met mekaar nie, maar ook met God.

Ek het die week n sessie bygewoon waar ons gepraat het oor egtheid en dat ons vir mense woorde moet gee, belewenisse kan skep onder die leiding van die Heilige Gees, waar ons eg kan wees, nie hoef voor te gee nie. Die voorbeeld van n skare by ‘n musiekgroep vertoning, waar almal woord-vir-woord saam sing sonder dat daar lirieke op n bord verskyn, is gebruik. Mense het in daardie oomblik n egte belewenis van saam wees. Sommige geleerdes gebruik die woorde: “crowd psychology” en sê dat dit maak dat mense n belewenis saam met ander ervaar.

Predikantesaamtrek 2026 Werksessies Foto krediet: Ds. Charné Viljoen
Predikantesaamtrek 2026 Werksessies Foto krediet: Ds. Charné Viljoen

Hoe dit ookal sy, ek is oorweldig deur die egtheid van hierdie saam-wees. Dit is ongelooflik om te hoor hoe 650 dominees saam “My God is so groot, so sterk en so magtig…” saam sing en die bewegings doen.
Dit is merkwaardig om te beleef dat daar plek vir elkeen is en ons kan mekaar liefhê. So, het ek die liefde van God die week beleef…

Predikantesaamtrek 2026 Goudini Saamwees NG Kerk Groot-Brakrivier Foto krediet: Ds. Charné Viljoen
Predikantesaamtrek 2026 Goudini Saamwees Foto krediet: Ds. Charné Viljoen

Ek is dankbaar om deel van die Kerk te wees. Ek is trots op die NG Kerk. God gee nuwe hoop!

“U laat ons profeteer oor elke dorp, in elke hart en huis.
Wys ons wat kan gebeur, deur U Gees.
Gee nuwe drome Heer!”

Ds. Charné Viljoen

Nog meer: Stemme, stories en beelde vanaf SAAMtrek by Goudini (24-28 Aug)

Sendingnuus: Madagaskar – The Week 23 August 2026

20260819 Man and his dog having a moment of contemplation NG Sendingnuus madagaskar Kerk Groot-Brakrivier

It is back to school for the teachers on Monday. The first couple of days will be taken up by cleaning and organising. As it is the dry season, the battle is now against the dust which forces itself into every nook and cranny.

I printed the first visuals of the Reading Rocket reading lessons and that in itself was an adventure. The colour printing of the A3 visuals was the easy part. The only place who did A3 lamination was just around the corner from the printing place, but in a dark and dirty alley. The inside was so small that the customers had to line up outside. I was offered a seat though, but had to draw my feet up every now and then when the space was needed to put something. The lamination machine, yes I have to call it a machine, because it looked ancient. It had dials and switches which the operator enjoyed turning and fiddling with like he was a DJ. I had no confidence in this archaelogical relic to do the job, but of course I was proven wrong. The lamination was perfect. So, I’ll be the first customer on Monday for the next round.

The theme for the teachers this year will be, ‘Building on a firm Foundation’. I feel like we should go back to basics and focus more on doctrinal truths. The endless ‘little encouraging messages’ which seem to be the usual theme, really don’t cut it. People need to be challenged and here the constant battle is the culture. Even as Christians, many people put the culture before the Bible. Please pray for us as we start the new school year. We are concerned about the spiritual life of some of our teachers and how that will affect their teaching and ultimately the spiritual growth of the children.

Dries and I were packed up at the boat, ready to head for home the week before when the tyre that Dries had had fixed the previous day, gave up the ghost with a swoosh. The ‘tyre specialist’ also managed to ruin the spare, which left us stuck at the boat. It was PM to the rescue when he brought us a spare wheel from a friend who has a Land Rover. As we sat all packed up and nowhere to go waiting for PM, Dries also had a look of …well, hopefully not ready to give up the ghost.

Man and his dog having a moment of contemplation…

We are very excited about our visitor from South Africa. Elizabeth will arrive on 8 September and spend two weeks with us to experience the ministry and life on the island. Please pray for her preparation and that it will be a time of blessing and refreshing for all of us.

May you have a blessed week.

Financial support:
If you want to become involved financially, feel free to contact me: lynettedej@gmail.com.

Nuusbrief vanaf Michele uit Suid-Oekraine: Gebedsbrief Augustus 2026

Oekraïne

Liewe vriende en familie 

23 September sal dit ’n jaar wees sonder Mari-Alena. 11 Oktober vyf jaar sonder Ockert, en amper vyf jaar van oorlog in Oekraïne. Ja, die tyd vlieg. Ek kan nie dink dat dit al amper ’n jaar sonder haar is nie. My twee beste maats in die Hemel.

