Dit is Herdersondag. Ds. Leon Cronje lei ons deur die beeld van Christus Die Goeie Herder.
Erediens
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Johannes 10: 1-10
Tema: Geroep tot Menswees!
Datum: 26 April 2026
Dit is Herdersondag. Ds. Leon Cronje lei ons deur die beeld van Christus Die Goeie Herder.
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Johannes 10: 1-10
Tema: Geroep tot Menswees!
Datum: 26 April 2026
“…as onbekendes, en tog goed bekend, as sterwendes – maar kyk, ons leef; as gekastydes, wat tog nie doodgemaak word nie; as bedroefdes, maar altyd blymoedig, as armes, maar wat baie ander mense ryk maak, as mense wat niks het nie, en tog alles besit.”
(2 Kor. 6: 920)
Blymoedigheid
Wanneer ons in die woordeboek kyk na die definisie vir Blymoedigheid lei dit na die beskrywing dat dit “‘n toestand van innerlike vreugde is”. Daarteenoor is Blydskap ‘n diepgaande emosie of gevoel van intense geluk, vreugde en tevredenheid. Blymoedig daarmee saam beteken om opgewek, vrolik, vriendelik en vol lus vir die lewe te wees, dikwels ten spyte van terugslae of moelike omstandighede.
Dit verklaar die motto van vrolike mense ‘Lag en die wêreld lag saam, huil en jy huil alleen.’ baie goed.
Dit dui op ‘n vreugdevolle lewensstyl. In sonskyn dae, maar ook in die donker seerkry dae. Ons almal verkies mense wat in intense innerlike vreugde het. Dit is soveel makliker vir ons wanneer ons na vrolike mense luister, as om die swaar van ‘n ander aan te hoor.
Dit is egter nie die mees korrekte ding om te doen nie. Ons moet ook na ander se swaarkry en seer kan luister. Ons moet hulle kan bemoedig en ondersteuning gee in moeilike omstandighede. Ons moet leer om sonder kla en teenpraat, kan skyn vir Christus as kinders van God.
Teksverse:
“…boonop, dit geld vir elke mens aan wie God rykdom en besittings gee om daarvan te geniet, om dit as beloning te ontvang en vrolik te wees by sy inspanning. Dit is ‘n gawe van God. Want hy dink nie baie aan sy lewensdae nie: God laat hom besig bly met wat sy hart verbly.” (Pred. 5: 18-1920);
“Al die lewensdae van ‘n magtelose is sleg, maar vrolikheid van hart is ‘n voortdurende fees.” (Spr. 15: 1520);
“Helder oë verheug die hart, ‘n goeie berig verfris die liggaam.” (Spr. 15: 3020);
“Doen alles sonder kla en teenpraat, sodat julle sonder blaam kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van ‘n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal.” (Fil. 2: 14-1520)
Hoe kry ons dit reg?
Kan ons self hierdie vreugde in ons harte dra? Nee stellig nie. Dit is ‘n genaddegawe van God. Sonder die vrede van die Verlossing van Christus, val ons so dikwels terug in die moedeloosheid wat hierdie lewe in ons wek. Wanneer ons egter ons afhanklikheid van God, die Vader, die Verlosser Seun en die leiding van die Heilige Gees besef, doen ons dinge nie meer vir ons eie plesier nie. Dit is wanneer ons die lewe in die oë kan kyk.
Dit is dan wanneer ons soos die Psalmdigter kan sê “Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde.”. Ons sal dan ook soos Paulus kan besef dat die lewe vir ons Christus is, en die sterwe wins.
Wanneer ons besef ons hoef nie meer mense te beïndruk nie. Dat alles wat ons doen: is vir God, want by God is daar ‘n toevlugsoord en veiligheid; en daarmee saam oorvloedige vreugde.
Teksverse:
“Slawe, wees met vrees en bewing aan julle aardse eienaars gehoorsaam, met opregte harte, soos aan Christus – nie met lippediens om mense se guns te wen nie, maar as slawe van Christus wat die wil van God van harte doen, terwyl julle met blymoedigheid julle diens verrig, soos vir die Here, en nie vir mense nie.” (Ef. 6: 5-720);
“U wys my die pad van die lewe: oorvloedige vreugde in u teenwoordigheid, lieflikhede in u regterhand, vir altyd.” (Ps. 16: 1120);
“”Bedaar en erken dat Ek God is, Ek is verhewe bo die nasies, Ek is verhewe bo die aarde.” Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, ‘n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons.” (Ps. 46: 11-1220);
“Here, onderrig my in die pad van u voorskrifte, sodat ek enduit daarby kan hou. Gee my insig, sodat ek by u wet kan hou, dit met my hele hart kan nakom. Begelei my op die pad van u bevele, want daarin vind ek vreugde.” (Ps. 119: 33-3520)
Die Liefde wat God ons gee
Wanneer ons onsself verloor en alles doen vir die Here, dis dan wat ons hierdie liefde van God ontvang. Die liefde wat alles bedek, alles glo en alles hoop, en alles verduur.
