31 Mei
Liewe Vriend
Vandag wil God jou help om die kosbare gawe van ’n liefdevolle vrou te vier — Hier is God se Boodskap.
Tema: ‘n Goeie vrou is goud.
Teks: “Wie ’n goeie vrou het, het iemand wat baie kosbaar is. Sy is meer werd as die duurste juwele. Haar man reken op haar en sy beteken vir hom baie.” (Spr. 31:10 – Die Boodskap)
- Die Here seën die gesin van die gelowiges wat Hom dien. (Ps. 128:2-4)
- ’n Goeie huweliksmaat is ’n gawe van God — as jy so iemand het, het jy meer as die rykste persoon op aarde.
- Vertel aan jou huweliksmaat wat hy of sy vir jou beteken — moenie wag vir ’n spesiale geleentheid nie. Vandag is die regte dag.
- Behandel jou lewensmaat soos ’n kosbare juweel — met respek, liefde en dankbaarheid teenoor God.
Gebed
Liewe Vader, dankie vir die gawe van ’n goeie vrou — help my om haar vandag so te behandel soos die kosbare skat wat U aan my gegee het.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