Ek wil net al die eer gee aan my Here, my Vertrooster en my Vader. Hy wat stukkende harte heelmaak en genees.

Al wat ek vra, is om staande te bly deur Sy genade en om die wedloop getrou te voltooi. Party dae is dit moeilik en raak die verlange te veel. Sonder Hom is ek niks en kan ek nie leef nie.

“Ag dit louter vreugde, my broers, wanneer allerhande beproewings oor julle kom, omdat julle weet dat, wanneer julle geloof getoets word, dit volharding voortbring. En die volharding moet end-uit volhou sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom en nie tekortskiet nie.”
— Jakobus 1:2–4

My gedeeltelike knievervanging hier in Stellenbosch het goed gegaan, en die dokter en fisioterapeut is meer as tevrede met my vordering.
Prys die Here daarvoor!

Pappa Hannes, Ockert se pa, is op 17 Augustus na sy ewige woning.

Sy begrafnis was in Santa Rosa, Kalifornië, waar Rynie, Keith en my skoonma, Magda, woon. Hannes-Joshua, Benjamin en Cilliers kon by Oupa se begrafnis wees. Cor, Ockert se broer was ook by die begrafenis. Hy en sy vrou Francis woon nou in Pringlebaai. 

Bid asseblief vir mamma Magda, Rynie en Cor vir vertroosting, asook vir die kleinkinders. 

In Suid-Oekraine gaan dit goed met die gemeente. Dankie dat julle bid. Elkeen van die bedienings gaan voort.

Ons bid steeds vir voldoende fondse vir die Kleuterskool, Pro-Lewe sentrum, asook vir die bou van die Ark-kindersentrum en skuiling vir kinders in moeilike huislike omstandighede.

Verlede week was daar ‘n doop geleentheid in Suid-Oekraine en dit is so wonderlik om jongmense te sien wat hul lewens vir die Here gee. Bid asseblief vir hierdie nuwe bekeerlinge. 

Suid-Oekraine is Donderdagnag weer deur hommeltuie aangeval, en ’n boot in die hawe het groot skade opgedoen.

Ria, een van ons leiers en die direkteur van Pro-Lewe, se seun, is voor hul woonstelblok gevang en in ’n bussie ontvoer, sonder om sy ouers te groet, en gestuur om in die oorlog te gaan veg. Die kanse op oorlewing is baie klein. Net die Here kan ’n mens daar beskerm.

Bid asseblief vir hom en vir die baie ander jongmanne van ons gemeente en van Suid-Oekraine . Omtrent elke week is daar een of twee begrafnisse in Suid-Oekraine van soldate wat in die oorlog gesneuwel het.

Dan het ons ’n dringende gebedsversoek.

Bid asseblief.

Môre (Maandag) moet ons die laaste van drie betalings doen vir die koop van Ons gebou se aandele. Lya en Ghisha se dogter studeer medies in Europa, en hulle moet vir haar studies betaal. Ons het reeds twee dele afbetaal en moet teen môre die laaste deel betaal vir hulle aandele.

Ons het vandag, sover, net 8% van die bedrag wat ons nodig het. Ons vertrou die Here vir ’n wonderwerk.

Wat ’n vreugde sal dit wees wanneer ons 100% van die aandele van die kerkgebou in die kerk se besit kan hê.

Bid asseblief ook steeds vir die ander twee, wat 23 jaar gelede weg is met 30% van Ockert se aandele.

Die Here is altyd goed en getrou. Alles is in Sy hande.

Baie liefde en seën

Michele 

Donasies:

https://www.zeffy.com/en-GB/donation-form/donate-to-lovereni

🌿Projekte rekening:

Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067 
in die naam Nuwe Dag

🌿My persoonlike besonderhede:

Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010
 SWIFT/BIC code (CABLZAJJ)
 International Sort/Routing/Clearing Code: 470010
Account number/IBAN: 1554335599

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 September 2026 – Luister na gesagsfigure

Dagstukkies April

1 September

Hierdie nuwe maand begin met ‘n goeie les: wysheid begin daar waar jy na die mense luister wat jou liefhet. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Luister na gesagsfigure

Teks: “My seun, jy moet luister na die onderrig wat jou vader jou gee; moenie wat jou moeder jou leer, verontagsaam nie: dit sal jou lewe versier soos ‘n krans op jou kop en ‘n kettinkie om jou hals.” (Spr. 1:8-9)

●     Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God. (Ps. 42:2)

●     Gesagsfigure het al baie meer geleer as jy — hulle raad is nie daar om jou uit te vang of te straf nie, maar om jou te help.