Die liefde faal nooit wanneer dit ons uitgangspunt van die lewe en vir ander mense is. Dit is die Agapé liefde wat ons alleen kan hê, wanneer ons dit onder leiding van die Heilige Gees kry.
Soos Paulus dit ook so mooi stel in Kolossense: Die liefde is die band wat alles volmaak saambind. Dit gee ons ook ‘n vrede in ons harte wat dit maklik maak om blymoedig te wees!
Teksverse:
“…is nie bly oor onreg nie, maar is saam bly oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. Liefde faal nooit nie.” (1 Kor. 13: 6-820);
“Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. Verder laat die vrede van Christus in julle harte regeer.” (Kol. 3: 14-1520)
Sondag 26 April 2026: Erediens en Kategese om 09:00 – Geen Kleuterkerk
Maandag 27 April 2026 Kerkkantoor gesluit
Woensdag 29 April 2026 : Geen Blokbyeenkoms nie
Woensdag 29 April 2026 : Kooroefening 16:45
Vrydag 1 Mei 2026: Kerkkantoor gesluit
Saterdag 2 Mei 2026 – Gemeentefees
Saterdag 2 Mei 2026 – Potjiekos Kompetisie
Sondag 3 Mei 2026: Erediens 09:00 – Geen Kategese – Geen Kleuterkerk:
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 26 April – 3 Mei 2026
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats


Ons is opgewonde om te kan deel dat Beaufort-Wes Gemeente ons gemeente seën met ‘n lam wat 17kg weeg! Ons wil graag vir ons gemeente ‘n geleentheid gee om hierdie lam uit die hartjie van die Karoo te kan koop.
Hy is reeds opgesaag en verpak vir jou gerief.
Saterdag om 10:00 sal daar by die Gemeentefees ‘n veiling gehou word waar ons die skaap gaan opveil.
Kom kuier lekker saam en ondersteun ons gemeentefees op hierdie heerlike dag.

Gebedsgidse vir Mei 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.



Dis weer tyd om te brei!
Hierdie jaar soek ons enige breiwerk van babagoedjies tot truie vir peuters, kleuters en,as jy kans sien, ook vir groter truie.
Ons sal dit versprei na waar die behoefte groot is.
René Vorster – Epos Kontak.

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. U betrokke blokleier sal kontak maak. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511,takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig mense wat 1 x pot kerrie mince en 1 x bak chicken mayo kan voorberei, asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag. 📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Epos Kontak.
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. 📞 Eddie – Epos Kontak
🥪JAFFLES: R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 🤹Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀🍴Kom koop en geniet! 📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Enige bydrae van gebak sal waardeer word.☕ Koffie – R20, Tee – R15, Koek – R25. Ds Charné Viljoen – Epos Kontak.
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. Ons benodig asseblief
skenkings van eiers, meel, suiker en olie. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Epos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

Ons nooi almal uit om deel te wees van ’n splinternuwe hoogtepunt by vanjaar se basaar – ons Potjiekos Kompetisie! 🥘🔥👉 Skryf in as jy lus is om jou kookvernuf te wys en ’n heerlike potjie voor te berei.
Reëls en riglyne:
👉 Elke deelnemer/span moet hul eie pot en toerusting bring
👉 Deelnemers voorsien hul eie bestanddele
👉 Jou potjie moet genoeg wees om 12–15 mense te bedien
👉 Deelnemers moet ook aandui watter tipe potjie hulle beplan om te maak
👉 Daar sal pryse wees vir die beste potjie(s) 🏆
🕛 Beoordeling: 12:30 waarna almal saam kan eet en geniet!
🍽️ Kaartjies: Gemeentelede en besoekers kan kaartjies koop teen R100 per bord en so deel wees van die potjiekos-ervaring nadat die beoordeling afgehandel is.
