6 Junie
Vandag wil God jou aanspoor om die beste van jouself te gee — Hier is God se Boodskap uit die Bybel – alles net vir jou.
Tema: Identifiseer ‘n bedrieglike persoon.
Teks: “Daar is ‘n mens op wie jy net nooit ‘n vat kan kry nie. Hy praat nou sus en later so. Sy woorde is bedrieglik. Jy kan nooit daarop peil trek nie. Met die trek van sy oë, die geskuifel van sy voete en die wys van sy vingers lei hy mense om die bos.” (Spr. 6:12-13 – Die Boodskap)
- Die Here wil nie hê dat iemand wat lieg en bedrieg naby jou huis kom nie — Hy wil jou in teen almal wat jou wil mislei, beskerm. (Ps. 101:7 – Die Boodskap)
- God se Woord leer jou om mense wat jou wil bedrieg, te herken en identifiseer.
- Iemand wie se woorde nooit ooreenstem met sy dade nie, moet jy met versigtigheid behandel. So iemand is gevaarlik.
- Bedrieglike mense maak jou dikwels eers verward en dan seer — vertrou jou instink wat die Heilige Gees in jou wakker maak en wakker hou.
- Jy hoef nie naïef te wees nie — God gee jou wysheid en onderskeiding sodat jy die regte mense kan vertrou en die verkeerdes kan vermy.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my wysheid en onderskeiding gee — help my om vandag die regte mense te herken en in U beskermende hande te bly.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