●     Dit voel dalk soms of hulle jou lewe moeiliker maak, maar hulle wysheid is eintlik ‘n versiering, nie ‘n las nie.

●     Mense word deesdae baie oud – vra daarom vandag vir iemand wat ouer as jy is en wat jy vertrou, wat hulle geleer het toe hulle jou ouderdom was.

●     Gryp daardie insig, kennis en wysheid aan en leef voluit.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die mense wat my met wysheid rigting gee — help my om regtig na hulle te luister.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 31 Augustus 2026 – God is naby as jy seerkry

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

31 Augustus

Liewe Vriend

Aan die einde van hierdie maand wil God jou verseker: Hy is die naaste aan jou wanneer jy die seerste kry.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God is naby as jy seerkry

Teks:  “Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref, die Here red hom uit almal.”  (Ps. 34:19-20)

  • Die Here maak dié gesond wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.  (Ps. 147:3)
  • Die Here is naby dié wat seergekry het — jou trane stoot Hom nie weg nie, dit trek Hom nader.
  • Al tref hoeveel slegte dinge jou, die Here red jou uit almal — Hy maak geen uitsondering nie.
  • Wees ook self naby aan iemand wat seergekry het — soms is jou teenwoordigheid God se troos vir hulle.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U naby my is as ek seerkry en dat U my uit alles red — ek stap die nuwe maand saam met U in.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 30 Augustus 2026 – God red jou uit moeilikheid

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

30 Augustus

Liewe Vriend

Watter swaarkry ook al vandag oor jou pad kom — dit het nie die laaste sê nie.  Hier is God se spesiale Woord net vir jou.

Tema:  God red jou uit moeilikheid

Teks:  “As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede.”  (Ps. 34:18)

  • Roep na die Here as jy swaarkry — Hy antwoord jou en Hy is by jou in moeilike tye.  (Ps. 91:15)
  • As God se mense om hulp roep, hoor Hy — jou roep bereik die hemel dadelik.
  • Redding kom soms anders as wat jy verwag, maar dit kom altyd op God se perfekte tyd.
  • Hou aan roep en hou aan vertrou — moedeloosheid is nooit jou eindbestemming nie.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my hoor en red elke keer as ek na U roep.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: “Aanhouer wen…”

“As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef; as ons aanhou volhard, sal ons ook saam met Hom regeer;….”

(2 Tim. 2: 11-1220)

Wedloop van die lewe

Die lewe is een groot wedloop. Elkeen wat aan hierdie lewe vashou, wil die beste wees. Die beste presteer. Die mooiste, of die grootste, of die sterkste, of die bekendste wees. In hierdie lewe is daar egter slegs een kans op wen. As jy nie eerste by daardie wenstreep verby gegaan het nie, is jou kans op oorwinning so dikwels verby. Dis net die persoon wat aanhou, wat die fisiese eindstreep in hierdie lewe bereik.

Ons is so besig om deur die lewe te hardloop, om daardie oorwinning te behaal, dat ons die eintlike en belangrikste wedloop en doel van die lewe mis! Die wedloop om in geloof in Jesus Christus te volhard. Die wedloop om as kind van God gekenmerk te word. Die wedloop, deur goeie en slegte tye aan te hou hardloop. Hier was Job so ‘n goeie voorbeeld. Hy wat getrou gebly het in sy geloof aan God, die Vader.

Teksverse:

“Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en ook tot op die dag van die ewigheid. Amen”(2 Pet. 3: 1820);

“Elkeen wat uit God gebore is, doen nie meer sonde nie, omdat God se saad in hom bly en hy kan nie meer aanhou sonde doen nie, omdat hy uit God gebore is.” (1 Joh. 3: 920):

“Daar is immers niemand soos hy op aarde nie. Hy is onberispelik in sy optrede en opreg, ‘n man wat vir God ontsag het en die kwaad vermy. Hy volhard steeds in sy onberispelike optrede,…” (Job 2: 320);

“Kyk, ons beskou hulle wat volhard as gelukkig. Julle het gehoor van Job se volharding, en julle het die Here se einddoel met hom gesien, en dat die Here vol medelye en ontferming is.” (Jak. 5: 1120);

“Hierdie slegte volk, wat weier om na my woorde te luister, wat volhard in die verstoktheid van hulle harte, en agter ander gode aanloop om hulle te dien…” (Jer. 13: 1020)

Entoesiasme

Entoesiasme, daardie sterk gevoel van lewendige belangstelling en opwinding oor iets. Dis daardie vermoë van iemand om ander opgewonde te maak oor ‘n onderwerp. Dis aansteeklik. Wanneer iemand besiel is vir ‘n saak, versprei dit dikwels soos ‘n veldbrand. Dit is wat God van ons vra!

