Pinksterfees en Nagmaal
Prediker: Ds. Leon Cronje & Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Verskeie
Tema: Ek glo in die Heilige Gees! ONS glo in die Heilige Gees!
Datum: 24 Mei 2026
Prediker: Ds. Leon Cronje & Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Verskeie
Tema: Ek glo in die Heilige Gees! ONS glo in die Heilige Gees!
Datum: 24 Mei 2026
“…gevul met die vrug van geregtigheid deur Jesus Christus tot verheerliking en lof van God.”
(Fil. 1: 1120)
Geloofsvreugde…
Paulus se wens vir die Fillipense, dat hulle geloofsvreugde sal ervaar, is so ‘n pragtige beskrywing van die rede waarom ons die Vader, Seun en Heilige Gees kan loof en prys. Die genade wat ons as nietige mense ontvang het, omdat God ons so lief gehad het, dat Hy ons nie wou laat verlore gaan nie. Dit is genoeg om ons in vreugde te laat groei. Dit gee ons ook ‘n innerlike vrede.
Om uiting hieraan te gee is so oud soos die berge self. Dit Bybel het menige Psalms waarin daar gejubel word deur die digters. Hier word God se grootheid en getrouheid besing. Dit inspireer nog steeds mense wat tot geloof kom in Jesus Christus, wat sodoende ook die nabyheid van God beleef. Daar is nie keer aan die dankbaarheid wat oorgaan in ‘n skeppingsdrang om alle eer aan God te gee nie.
Liedboek 449 se woord van die 4de vers stel dit onomwonde:
‘Ons loof U, Vader, Seun en Gees, Ons wil U, Heer, gehoorsaam wees. Aan U behoort ons lewe. Heer driemaal heilig, hoor die lied, Drie-enig God, wat ons U bied -Sing lof, sing al wat lewe!’
Die ryke verskeidenheid van liedere in menige tale spreek van ‘n diepe aanraking van gelowiges om tot eer van God te sing en Hom te prys.
Teksverse:
“Juis omdat ek hiervan oortuig is, weet ek dat ek hier sal bly, ja, dat ek wel by julle almal sal bly, sodat julle vordering kan maak en geloofsvreugde ervaar.” (Fil. 1: 2520);
“…sodat ek kan ingaan na die altaar van God, na die God wat my van blydskap laat jubel, en sodat ek U, o God, my God, kan prys met ‘n lier.” (Ps. 43: 420);
“Juig tot eer van die Here, o ganse aarde! Dien die Here met blydskap, kom in sy teenwoordigheid met ‘n gejubel.” (Ps. 100: 1-220);
“. ..dié wat deur die Here vrygekoop is, sal terugkeer, hulle sal in Sion aankom met jubelkrete – met ewige vreugde sal hulle gekroon wees. Blydskap en vreugde sal hulle oorweldig, en verdriet en ‘n gesug sal wegvlug.” (Jes. 35: 1020);
“Mag die God van hoop julle deur julle geloof met alle blydskap en vrede vervul, sodat julle hoop oorvloedig kan word deur die krag van die Heilige Gees.” (Rom. 15: 1320);
“Hom het julle lief, al het julle Hom nie gesien nie; en al sien julle Hom nie nou nie, glo julle in Hom en jubel julle met ‘n onuitspreeklike en heerlike blydskap, omdat julle reeds deel het aan die doel van julle geloof, naamlik die verlossing van julle siele.” (1 Pet. 1: 8-920)
Dankbaarheid se uiting
Dit is wanneer mens tot die besef kom hoe groot die liefde van God vir ons as mens is, selfs te midde van moelike omstandighede, dat mens nie stil gemaak kan word nie. Paulus is so ‘n goeie voorbeeld. Hy wat te midde van vervolging en swaarkry, sy vertroue bly plaas het in God se hand.
Dit is God self wat die lofsange in ons harte plaas. Ons kan nie anders as om die lied en leiding van die Heilige Gees te volg nie. Hier is Liedboek 450 ‘n wonderlike voorbeeld van hoe liedere wat in opregtheid gesing word, geskep is om God te loof en Hom te prys vir Sy genade, so onverdiend!
