29 Mei
Liewe Vriend
Vandag wil God jou herinner dat jy altyd voor Sy alsiende oë leef — Lees die Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: God sien en oordeel reg.
Teks: “Moenie agterna sê jy het niks daarvan geweet nie. Die Here ken ons en weet wat ons dink. Vir Hom kan ons niks wegsteek nie. Hy oordeel elkeen volgens sy werke.” (Spr. 24:12 – Die Boodskap)
- Die Here God sien dwarsdeur jou — Hy weet wanneer jy sit, ry, loop, praat en selfs wanneer jy opstaan. Hy ken elke gedagte van jou hart. (Ps. 139:1-2)
- Jy kan niks vir Hom wegsteek nie — maar die wonderlike is dat Hy jou ten spyte van alles steeds liefhet.
- Leef vandag met integriteit — doen reg, ook al kyk niemand nie, God sien altyd.
- ‘n Ware gelowige doen wat reg is, selfs wanneer dit moeilik is – doen jy so.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U alles weet en my nog steeds liefhet — help my om vandag met integriteit te leef, wetende dat U my sien en ken.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


