‘Seisoen van Konflik’ : ‘n Seisoen van Geleenthede’

Die NG Kerk – Groot-Brakrivier het op 30 Mei 2026 ‘n interessante ontbyt gereël in die Kerksaal. Die spreker, Mike Burnard, is ‘n kenner in die Sendingveld. Hy is al vir vyftig jaar besig in die uitdra van die Koninkryk se Evangelie internasionaal.

Hy is ‘n dinamiese spreker wat die ernstige onrus in die Midde-Ooste vanuit ‘n Konkryks perspektief beskou. Die gehoor is daarop gewys dat mens nie polities na al die gebeure moet kyk nie, maar met ‘n bril vanuit ‘n Verlossings perspektief.

Daar is honderde duisende mense wat sterf in die onsinnige geweld van die oorlog. Die Heilige Gees is egter werksaam in die Midde Ooste, soos blyk uit die beskikbaarheid van die Woord van God en verhale van talle bekeerdes. Ontwortelde mense wat by Christene in die areas ‘n lawende heenkome vind.

Die oggend is afgesluit met ‘n heerlike ontbyt wat keurig voorberei is deur die Gasvryheidsbediening. Dank aan die Getuienisbediening se span wat die oggend geïnisieer het.

Mike Burnard

Vir die afgelope 50 jaar het Mike en Helen die voorreg gehad om Christene te dien in lande in Afrika, die Arabiese Wêreld, die Midde Ooste, Asië, die Sub-kontinent, Europa en die Amerikas.

Mike was vir 25 jaar betrokke by Geopende Deure, ‘n bediening wat Christene in geslote lande dien deur bystand en hulp te verleen. Mike was ook die stigter van INcontext International, ‘n media bediening wat die Kerk bystaan om wêreldgebeure vanuit ‘n sending en Koninkrykskonteks te interpreteer.

In 2020 aanvaar Mike die beroep as Sending Konsultant en Analitiese Strateeg by dia-LOGOS. Mike se fokus in die kapasiteit bevestig sy liefde en passie vir die vervolge kerk en wy hy homself sedertdien toe as dienskneg van Christene in geslote lande. Mike en Helen is ook die outeurs van verskeie boeke wat Christene uitdaag tot ‘n lewe van transformasie en toewyding.

Kontak besonderhede:

DIALOGOS Webtuiste
TheThirdWay Webtuiste