Ons moet entoesiasties wees oor ons geloof in die evangelie van Jesus Christus. Entoesiasme gaan dikwels gepaard met blydskap. Dis iets wat pragtig uitkom in die brief aan die Filipense en ook Kolossense. Die wonderlike blydskap wat Paulus, te midde van ongerief en swaarkry, steeds bly handhaaf het. Die blydskap oor wat God vir ons gedoen het, deur die Verlossing wat Jesus Christus vir ons deurgaan het. Ook die nabyheid van die Heilige Gees, wat dit vir ons moontlik maak om teenslae te oorwin, is ‘n bron van vreugde en blydskap.

Teksverse:

“Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede te stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God, en deur die mag van sy heerlikheid al die krag ontvang om geduldig in alles te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank.” (Kol. 1: 9-1120)

Volhard tot die einde toe

Daar word nie ‘n pad van net maanskyn en rose belowe nie. Jesus self het die dissipels gemaan dat hulle deur mense gehaat gaan word terwille van se Naam. In dieselfde teks moedig Hy hulle aan om te volhard tot die einde, want dan alleen kan die verlossing in vervulling gaan.

Hoe kry ons dit reg? Net soos die eerste gemeentes dit gedoen het. Hulle het bly volhard in die leer van die evangelie, deur samekomste en gebed. Hulle het mekaar ondersteun en gehelp waar nodig.

Ons het ook die belofte dat God ons sal bewaar in beproewing wat hierdie wêreld mag tref. Ons word telkens daarop attent gemaak dat die God van Vrede met ons sal wees, wanneer ons aanhou om goed te doen, en te lewe soos wat God van ons vra.

Willie Jonker stel dit pragtig: ‘Volharding is ‘n gawe van die Heilige Gees. Dit is die hoop op die dinge wat kom, wat die gelowige die krag gee om uit te hou totdat die wedloop voltooi is.”.

Teksverse:

“En julle sal deur almal gehaat word, ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot aan die einde, dié sal verlos word.” (Matt. 10: 2220);

“Julle sal ook deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Daar sal beslis geen haar van julle koppe val nie. Red julle lewens deur te volhard.” (Luk. 21: 17-1920);

“Hulle het bly volhard in die leer van die apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede.” (Hand. 2: 4220);

“Omdat jy aan my opdrag gehoorsaam was om te volhard, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele bewoonde wêreld gaan aanbreek,…” (Open. 3: 1020);

“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat lof verdien, ja, watter deug of watter prysenswaardige saak daar ook mag wees: rig julle gedagtes daarop. Wat julle van my geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het: hou aan om dit te doen. En die God van vrede sal met julle wees.” (Fil. 4: 8-920)

GEBEDSGIDS  –  SEPTEMBER 2026  

Gebed Gesin bid aan tafel

“Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan [..] miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra.”  

(Lukas 13:8b en 9a) 

Dinsdag, 1 September – Lente 

Vandag is die eerste dag van die Lente en sien ons oral die blomme ontwaak en sade  ontkiem. Ons dank die Here vir die seisoene en dat ons nou die Lente en al sy prag  kan ervaar.  

Woensdag, 2 September – Dankbaarheid

Dank die Vader vir so baie seëninge: dat ons U kan ken, vir huisvesting;  kos en klere; gesondheid en vriende.

Donderdag, 3 September – Vrug van die Gees

Bid dat ons as gemeente die Vrug van die Gees al hoe meer sigbaar sal uitleef dat ander mense dit sal raaksien en daardeur na Jesus getrek word. Ons bid ook dat elke lidmaat bewustelik met die Vrug van die Gees lewe.

Vrydag, 4 September – Bybelstudie

“Dankie Here vir elke Bybelstudie-groepie in ons gemeente.  Op so ‘n manier kan ons ons nog meer intiem met U vergader.”

Saterdag, 5 September – Getuienisgeleenthede

Kom ons word bewus van ander se nood om Jesus te ken en help ons met geldelike bydrae sowel as praktiese uitreike om U Woord te versprei.

Sondag, 6 September – Sinodale offer vir Dowes

Here, ons bid vandag dat mense bewus sal wees van mense wat gehoor probleme het en dalk heeltemal doof grootword. Skep ook ‘n bewustheid in ons harte om dit met empatie te hanteer. 

Maandag, 7 September – Ons Leiers

Ons verloor daagliks meer en meer vertroue in ons leiers.  Bid asseblief ernstig dat die Here ook onder ons leiers Sy kinders sal laat leiding neem. 