Kom wys wat in jou pot steek en wees deel van die pret! 🔥
🔥 POTJIEKOS KOMPETISIE – BENODIGHEDE 🔥
Ons is besig om die Potjiekos Kompetisie vir die basaar te reël en het ’n paar benodighede waarvoor ons hulp sal waardeer:
👉 Potjies (nommer 4 en groter, indien moontlik)
👉 Braaiers / vuurmaak toerusting (indien enige gemeentelede bereid is om dit vir die dag beskikbaar te stel)
👉 Persone wat kan help met die reëlings en opstel
📌 Kontak: As jy kan help met enige van bogenoemde, kontak my asseblief: Ruan Viljoen – Epos Kontak
Baie dankie vir almal se bereidwilligheid en ondersteuning – dit gaan ’n baie lekker toevoeging tot die basaar wees! 🔥🍲
Baie FEBA-werkers en luisteraars woon in oorlogsones – sommige as soldate, sommige as vlugtelinge – en moet daagliks deel met vrees en verlies. Oekraïne se span, sowel as hul luisteraars, is uitgeput weens onderbroke slaap as gevolg van nagtelike lugaanvalle, en onvoldoende verhitting weens kragonderbrekings. Luisteraars langs die Kambodja-Thailand grens en in die Midde-Ooste het te kampe met politieke onstabiliteit en geweld.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA-werkers en luisteraars in oorlogsones krag en vrede sal ontvang deur hul oë op God gevestig te hou.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

My wens is dat jy geseënd sal wees met wonderlike dinge. Hier is God se Woord waaroor jy vandag moet nadink en stilword.
Teks: “Here, sorg tog dat die regte dinge met my gebeur, want ek doen net wat U sê. Ek vertrou op U.” (Ps. 26:1 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie dat U vir my sorg wanneer ek opreg en eerlik volgens U wil probeer leef.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek bid vandag vir jou. Ek bid dat jy in die lewe teen elke versoeking, probleem en toets sterk sal staan. Hier is ‘n Woord van die Here om jou te help.
Teks: “Here, ek is heeltemal van U afhanklik. My God, op U vertrou ek.” (Ps. 25:1 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie dat ek volledig op U kan vertrou, want U sal my nooit in die steek laat nie.
In Jesus se Naam. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Mag jy vandag verstaan hoe groot en wonderlik die Here God is. Hier is saad uit die saailand vandag vir jou.
Teks: “Alles op hierdie aarde is die Here s’n. Ja, die aarde self en alles wat daarop leef en beweeg, is Syne.” (Ps. 24:1 – Die Boodskap)
Liewe Vader, baie dankie dat ek aan U behoort en dat my lewe veilig in U hande is.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek hoop dat jy vandag die vreugde van iemand wat naby God leef, sal ken van nou tot die einde. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag. T
Teks: “U sal vir my goed wees en lief hê solank ek lewe; ek sal naby U lewe tot ek die dag doodgaan.” (Ps. 23:6 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my lewenslank liefhet en dat ek naby U mag lewe — help my om elke dag die keuse te maak om naby U te bly. In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Vader, dankie vir diegene wat nog werk en ons vra U vrede en wysheid in die werksplek om uitnemendheid en integriteit te handhaaf. Lei ons gedagtes sodat ons ‘n lig vir U kan wees.
Here, dankie vir hierdie spesiale dag van feesvieringe. Seën almal wat saamwerk en deelneem, en laat hierdie fees ‘n getuienis wees van U liefde en genade en ‘n tyd van vreugde, vernuwing en versterking vir ons geloofsgemeenskap.
Vader, ons dank U vir die arbeiders in U wingerd. Ons bid vir krag, wysheid en vreugde vir elke vrywilliger. Mag hulle arbeid nie tevergeefs wees nie en lei hulle pogings om vrugte te dra vir u koninkryk.
Vader, ek vra dat U my lewe, my gedagtes en my hart stewig op U gevestig sal hou. Suiwer my, vul my met U Gees en gee my die krag om standvastig in geloof en geregtigheid te bly.
Hemelse Vader, maak my diensbaar as medewerker in U koninkryk. Vul my met U Heilige Gees sodat ek met wysheid en liefde kan optree. Laat my woorde en dade ‘n getuienis wees van die Evangelie van Jesus Christus.
Mag ons ligdraers wees, mekaar se laste dra en U liefde weerspieël in ons lewe. Ons bid vir veiligheid, genesing en dat U ons sal lei om ‘n bron van hoop vir mekaar te wees.
Hemelse Vader, dankie dat U my gekies het om hierdie wedren tot U eer te hardloop. Gee my die krag om te kan volhard, en help my om die oog gevestig te hou op Jesus. Ek sal hardloop sodat U daardeur verheerlik word.
Here, selfs wanneer ek nie my pad verstaan nie, kies ek om U te vertrou. Lei my voetspore en help my om getrou te bly waar U my vandag geplaas het.