Liedboek 450: Vers 2:
‘Woord uit Woord, Lig uit Lig, Kom as mens op aarde. Bo begrip, bo ons verstand is u grootheid, Heer. Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer. Eer ons God as Majesteit; Loof Hom tot in ewigheid.’
Mag niemand ons stil kry, wanneer ons lof en eer aan God gee nie. Die lied en sang is ‘n wonderlike manier om God te loof en prys, maar ook ons lewens moet ‘n lofprysing tot eer van Jesus Christus se Verlossingsdaad wees. Hierin kan ons vertrou op die bystand van die Heilige Gees, wat die liefde van Christus in ons bewerk en die woorde in ons harte plaas.
Teksverse:
“Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus!” (1 Pet. 1: 320);
“Jubel hieroor, al moes julle onlangs vir ‘n kort tydjie deur allerhande beproewings bedroef word.” (1 Pet. 1: 620);
“Aan U kom ‘n lofsang toe, o God wat in Sion is; aan U moet geloftes betaal word. U wat gebede verhoor – na U moet alle mense kom.” (Joh. 14: 2620);
“Hy het ‘n nuwe lied in my mond gelê, ‘n lofsang vir ons God.” (Ps. 40: 420)
Sondag 24 Mei 2026 : GEEN Kategese Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen. Pinksterfees & Nagmaal. Kleuterkerk in die konsistorie
Sondag 24 Mei om 15:00 Gesamentlike Pinkster Afsluiting AGS Kerk Groot-Brakrivier
Woensdag 20 Mei 2026 16:00 Blokbyeenkoms Blok 23 (Groenkloof Reebok) & Blok 24 (Reebok Village) by Groenkloof Reebok se eetsaal..
Woensdag 20 Mei 2026 Kooroefening by die orrel om 16:45
Donderdag 28 Mei 2026 14:00-19:00 : Bloedskenk
Saterdag 30 Mei 2026 08:30 – Ontbyt: ‘n Seisoen van konflik, ‘n seisoen van geleenthede
Sondag 31 Mei 2026 : Erediens & Kategese om 09:00 – Geen Kinderkerk
Sondag 31 Mei 2026: 17:00 LEEFkerk
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 17-21 Mei 2026
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

Gelei deur ds Leon Cronje
AGS Kerk Groot-Brakrivier
U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Daar sal verskeie kore en ander items wees om die program vol te maak.
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die AGS Kerk.
Zimbabwe, Malawi en Mosambiek
Die Sinode van Wes-Kaapland is al vir baie jare betrokke by die bediening van die evangelie in verskeie lande in Afrika. Hierdie werk het daartoe gelei dat selfstandige Gereformeerde susterkerke in Zimbabwe, Malawi en Mosambiek tot stand gekom het – kerke waarmee ons steeds in noue vennootskap saamwerk.
Malawi
Die NG Kerk se sendingwerk het reeds in die laat 1800’s in Malawi begin en het gelei tot die ontstaan van die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP). Vandag is dit ’n groeiende kerk met ’n wesenlike invloed in gemeenskappe – nie net geestelik nie, maar ook deur onderwys, gesondheidsorg en gemeenskapsontwikkeling. Die Wes-Kaap Sinode ondersteun hierdie werk deur verhoudings, besoeke, bystand ten opsigte van teologiese opleiding en samewerking in bedieninge van die CCAP Nkhoma Sinode.
Zimbabwe
In Zimbabwe het die NG Kerk se sendingwerk gelei tot die vestiging van die Reformed Church in Zimbabwe (RCZ), asook die CCAP Harare Sinode. Hierdie sinodes funksioneer vandag selfstandig, maar bly deel van ’n familie van kerke wat mekaar ondersteun in getuienis, opleiding en sinodale projekte.
Mosambiek
In Mosambiek het sendingwerk gelei tot die vestiging van die Igreja Reformada em Moçambique (IRM). Die NG Kerk se betrokkenheid fokus vandag op ondersteuning deur vennootskappe, praktiese hulp aan die sinode, ondersteuning ten opsigte van mobiele klinieke en reaksie op noodsituasies (soos ramphulp ná siklone).