Dinsdag, 8 September – Werklose Persone

Tydens en na die Covid-tydperk het duisende mense hulle werk verloor.  Die getal werkloses is skrikwekkend.  Bid vir elkeen wat tot diefstal gedryf word by gebrek aan inkomste en lei hulle om ook ernstig ‘n werk te soek.

Woensdag, 9 September – EVKOM

Elektrisiteitsvoorsiening in ons land is die laaste tyd goed, maar daar is nog baie insidente in ons land waar hulle dae sonder krag is. Ons bid vir ons leiers dat hulle die nodige optrede handhaaf om ons te voorsien van krag.  

Donderdag, 10 September – Wêreldvrede

Ons moet gereeld bid vir vrede in hierdie wêreld, en ook vir die vrede en die inwoning van Jesus in elkeen van ons. “Vrede laat Ek vir julle na; My vrede gee Ek vir julle.”  (Joh. 14:27).

Vrydag, 11 September – Kerkraad

Dank die Vader vir ons kerkraadslede en hulle bereidheid om te dien.  Bid vir wysheid om die wil van die Vader in ons gemeente uit te voer.

Saterdag, 12 September  –  Sendelinge

Dank die Here vir elkeen wat bereid is om in vreemde lande die Woord te gaan verkondig.  Bid vir ons sendelinge wat uitgaan in ‘n wrede wêreld waar Christenskap nie beoefen mag word nie.  

Sondag, 13 September – Sinodale offer vir Melaatse Persone

Alhoewel Melaatsheid baie seldsaam is, bestaan dit nog (Hansan se siekte) en bid ons vir hierdie siekte en die genesing daarvan met medikasie wat ontwikkel is om dit te genees.  

Maandag, 14 September  –  Middel afhanklikheid

Vra vandag dat mense bewus sal wees vir mense wat aan allerhande middels verslaaf is en vra die vraag – hoe kan ons help? Baie keer is daardie persoon baie eensaam en ken nie vir God nie en leef ‘n eensame lewe sonder God.  

Dinsdag, 15 September – Gebed

“…. en vergeef ons ons oortredinge soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree.” (Mat. 6:12).  Gee vir ons asseblief genade dat ons werklik sal vergewe en vergeet, sonder om weer die ou koeie uit te grawe.   

Woensdag, 16 September – Ons Gemeente

Kom ons bid vir ons gemeente in al sy fasette: finansies, uitdra van die Evangelie, gebed, sorg vir behoeftiges, oues van dae en eensames, uitreike en kosvoorsiening. Dank die Here vir elkeen wat U saak in ons gemeente bevorder.

Donderdag, 17 September – Munisipaliteite en ander bestuur

Ons sien die verval in baie van ons eens pragtige dorpies en omgewing raak.  Bid vir ‘n gesindheidsverandering in terme van bewaring en waardering van al ons dorpies se munisipaliteite.

Vrydag, 18 September – Polisie

Dank die Here vir elke polisieman en ander sekuriteitsbeamptes. Dis ‘n moeilike werk want jou “kliënte” is gewoonlik wetsoortreders.  Bid vir geloof, geduld en verantwoordelikheid vir elkeen wat help om orde te handhaaf.

Saterdag, 19 September  –  Die Aarde

Here, ons bid vandag vir ons pragtige aarde, asook aardverwarming en druk dit op elkeen van ons se harte dat ons by die skepping die opdrag gekry het om U aarde op te pas.  

Sondag, 20 September – Groenewaldfonds

Jesus, Ons dank U vir mense wat fondse bemaak en beurse stig vir ons gemeente se kinders wat wil verder leer, maar dalk nie die nodige fondse het nie. Ons bid ook dat dit by die regte kind sal uitkom om te help.  

Maandag, 21 September – Ekonomie

Die ekonomie in ons land is besig om so te verswak dat al hoe meer mense nie in hul basiese behoeftes kan voorsien nie. Gevolglik wend baie hulle tot onwettige praktyke. Kom ons dra almal en alles aan die Here op.

Dinsdag, 22 September – Skoliere

Die skole sluit more en vra ons dat U elke dag vir hulle bid waar hul ‘n bietjie rus, asook matrikulante wat nou regmaak vir hul laaste fase.  

Woensdag, 23 September – Versorgingsoorde

Bid vandag vir alle versorgingsoorde:  weeshuise, huise vir gestremdes, vir bejaardes, asook vir privaat persone wat individue versorg. Ons bid vir geduld, insig, deernis en vriendelikheid van die personeel.

Donderdag, 24 September – Erfenisdag

Vandag dink ons aan ons erfenis en vier ons dit ook om te braai. Gee dat ons ook vandag U naam sal hoog hou waar ons U wil bedank vir ons ryklike kultuur en erfenis.