Vader, ons bid vir ons mediese- en ondersteuningspersoneel vir ekstra wysheid, insig en krag in hul uitdagende werk. Beskerm hulle fisies en geestelik, en mag hulle U liefdevolle hand in hul daaglikse sorg vir pasiënte ervaar.
Alles aan jou spreek van ‘n edel persoon en ken geen kommer oor die toekoms nie. As jy praat, is dit met wysheid; as jy leiding gee, is dit met liefde. Jou kinders prys jou, jou man bewonder jou. Daar is baie knap vrouens, maar jy, vriendin, oortref hulle almal!
Vader, ons bid vir ons Predikante en Leraars en is dankbaar vir hulle toewyding om U Woord te verkondig. Here, vul hulle opnuut met U Heilige Gees. Gee hulle krag, wysheid en insig om die Skrif met gesag en waarheid te bring.
Here, ons dank U vir hierdie gemeente se leiers wat U geroep het om te dien. Onderrig hulle met wysheid en insig om goeie besluite te neem. Bind hulle saam in liefde en eenheid sodat hulle saam kan werk tot die uitbreiding van U koninkryk.
Hemelse Vader, ons bid vir diegene wat alleen en eensaam is. Troos hulle en herinner hulle aan U konstante teenwoordigheid en vul hul harte met U liefde. Mag hulle U nabyheid ervaar en rustigheid kry met hul emosies.
Vader, dankie vir die Hemelvaart van u Seun, Jesus Christus. Ons vier sy oorwinning. Vul ons met die Heilige Gees en bemagtig ons om U liefde in die wêreld te versprei. Amen.
Vader, ek bely elke dag dat U my Here en my God is en ek weet dat niks my kan skei van U liefde nie. U neem seer weg, U vee trane af, U maak gebroke harte weer heel. U was ons weer skoon en U gee ons ‘n fontein van lewende waters.
Here, ons bid U om genade te betoon en lewens te spaar in elke oorlog geteisterde streek. Ons vra dat U die harte van leiers sal versag en hulle tot geregtigheid sal bring.
O Heilige Gees, dankie dat U op Pinksterdag uitgestort is en vandag nog in ons harte woon. Kom vul ons opnuut met U krag en lei ons in die volle waarheid. Laat U lig in ons lewens skyn en maak van ons harte U woning.
In hierdie Pinkstertyd bid ons dat U Gees opnuut deur ons sal waai. Kom reinig ons harte en vernuwe ons denke. Skenk aan ons die gawes wat nodig is om U koninkryk te bou en gee ons ‘n passie vir die evangelie, krag om te getuig, en liefde vir mekaar.
Almagtige Vader, ons bid dat U Gees in ons sal werk sodat ons as gemeente nader aan U getrek sal word. Ons bid om met nuwe ywer en krag U getuies te wees.
Vader, mag U Heilige Gees wat met krag gekom het, vandag weer opnuut in ons harte werk en bid dat die saad van U Woord in goeie grond sal val en vrug dra.
Vader, dankie dat U my voortdurende toegang tot U teenwoordigheid gee. Vul my met U vreugde en vrede sodat ek deur die krag van die Heilige Gees kan leef.
Here, ek wil nooit vergeet wat my doel op aarde is nie. Open my oë vir elke geleentheid om te dien, en verwyder uit my hart enige selfsugtige begeerte vir eie belang.
Vader, wanneer ek nie die pad vorentoe sien nie, weet ek dat U my gids is. Ek onderwerp my gedagtes, my planne en my vrese aan U. Voor U lig sal duisternis vlug.
Vader, U voed my met ewigheidskos, U bied my die lewende water en in tye van nood bring U redding. Dankie vir U hand wat reeds daar is wanneer ek val.
Laat my oë vandag U goedheid raaksien en my geloof sterker wees as my twyfel. Ek kies om nie in vrees te leef nie, maar om vas te hou aan U beloftes.
Vader, ek wil U in die snoeitye van my lewe vertrou. Dit wat nie meer lewe gee nie moet ek laat gaan. Ek wil in U bly sodat U my kan vorm sodat ek beter vrug kan dra.
Ons dank U Vader dat ons as gemeentelede saam U Woord kan deel. Gee ons wysheid en insig sodat alles wat ons bespreek tot eer van U naam sal wees.
Hemelse Vader, kom seën elkeen wat ‘n behoefte het aan genesing en herstel. Vertroos die wat teleurstellings ervaar en diegene wat geliefdes aan die dood moes afstaan.
