Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Junie 2026 – Vashou aan die inhoud van die Bybel.

4 Junie

Vandag wil God jou toerus met wysheid wat jou lewe verander — Hier is God se Boodskap net vir jou.

Tema:  Vashou aan die inhoud van die Bybel.

Teks:  “Omdat ‘n mens so maklik kan struikel en die verkeerde dinge kan doen, moet jy tog vashou aan hierdie reëls wat ek jou (uit die Bybel) leer.”  (Spr. 4:12 – Die Boodskap)

  • Die Here se Woord wys presies hoe jy moet leef. Dit is soos ‘n helder lig wat op ‘n donker wat gery moet word, skyn.  (Ps. 119:105)
  • Niemand is te sterk of te slim om te struikel nie — maar God se Woord gee jou die riglyne om te bly staan en reg te bly leef.
  • Die Bybel is nie ou stories vir ou mense nie — dit is lewende riglyne wat jou elke dag van die slaggate en gevare van die lewe bewaar.
  • As jy aan God se Woord getrou bly, is dit een van die verstandigste dinge wat jy in jou lewe kan doen.
  • Begin met die eenvoudige stap: lees een vers en leef dit doelbewus uit.

Gebed 

Liewe Vader, dankie vir U Woord wat my bewaar teen struikel — help my om vandag daarin te bly sodat my voet nie gly nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.