Hoekom neem ons kollekte op?
Die kollekte wat opgeneem word, ondersteun hierdie voortgaande vennootskappe. Dit help om:



Fred, Joice, Henry-James & Anchè Stephens van Bloemfontein: Blok 11 (Sandhoogtepad)
Baie welkom by ons gemeente.

Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Die nuwe blokindeling is weer beskikbaar in die voorportaal indien u nog nie weet in watter blok u val nie.
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor. 3:17 Afr20).
Soos God belowe het, het Hy die Heilige Gees gestuur as Helper, Raadsman en Trooster van gelowiges. FEBA se bediening sou nutteloos wees sonder die Heilige Gees se werk, wat mense in staat stel om die evangelie te hoor en te verstaan.
Ons gebed vir die week: Prys God dat Hy die Gees van waarheid gegee het om ons te help bid. Bid dat Hy in luisteraars se harte sal werk waar hulle ookal vandag ’n FEBA-uitsending hoor en hulle sal aanspoor om oor te gee aan Christus.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Liewe Vriend
Vandag wil God jou aanspoor om ’n bron van lewe vir ander mense te wees — Hier is God se Boodskap.
Teks: ‘n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad.” (Spr. 18:4 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my woorde kan gebruik om ander op te bou. Laat ek so leef.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Handelinge
Tema: GEESvorming!
Reeks: Veni, Creator Spiritus – Kom, Skepper Gees!
Datum: 21 Mei 2026 18:00
Liewe Vriend
Vandag wil God jou help om bewuste keuses te maak oor wat jy in jou hart toelaat — Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Teks: ‘n Mens wat die Here verag, luister graag na praatjies oor seks, geweld en moord. Hy kan nooit genoeg daarvan kry nie…” (Spr. 17:4 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my help om suiwer te dink — help my om vandag bewuste keuses te maak oor wat ek in my hart en gedagtes inlaat.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Handelinge
Tema: GEESleiding!
Reeks: Veni, Creator Spiritus – Kom, Skepper Gees!
Datum: 20 Mei 2026 18:00
Liewe Vriend
Vandag wil God jou aanmoedig om so te leef dat Hy trots op jou is — Hier is God se Boodskap.
Teks: “As die Here iemand liefhet, sal sy (of haar) vyande dit raaksien. Hulle sal op goeie voet met hom (of haar) wil wees.” (Spr. 16:7 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my lewe kan verander sodat selfs my vyande dit raaksien — help my om vandag naby aan U te leef en U Naam te eer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Handelinge
Tema: GEESkrag!
Reeks: Veni, Creator Spiritus – Kom, Skepper Gees!
Datum: 19 Mei 2026 18:00
Liewe Vriend
Vandag nooi God jou om saam met Hom vir sukses te beplan — Dink vandag na oor God se boodskap.
Teks: “Sonder goeie beplanning loop alle planne skeef. Goeie raad verseker sukses. ‘n Goeie antwoord is waardevol. Dit kan iemand help om die regte besluite te neem.” (Spr. 15:22 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my wil lei en raad gee — help my om vandag wys te beplan en altyd eers U leiding te soek.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
The Grade 5’s wrote their national mock exam last week. We have not received the final results yet. This year we have five children from Lovako School in Russian Bay who will write the final exams. They arrived from Russian Bay a week or so before the exams and will stay until the end of the school year. Antonin, the Grade 5 teacher, works very closely with them. For the first time there is also a student from Andranompitily, the nearest village from Ampamata, where the school is located. You will remember that Andranompitily has been hostile against the school in the early years. Our very first visit, some years ago with some of the Rangers when we had a camp there, was dramatic. When we arrived in the village, all the inhabitants had fled into the bush and we were left standing surrounded by the symbols of their witchcraft practices. It took us almost three hours to walk there and after some time of prayer, we simply had to walk straight back. Since then some parents had brought their children in secret to attend the school and now we have a regular flow of children from that village. They stay in Ampamata during the week, walk back to Andranompitily on Friday afternoons and return on Sunday afternoon to be ready for school on Monday. Please pray for Noelin, Melisa, Daniela, Freda and Emerancienne during their stay on the island. They are also part of Royal Rangers on Wednesday afternoons and we trust God to continue to work in their hearts. Emerancienne, the girl with the red dress in the picture, is the student from Andranompitily.