Jesus, dankie dat ons U kan liefhê. Ek wil naby U leef en nooit vergeet wie ek in U is nie. Help my om deur my lewe U liefde uit te straal en ander die weg na U te wys.
Die lig van die evangelie is God se skat wat in ons gedra word. Ewige waarde wat nie gekoop word nie, maar deur God self geskenk word. Dra jou Skat met dankbaarheid, koester dit en leef dit waardig.
Vergewe ons Here dat ons as aardbewoners U skepping benadeel en verwoes. Dit is kommerwekkend om te sien hoeveel vlugtelinge angstig talle landsgrense oorsteek op soek na voedsel en water. Ons bid vir U genade.
Ek hoop dat jy vandag bly sal wees oor ‘n God wat jou lewenslank liefhet. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “U sal vir my goed wees en lief hê solank ek lewe; …” (Ps. 23:6 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my lewenslank liefhet en goed aan my sal wees — help my om vandag vanuit hierdie liefdesesekerheid te lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Ek hoop dat jy vandag sal besef hoe spesiaal jy vir God is. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: “… U behandel my soos ‘n spesiale gas; ek geniet alles in oorvloed.” (Ps. 23:5cb – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my as ‘n spesiale gas behandel en dat U seëninge oorvloedig is — help my om vandag in hierdie waarheid te lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Op 17 April het ons Interdenominale Jeugkerk ’n besondere besoek ontvang wat die harte van jonk en oud geraak het. Die span van Bloom a Child het by ons kom kuier met ’n kragtige en nodige boodskap: “Boelies issie kool nie.” In ’n wêreld waar kinders daagliks uitdagings op skoolwerwe en sosiale media trotseer, was hierdie aanbieding ’n baken van lig en praktiese wysheid.
Vir diegene wat dalk nog nie met hulle werk bekend is nie, Bloom a Child is ’n Christelike nie-winsgewende organisasie wat passievol is oor die holistiese ontwikkeling van kwesbare kinders. Wat in 2018 as ’n klein projek op die Tuinroete begin het, het intussen gegroei tot ’n massiewe uitreik wat maandeliks duisende kinders in die Wes-Kaap bereik.
Hulle doelwit is eenvoudig dog diepsinnig: om saad van liefde, hoop en waarheid te saai. Deur gebruik te maak van musiek, poppespel (wie kan die geliefde karakters vergeet?), dans en Bybelstories, help hulle kinders om hul eie waarde in God se oë te ontdek. Bloom a Child glo dat ’n kind wat weet wie hy of sy in Christus is, die veerkragtigheid het om bo hul omstandighede uit te styg.
Die tema van die dag, “Boelies issie kool nie,” het op ’n vars en verstaanbare manier met ons jeug gepraat. Die aanbieding het begin met ‘n gedramatiseerde opvoering waarin gefokus is op die feit dat boelie-gedrag – of dit nou woorde, fisiese dade of uitsluiting is – nie net die slagoffer seermaak nie, maar ook die karakter van die een wat boelie afbreek.
Die span het die volgende belangrike aspekte beklemtoon:
Met ‘n ballon kunsstenaar is die kinders verder vemaak.
In Groot-Brakrivier lê ons jeug ons na aan die hart. Ons glo dat die kerk ’n veilige hawe moet wees waar kinders kan “blom” – presies soos die naam Bloom a Child suggereer. Deur sulke interdenominale geleenthede te ondersteun, word brûe tussen verskillende kerke en gemeenskappe in ons dorp gebou. Ons besef dat die stryd teen afknouery nie net by die skool hek stop nie; dit is ’n gemeenskapsverantwoordelikheid.
Die saad is gesaai, maar nou moet ons dit water gee. Ons moedig ouers aan om met hul kinders te gesels oor wat hulle tydens die aanbieding geleer het. Kom ons wees ’n gemeenskap waar ons mekaar se waarde raaksien en beskerm.
Ons sê ’n groot dankie aan Bloom a Child vir hul onbaatsugtige werk en die passie waarmee hulle ons kinders bedien het. Mag ons elkeen onthou: In God se tuin is daar plek vir elke blom om te groei, sonder om vertrap te word.
“As U sondeskuld toereken Here – my Heer, wie kan dan staande bly? Maar by U is daar vergifnis, sodat U ontsag afdwing.”
Ps. 130: 3-420
Ons sondeskuld
Elkeen van ons is in sonde ontvang en gebore. Nie een van ons kan ons daarop beroem dat ons nog nooit verkeerde dade gepleeg het nie. Ons leef dikwels in ‘n wanhoop oor dié dinge wat ons verkeerd gedoen het, en dit is so dikwels die moeilkikste om onsself te vergewe.