Vrydag, 25 September – Gevreesde siektes

Vader, ons bid vandag vir genesing van mense met allerhande gevreesde siektes en bid ons ook dat die ander, gesonde mense sal probeer verstaan hoekom die siek persoon optree soos hy doen.  

Saterdag, 26 September – Sport

Ons dank U Here vir sport en dat dit ook baie goeie ontlading van energie is. Ons bid ook dat deelnemers die Here se Naam sal eerbiedig en hoog hou.  

Sondag, 27 September – Bediening aan Jode

Jesus was ‘n Jood, maar sy bediening het gekom waar Hy sê dat ons in die hemel kom deur in Hom te glo. Ons bid vandag vir die Jode en die bediening aan hulle sodat hulle ook sal insien dat Jesus alreeds gekom het en gesterf het vir ons siektes.  

Maandag, 28 September – Kategeseleiers

Dank die Here vir elke leier wat bereid is om ons kinders in die Kategeseklasse te onderrig.  Bid dat hul voorbeelde ook ons kinders nader aan die Here sal trek. Dinsdag, 29 September – God se liefde

“Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.” (Rom. 13:10).  Bid dat ons elkeen met ons hele hart sal glo en sal strewe om ons naasteliefde uit te leef.

Woensdag, 30 September – Getuienisbediening

Kom ons sê dankie vir elke lid wat bereid is om op die Getuienis-kommissie te dien. Hulle help dat die fondse reg aangewend en versprei word sodat U Woord daarbuite uitgedra word.

Nuusflitse Week 36+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 Augustus 2026 : Erediens om 10:00 Kleuterkerk en Kategese 10:00.
Sondag 30 Augustus 2026 : Leefkerk 17:00
Woensdag 2 September 2026 – Geen Kooroefening nie.
Woensdag 2 September 2026 18:00 Blokbyeenkoms: Blok 17, 18, 19 & 20 (Pienaarstrand, Dwarswegstrand, Outeniquastrand & Glentana tot George)
Woensdag 2 September 2026 18:00 Blokbyeenkoms: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte) in die kerksaal
Sondag 6 September : Erediens om 9:00 –Kleuterkerk in Lokaal 6 en Kategese
Sondag 6 September 2026 : Leefkerk 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen


Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 30 Augustus 2026 – 6 September 2026

Afkondigings 30 Augustus 2026 – 6 September 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 30 Augustus 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Psalm 77.
  • Die tema van die prediking is:Kiekies kyk.
  • Biddag vir Dowes.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Bediening aan Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die sysaal – Ds Leon Cronje.
Eredienstye vir 2026 SEPT - MEI NG Kerk Groot-Brakrivier
Eredienstye vir 2026 SEPT – MEI NG Kerk Groot-Brakrivier

Woensdag 2 September 2026 :

  • Klub 50: Braai onder die groot boom (slegs vir persone wat RSVP het).
  • Daar is GEEN Kooroefening die week nie.
  • 18:00 Blokbyeenkoms:
  • Blok 17, 18, 19 & 20 (Pienaarstrand, Dwarswegstrand, Outeniquastrand & Glentana tot George) by Jan & Ina Meyer, Ganslaan 9, Outeniquastrand. Gelei deur ds Charné Viljoen – 083 294 6640.
  • Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte) in die kerksaal – gelei deur ds Leon Cronje – 071 686 9424.
Verjaarsdae Week 36 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 36 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 6 September 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Nasionale biddag vir Dowes.
  • Kleuterkerk in Lokaal 6.
  • Kategese.
  • Sinodale Offer vir Instituut vir Dowes by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.

Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 5 September 2026 

Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike  boerebasaar op die kerkgronde.

Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels.

Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir September 2026 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Bedieninge

Omgeebediening

Omgeebedieing dankie NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebedieing dankie NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening

Geteuienisbediening behoeftes September 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Geteuienisbediening behoeftes September 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans Kinderkrans Dankie vir die Speaker NG Kerk Groot-Brakrivier
Wolwedans Kinderkrans Dankie vir die Speaker NG Kerk Groot-Brakrivier

Re#imagine – Matriekfees

Reimagine Matriekfees Heroldsbaai NG Kerk Groot-Brakrivier
Reimagine Matriekfees Heroldsbaai NG Kerk Groot-Brakrivier

“Aan U sal ek dankoffers bring en die Naam van die Here aanroep” (Ps. 116:17 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne en Kirgisië

