Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Oktober 2026 – God is jou rots

24 Oktober

Liewe vriend,

Wanneer die vloer onder jou voete beweeg, kan jy op ’n Rots staan wat nooit skuif nie. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: God is jou rots

Teks: “Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.” (Ps. 62:3)

  • God se Woord is skoon en suiwer — jy kan elke woord daarvan vertrou. (Ps. 119:140)
  • ’n Rots skuif nie as die wind waai nie — so ook nie God se liefde vir jou nie.
  • Mense en omstandighede verander, maar God bly dieselfde.
  • Begin vandag jou dag by God, voor jy na jou foon gryp.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my rots is — help my om vas te staan in U.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.