Ons kan in ons sondeskuld net voor God ons koppe in skaamte laat sak. Hier spreek Lied 239 van die Liedboek se derde vers so goed vir ons:
‘Leeg, net met my sondelas, hou ek aan U verdienste vas. Ek kom om vergewing vra; U het ook my skuld gedra! U, geslaan tot heilsfontein, wás my, Heiland, maak my rein!‘
Ook die Psalmdigter, Daniel en Jesaja het geweet dat vergifnis alleen by God te kry is. Dit is God wat na ons toe afbuig en verligting bring. Selfs al het ons baie gely, en pyn en hartseer beleef op die pad, het God ons lief. Hy gee ontferming en vergifnis. Ons moet net glo dat Jesus Christus vir ons sondes gesterf het!
Teksverse:
“Here, by ons is daar gesigte vol skaamte – by ons konings, ons hoë amptenare en ons voorouers, omdat ons teen U gesondig het; by my Heer, ons God, is daar ontferming en vegifnis.” (Dan. 1: 8-920);
“Kyk, tot vrede het my intense bitterheid gelei; U self het my lewe teruggehou van die kuil van vernietiging, ja, U het al my sondes die rug toegekeer.” (Jes. 38: 1720);
“Dit was vir my goed om soveel te ly; U het my lief, U het my uit die dood gered; U het al my sondes vergewe. ” (Jes. 38: 1783)
God se vergifnis
God het na die mens gekom en verbond gesluit. Hy, wat ewig getrou is, beloof dat Hy Sy wet in ons harte sal vaslê. Hy beloof om ons van ons sondeskuld te vergewe. Tot so ‘n mate dat Hy nie weer daaraan sal dink nie. God die Vader en Skepper. Hy wat alles hier op aarde in ritme hou.
God het selfs Sy geliefde Seun gestuur om ons van ons sondeskuld te bevry. Dit was nodig omdat vergifnis nie plaas vind sonder die bloedvergieting nie. Dit was egter die finale bloedvergieting. Daardie een offer van Jesus Christus kan ons elkeen as Verlosser aanvaar. Daardeur het ons God se vergifnis van sondes ontvang.
Christus self het vir ons gewys hoe maklik dit is vir Hom, as gestuurde van God die Vader, om sondes te vergewe en nie meer daarna te verwys nie. Hy het ‘n verlamde man laat opstaan en loop, tot die verbasing van toekykers. Christus was bereid om hierdie dinge te doen, omdat dit tot eer en verheerliking was van die Vader, sodat dit opgeteken kon word vir ons, wat dit nie self beleef het nie.
Teksverse:
“”Nee dít is die verbond wat Ek ná daardie dae met die huis van Israel sal sluit, “is die uitspraak van die Here: “Ek sal my wet in hulle binneste gee, en dit op hulle harte skryf. Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Hulle sal nie meer elkeen sy medemens of sy broer leer en sê, ‘Ken die Here!’ nie, want hulle almal sal My ken, van die kleinste tot die grootste onder hulle,” is die uitspraak van die Here. “Want Ek sal hulle sondeskuld vergewe en aan hulle sonde sal Ek nie weer dink nie.: So sê die Here, wat die son bedags as lig gee, die vaste voorskrifte vir die maan en sterre as ligte snags, Hy wat die see in beweging bring, sodat sy golwe dreun; die Here, Heerser oor alle magte is sy naam:…” (Jer. 31: 33-3520);
“God het ons uit die mag van duisternis gered, en verplaas na die koninkryk van sy geliefde Seun – deur wie ons bevryding, die vergifnis van sondes ontvang het.” (Kol. 1: 13-1420);
“Feitlik alles is volgens die wet met bloed greinig; ja, sonder bloedvergieting vind geen vergifnis plaas nie.” (Heb. 9: 2220);
“Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak. Ook die Heilige Gees getuig teenoor ons; want nadat Hy gesê het, “Dit is dan die verbond wat Ek ná daardie dae met hulle sal sluit, sê die Here: Ek sal my wette in hulle harte gee, en dit op hulle verstand neerskryf,” sê Hy ook: “Aan hulle sondes en aan hulle wettelose dade sal Ek glad nie meer dink nie.” Waar daar vergifnis hiervoor is, word ‘n offer vir sondes nie meer gebring nie.” (Heb. 10: 15-1820);
“Wat is makliker, om vir die verlamde te sê, ‘Staan op, tel jou slaapmat op en loop’? Maar sodat julle kan weet dat die Seun van die Mens volmag het om op aarde sondes te vergewe…” (Mark. 2: 9-1020)
Die Heilige Gees
God die Vader het ook vir ons die Heilige Gees bewillig om ons te lei en te leer, na die hemelvaart van die verheerlikte Messias. Hy laat ons nooit alleen nie. Hy help ons om nader en nader aan Hom te groei. Ons moet egter besef dat ons dit nie uit ons eie krag kan bekom nie. Dit is genade alleen wanneer God ons die sonde nie meer toereken nie. En Jesus waarsku ons dat daar een sonde is wat ewig is, naamlik lastering teen die Heilige Gees.