Vanjaar is uitsendings by sommige van FEBA se radiostasies in Oekraïne opgeskort weens gewapende konflik. In Kirgisië moes twee stasies tydelik sluit as gevolg van ernstige weerskade. Die stasies in Kirgisië bedien gemeenskappe wat andersins min of geen toegang tot die evangelie het, terwyl FEBA Oekraïne hoop uitsaai aan luisteraars wat tot breekpunt gedryf word deur die oorlog.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se stasies in Oekraïne en Kirgisië binnekort weer sal kan begin uitsaai.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 30 Augustus 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
  • Bybelstudiereekse:
    • ‘Splitsekondes met God’ is ‘n stil oomblik saam met God, vir elke dag.
  • Die weeklikse Stof tot Nadenke se tema is “Aanhouer wen…”
  • Gemeentenuus
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed,is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Augustus 2026 – God luister na jou

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

29 Augustus

Liewe Vriend

Daar is Iemand wat nooit te besig is om na jou te luister nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.

Tema:  God luister na jou

Teks:  “Die Here sorg vir die regverdiges en luister na hulle hulpgeroep.”  (Ps. 34:16)

  • Jy kan die Here liefhê, want Hy hoor jou gebede en luister elke keer as jy roep.  (Ps. 116:1)
  • Die Here sorg vir Sy mense — Sy oog is op jou, dus kyk Hy altyd na jou – Hy  versorg jou.
  • Sy oor is na jou toe gedraai – dus hoor Hy alles wat jy vra en sê.
  • Jy hoef nie groot woorde te gebruik nie – God hoor jou selfs as jy net stil sug.
  • Luister vandag ook self: gee iemand anders die geskenk van jou volle aandag.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U altyd na my luister — dit maak my hart rustig en dankbaar.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Augustus 2026 – Kies vrede

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

28 Augustus

Liewe Vriend

Vrede kom nie vanself nie — jy moet dit soek, kies en najaag.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Kies vrede

Teks:  “Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!”  (Ps. 34:15)

  • As jou lewe die Here bly maak, laat Hy selfs jou vyande vrede maak met jou.  (Spr. 16:7)
  • Bly weg van die kwaad af — soms is die grootste oorwinning om net weg te stap.
  • Doen wat goed is, aktief en doelbewus — goed wees is iets wat jy doen, nie net voel nie.
  • Wees vandag ’n vredemaker by die huis, by die skool of by die werk.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U ’n God van vrede is — help my om vandag vrede te kies.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Augustus 2026 – Pasop wat jy sê

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

27 Augustus

Liewe Vriend

Jou woorde kan vandag óf lewe gee óf seermaak — kies hulle versigtig.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Pasop wat jy sê

Teks:  “As iemand die lewe liefhet en ’n lang lewe begeer om die goeie te geniet, moet hy sy tong weerhou van kwaadpraat en sy lippe van leuens…”  (Ps. 34:13-14)

  • Wie sy woorde beheer, beskerm sy lewe — die Here gee jou wysheid om reg te praat.  (Spr. 13:3)
  • Moenie sleg praat van ander nie — dit is een van die duidelikste tekens van ’n lewe naby aan God.
  • Leuens breek altyd meer as wat hulle regmaak; kies die waarheid, ook as dit moeilik is.
  • Gebruik jou woorde vandag om op te bou — een woord van bemoediging kan iemand se hele dag verander.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie vir die gawe van woorde — help my om hulle vandag reg te gebruik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

‘n Aand van Lag, Trane en Mooi Herinneringe saam met Frank Opperman

Frank Opperman - Reunie 2026-08-221 NG Kerk Groot-Brakrivier - NG Kerk Groot-Brakrivier

Laas Saterdag het ons gemeente die voorreg gehad om Frank Opperman se meesterlike eenmansvertoning, Reunie, in ons kerksaal te beleef. Dit was ’n onvergeetlike aand waar die gehoor meegesleur is deur ’n reeks nostalgiese, humoristiese en diepsinnige oomblikke.

Frank het weer eens bewys hoekom hy as een van Suid-Afrika se mees geliefde toneelspelers beskou word. Met sy uitsonderlike talent het hy die verskillende karakters so lewendig en eg vertolk dat mens skoon vergeet het daar is net één man op die verhoog. Reunie het die perfekte balans tussen die lag en die traan getref — van skouerskuddende humor oor ou skoolherinneringe tot stil, broos oomblikke van oordenking wat elkeen van ons se hartsnare geraak het.

