Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Oktober 2026 – God is by jou

22 Oktober

Liewe vriend,

Die grootste krag in die heelal is nie ver weg nie — Hy is vandag by jou. Hier is God se Woord, net vir jou, vir vandag.

Tema: God is by jou

Teks: “Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ’n beskutting.” (Ps. 46:8)

  • God kyk met genade na jou, soos Hy altyd doen vir dié wat sy Naam liefhet. (Ps. 119:132)
  • Die Almagtige is nie net ’n God van lank gelede nie — Hy is vandag by jou.
  • Waar jy ook al gaan — klas, sportveld of huis —God gaan saam.
  • Dink vandag elke keer as jy ’n nuwe plek instap: “God is hier by my.”

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U, die Almagtige, by my is — ek is veilig by U.

In die Naam van Jesus Christus, die Here.

Amen.
Vorige dagstukkies 2026
Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.