Laat ons daagliks ons afhanklikheid aan God die Vader, die Verlosser Seun, en die Heilige Gees ons Trooster en Leidsman, bely; deur Hom in ons wandel en handel te verheerlik.
Teksverse:
“Ek sê vir julle: Alle sondes en lasteringe wat mense ook al uitgespreek het, sal hulle vergewe word, maar wie teen die Heilige Gees laster, kry tot in ewigheid geen vergewing nie, maar bly skuldig aan ‘n ewige sonde.” (Mark. 3: 28-2920);
“Iemand wat egter nie werk nie, maar glo in die Een wat die goddelose regverdig verklaar – vir hom word sy geloof as regverdiging toegereken. So noem ook Dawid die mens geseënd vir wie God regverdiging toereken, sonder werke: “Gelukkig is hulle wie se wettelose dade vergewe, en wie se sondes bedek is; Gelukkig is die mens vir wie die Here die sonde hoegenaamd nie toereken nie.”” (Rom. 4: 6-820)
Liewe Vriend
Ek hoop dat jy vandag die ryke seëninge van God wat die beste vir jou voorberei het, geniet. Lees die Bybel ek kry hoop vir die toekoms. Hier is vandag se boodskap.
Teks: “Soos ‘n gasheer sit U net die beste van die lewe aan my voor…” (Ps. 23:5a – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U net die beste vir my voorberei — help my om vandag dankbaar te wees en U seëninge ten volle te ontvang.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Dr. Frans Hancke lei ons deur Paulus se beeld van ons ‘as ‘n aangename reuk van Christus, maar dan die vraag: Hoe ruik ons vir die Wêreld?
Prediker: Dr. Frans Hancke
Skriflesing: 2 Korinthiërs 2: 12-17
Tema: Hoe ruik ons vir die Wêreld?
Datum: 19 April 2026
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Sondag 19 April 2026: Erediens om 09:00 – Kleuterkerk en Kategese.
Dinsdag 21 April 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 22 April 2026 :
Blokbyeenkoms Blok 17 (Pienaar -en Dwarswegstrand) en Blok 18 (Outeniquastrand-Onder) asook Blok 19 (Outeniquastrand-Bo) en Blok 20 (Glentana tot George) vind om 18:00 plaas in die kerksaal.
Woensdag 22 April 2026 : GEEN Kooroefening
Woensdag 22 April 2026: Wolwedans Boodskap Sop en Brood
Saterdag 25 April 2026: Brandwag Basaar
Sondag 26 April 2026: Erediens en Kategese om 09:00 – Geen Kleuterkerk:
Saterdag 2 Mei 2026 – Gemeentefees
Saterdag 2 Mei 2026 – Potjiekos Kompetisie
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 19-26 April 2026
Aangesien Blok 19 (Outeniquastrand-Bo) en Blok 20 (Glentana tot George) tans nie ’n blokleier het nie vervroeg ons die datum van Blok 19 en 20 se blokbyeen-koms om plaas te vind saam met Blok 17 en Blok 18 soos hierbo uiteengesit. Kontak die kerkkantoor vir meer inligting.
Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde. Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop. Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels. Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.
At van Niekerk van Kaapstad: Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Baie welkom by ons gemeente.


Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 115 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 22 April, 6 & 20 Mei en 3 & 17 Junie.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die Getuienisbediening se uitreikarm na Wolwedans begin ‘n kunsvlyt projek en skenkings van die volgende sal ons baie help: skêre, ou tydskrifte, Pritt of gom, ou waterverf, akrielverf, ou kwassies, inkleurpotlode, naalde, garing, en wol. En dan is daar ook nood vir ‘n ou yskas en stoof of twee-plaat kookstofie. Baie, baie dankie vir u volgehoue meelewing, omgee en ondersteuning!
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – Epos Kontak / Riëtte Jansen van Rensburg – Epos Kontak.

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. U betrokke blokleier sal kontak maak. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word. Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die gemeentefees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier, FNB, Rek no 53083186511,takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk).