’n Woord van Opregte Dank

’n Suksesvolle vertoning soos hierdie gebeur nie sommer vanself nie, en ons wil graag ons opregte waardeering uitspreek teenoor almal wat agter die skerms gewerk het:

  • Frank Opperman & assistent: Baie dankie dat jy jou uitsonderlike talent met ons gemeente kom deel het en vir ons ’n aand van topklas-vermaak besorg het.
  • Bles de Wet (Klank en Beligting): Baie dankie vir jou professionele toewyding. ’n Spesiale dankie vir die vinnige optrede om ekstra beligting op te spoor en op te stel, asook die sorg waarmee jy die klank en alle tegniese reëlings vlot laat verloop het.
  • Johan Smit: ’n Baie spesiale woord van dank aan Johan wat hierdie wonderlike fondsinsamelingsgeleentheid ge-inisiëer en gereël het. Dankie vir al jou harde werk met die logistiek rondom Frank se besoek en die hantering van die kaartjieverkope.

Dankie ook aan elkeen in die gemeente en gemeenskap wat die geleentheid ondersteun het. Dit was ’n riem onder die hart om almal so saam te sien geniet!

Tunakuabudu – Wastahili ewe Bwana Kupokea utukufu

Utukufu Juu Kwa Munga Tunakuabudu Wastahili Ewe Bwana Swahili Worship - Lifting Voices NG Kerk Groot-Brakrivier

Soms het ‘n mens nie baie woorde nodig om die Here se teenwoordigheid diep te beleef nie. Die pragtige Swahili-aanbiddingslied “Tunakuabudu – Wastahili ewe Bwana” herinner ons aan die eenvoud en krag van opregte lofprysing. Dit is ‘n uitnodiging om stil te raak, ons oë op die Here te vestig en Hom te aanbid vir wie Hy is—die Een wat alleen waardig is om al die eer en heerlikheid te ontvang.

Lirieke Afrikaans

Swahili Lirieke (Afrikaans):

Ons aanbid U, Here
Ons aanbid U.
Ons aanbid U, Jehovah
Ons aanbid U.

Terwyl ons sê
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
Om al die heerlikheid te ontvang.

Ons verhoog U, Here
Ons verhoog U.

Ons seën U, Here
Ons seën U.

Terwyl ons sê
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
U is waardig, o Here
Om al die heerlikheid te ontvang.

Lyrics English

We worship you, Lord
We worship you.
We worship you, Jehovah
We worship you.
Saying

You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
To receive Glory.

We exalt you, Lord
We exalt you

We bless you, Lord
We bless you

You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
You are worthy, oh Lord
To receive Glory.

Lyrics Swahili

Tunakuabudu Bwana
Tunakuabudu.
Tunakuabudu Jehovah
Tunakuabudu.
Tukisema

Wastahili ewe Bwana
Wastahili ewe Bwaa
Wastahili ewe Bwana
Kupokea Utukufu.

Tunakuinua Bwana
Tunauinuia

Tunakubariki Bwana
Tunakukubariki

Tunakuheshimu Bwana
Tunakuheshimu

Wastahili ewe Bwana
Wastahili ewe Bwana
Wastahili ewe Bwana
Kupokea Utukufu.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Augustus 2026 – Ervaar self Sy goedheid

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

26 Augustus

Liewe Vriend

Om van God te hoor is goed, maar om Hom self te ervaar verander jou lewe.  Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.

Tema:  Ervaar self Sy goedheid

Teks:  “Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.”  (Ps. 34:8-9)

  • Die Here gee water vir die dors en vul die honger hart met goeie dinge — Hy maak elkeen vol wat na Hom toe kom.  (Ps. 107:9)
  • “Kom ondervind en sien self” — God nooi jou om Sy goedheid nie net te hoor nie, maar self te ervaar.
  • Tweedehandse geloof is nie genoeg nie; bou jou eie, daaglikse verhouding met Hom.
  • Waag dit vandag om God by iets spesifieks te betrek — en sien self dat Hy goed is.
  • Die Here God is Iemand wat in jou alledaagse lewe betrokke is. Daarom dat dit ook met jou goed kan gaan.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat ek self kan ervaar hoe goed U is — U goedheid is elke dag nuut.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Augustus 2026 – Veilig by God

Dagstukkies April

Augustus — Psalms

25 Augustus

Liewe Vriend

Rondom jou is daar vandag ’n beskerming wat jy nie kan sien nie, maar wat nooit slaap nie.  Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Veilig by God

Teks:  “Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil.”  (Ps. 34:8-9)

  • Soos die berge rondom Jerusalem staan, so staan die Here rondom jou — nou en vir altyd.  (Ps. 125:2)
  • Die Here beskerm die mense wat Hom dien; jy is veilig in Sy sorg
  • Veiligheid is nie dat daar geen gevaar is nie — dit is dat God by jou is.
  • Begin jou dag met selfvertroue – die Here beskerm jou alreeds.

Gebed: 

Liewe Vader, dankie dat U my aan alle kante beskerm — by U is ek veilig.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.