17 Januarie
Liewe vriend
Mag jy vandag jou planne aan God toevertrou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:
Tema: Beplan in geloof
Teks vir vandag: ‘n Mens maak baie planne, maar die Here besluit of dit suksesvol sal wees of nie… Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.” Spr. 16:1, 9 (Die Boodskap) lees ook Spreuke 19:21; 21:1
- Dit is reg om te beplan en jou beste doen, maar bly afhanklik van God vir die finale uitkoms.
- Jou planne moet altyd onderworpe wees aan God se wil – Hy sien die groter prentjie.
- Wanneer dinge nie loop soos jy beplan het nie, vertrou dat God besig is met iets beters. Wag dan eers.
- Begin vandag deur jou planne in gebed aan God voor te lê en Sy leiding te vra. Stap agter Hom aan. Doen Sy wil.
- Moet jou nie aan mense steur nie. God bepaal wat gebeur. Wees rustig, tevrede en gelukkig.
Gebed
Liewe Vader, ek lê vandag al my planne in U hande en vertrou dat U sal besluit wat die beste vir my is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