INDIEN U GRAAG WIL BETROKKE RAAK OF ‘N SKENKING WIL MAAK KAN U ASB DIE VOLGENDE PERSONE KONTAK:
🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kerrie Mince R35. Ons benodig mense wat 1 x pot kerrie mince en 1 x bak chicken mayo kan voorberei, asook mense wat bereid is om by die roosterkoek tafel te help op die dag. 📞 Pieter van der Merwe – Epos Kontak.
🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt –Epos Kontak.
📚 Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt – Epos Kontak.
🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R18 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser – Epos Kontak.
🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! Skenkings van rys sal waardeer word. R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke – Epos Kontak 📞Corita du Preez – Epos Kontak.
🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. 📞 Eddie – Epos Kontak
🥪JAFFLES: R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨👩👦👦 🤹Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹♀🍴Kom koop en geniet! 📞 Whitey van der Merwe – Epos Kontak📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.
🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. Enige bydrae van gebak sal waardeer word.☕ Koffie – R20, Tee – R15, Koek – R25. Ds Charné Viljoen – Epos Kontak.
🍽 Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. Ons benodig asseblief
skenkings van eiers, meel, suiker en olie. R7 elk. 📞 Elsabé Richards – Epos Kontak
🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n preserveermiddels! 📞 René Vorster – Epos Kontak.
🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes (spesifiseer asb dat dit vir die kindertafel is), lekkers of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop, asook skenkings van 2de handse speelgoed vir ons tombola tafel. Skenkings kan tydens kantoorure by die kerkkantoor afgegee word. 📞 Tanya Hewitt – Epos Kontak.
🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters – Epos Kontak.

Ons nooi almal uit om deel te wees van ’n splinternuwe hoogtepunt by vanjaar se basaar – ons Potjiekos Kompetisie! 🥘🔥👉 Skryf in as jy lus is om jou kookvernuf te wys en ’n heerlike potjie voor te berei.
Reëls en riglyne:
👉 Elke deelnemer/span moet hul eie pot en toerusting bring
👉 Deelnemers voorsien hul eie bestanddele
👉 Jou potjie moet genoeg wees om 12–15 mense te bedien
👉 Deelnemers moet ook aandui watter tipe potjie hulle beplan om te maak
👉 Daar sal pryse wees vir die beste potjie(s) 🏆
🕛 Beoordeling: 12:30 waarna almal saam kan eet en geniet!
🍽️ Kaartjies: Gemeentelede en besoekers kan kaartjies koop teen R100 per bord en so deel wees van die potjiekos-ervaring nadat die beoordeling afgehandel is.
Kom wys wat in jou pot steek en wees deel van die pret! 🔥
🔥 POTJIEKOS KOMPETISIE – BENODIGHEDE 🔥
Ons is besig om die Potjiekos Kompetisie vir die basaar te reël en het ’n paar benodighede waarvoor ons hulp sal waardeer:
👉 Potjies (nommer 4 en groter, indien moontlik)
👉 Braaiers / vuurmaak toerusting (indien enige gemeentelede bereid is om dit vir die dag beskikbaar te stel)
👉 Persone wat kan help met die reëlings en opstel
📌 Kontak: As jy kan help met enige van bogenoemde, kontak my asseblief: Ruan Viljoen – Epos Kontak
Baie dankie vir almal se bereidwilligheid en ondersteuning – dit gaan ’n baie lekker toevoeging tot die basaar wees! 🔥🍲


FEBC Radio Liangyou saai al vanaf 1949 die evangelie uit na China – aanvanklik deur kortgolf, en nou ook aanlyn. Spanne in Kanada, die VSA, Taiwan en Hongkong vervaardig die programme wat hoop wil bring in ’n moeilike politieke en ekonomiese klimaat, en wat gesinne wil help om hul verhoudings met behulp van Bybelse beginsels te versterk.
Ons gebed vir die week: Bid vir die FEBC Chinese Bedieningspanne, wat uitdagings in hul eie lande ondervind, en vra dat elke program die evangelievuur in luisteraars se harte sal aanwakker.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Liewe Vriend
Mag jy vandag weet dat jy veilig is in God se hande, al is die pad soms baie donker. Die Woord van die Here wil die volgende vir jou sê:
Teks: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie. Want U is by my. In U hande is ek veilig.” (Ps. 23:4 – Nuwe Afrikaanse Vertaling [1983])
Liewe Vader, dankie dat U my in U hande vashou, ook deur die donkerste tye — help my om vandag in U veiligheid te lewe.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.