2 Junie
Vandag wil God jou bewaar van alles wat jou seer kan maak — Hier is vandag se geestelike saad uit God se Woord.
Tema: Bly weg van die verkeerde mense af.
Teks: “Van sekere tipes mense sal jy wegbly, veral van diegene wat niks van lewensgeluk wil weet nie, hulle wat dit geniet om heeltyd verkeerde dinge te doen.” (Spr. 2:12-14 – Die Boodskap)
- Die Here se opdrag is baie duidelik: Bly weg van slegte dinge af, doen net wat Sy hart bly maak — dan sal jy vir altyd in vrede bly leef. (Ps. 37:27)
- Daar is mense wie se lewenstyl jou af sal trek — God se Woord sê: bly weg van hulle af, want jou geselskap vorm jou karakter.
- Dit is nie hoogmoed om jou van verkeerde invloede te distansieer nie — dit is veel eerder wysheid en gehoorsaamheid aan God.
- Kies vandag jou vriende én jou omgewing vooraf — wie jy in jou lewe toelaat, bepaal ook in watter rigting jou lewe sal ontwikkel.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my waarsku teen slegte geselskap — help my om vandag met wysheid te kies by wie ek my tyd deurbring.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


