5 Junie
Vandag wil God jou herinner aan die kosbare geskenk van jou lewensmaat — Hier is saadkorrels vir jou vrugbare geestelike grond, net vir jou vir vandag.
Tema: Luister, voor jy berou kry.
Teks: “Jy sal besef dit tref jou omdat jy nie na goeie raad geluister het nie. Jy sal jouself begin verwyt omdat jy nie na jou ouers en ander wyse mense geluister het nie.” (Spr. 5:12-13 – Die Boodskap)
- Die Here belowe: Hy is soos ‘n onderwyser vir jou. Hy vat jou aan die hand om jou met die regte raad op die regte pad te hou. (Ps. 32:8 – Die Boodskap)
- Berou leer ‘n wyse mens: Dit is beter om na goeie raad te luister vóór jy ‘n besluit maak — nie nadat die skade gedoen is nie.
- God het mense in jou lewe gesit wat jou kan help — ouers, raadgewers en geestelike leiers — luister na hulle, want hulle bewaar jou en jou huwelik voor baie seer.
- Jou lewensmaat en die mense die naaste aan jou verdien die beste van jou — koester dit deur die regte raad ernstig op te neem en daarna te lewe.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U wysheid verskaf deur die mense om my — help my om vandag met ‘n oop hart na goeie raad te luister, voor ek berou kry.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