Thank you for praying for Jan, Dries’s brother. He underwent an operation and spent a week in ICU. We are not sure how long he will be in hospital for, but we are thankful for the improvement in his condition.
I am off to the boat for some more painting jobs this week. Have a blessed week.
E-posadres: lynettedj@gmail.com
Bank: ABSA, Lynette de Jager,
Rekeningnr: 1410142909,
Takkode: 632005

Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Handelinge
Tema: GEESbeheer!
Reeks: Veni, Creator Spiritus – Kom, Skepper Gees!
Datum: 18 Mei 2026 18:00
Liewe Vriend
Vandag wil God jou oë oopmaak vir die rykdom wat jy al het — Hier Sy Woord.
Teks: ʼn Gelowige se rykdom is sy gesin…” (Spr. 15:6a – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie vir die rykdom van my gesin — help my om vandag te belê in die verhoudings wat U aan my gegee het.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Handelinge
Tema: GEESbewus!
Reeks: Veni, Creator Spiritus – Kom, Skepper Gees!
Datum: 17 Mei 2026 18:00
Liewe Vriend
Vandag wil God jou herinner dat jou “woord” jou mooiste eienskap kan wees. Oordink vandag God se Woord.
Teks: “n Betroubare mens se woorde kan jy glo. Glibberige mense blaker leuens uit.” (Spr. 14:5 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U getrou en eerlik is in alles — help my om vandag ’n mens van my woord te wees en U eer daardeur te bring.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend
Vandag wil God jou uitdaag om met ’n oop “oor” deur die dag te gaan — Hier is God Woord net vir jou vir vandag.
Teks: “Gelowiges luister graag na ander en neem hulle standpunte in ag.” (Spr. 13:10b – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my deur ander mense ook leer — help my om vandag met ’n oop hart te luister en te groei.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Johannes 17: 1-11
Tema: Vaderhart!
Datum: 17 Mei 2026
“…Nee, laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus”
(Ef. 5: 18-1920)
Vervulling met die Heilige Gees
Ons het as mense ‘n behoefte om deur die Heilige Gees vervul te word. As gelowige Christene weet ons dat die leiding van die Heilige Gees noodsaaklik is vir ons voortbestaan. Larry Christenson stel dit so goed: ‘Dit is die verskil tussen leef in die Gees en leef in die vlees. In die vlees kan ons sekere dinge aanleer en vaardig word daarin. In die Gees is ons enigste vaardigheid egter die vermoë om die Gees te kan hoor en sy leiding te volg’.
Hoe kry ons dit reg? Duidelik nie uit ons eie krag nie. Ons kan net ons afhanklikheid van God se genadegawe besef en bid dat ons deur die Heilige Gees vervul word. Om tot hierdie besef te kom moet ons leeg word van ons eie ek! Ons moet ons swakhede besef en in nederigheid en opregtheid voor God neerbuig.
Die besef dat ons verlos is deur Jesus Christus help ons op die pad na vervuling deur die Heilige Gees. Dit is juis die Heilige Gees wat ons dring om tot hierdie besef te kom. Hy lei ons na volkome oorgawe.
Teksverse:
“As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Luk. 11: 1320);
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” (Hand. 1: 820);
“Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.”” (Hand. 2: 3820);
“”En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.” (Hand 4: 29-3120)
Beheer deur die Heilige Gees?
Dit is wanneer ons toelaat dat die Heilige Gees ons suiwer. Wanneer ons in gebed vra dat die Heilige Gees al meer en meer beheer van ons lewe oorneem, dis dan dat God ons sal gee waarom ons vra. Dit is soms so moeilik om net oor te gee, maar die genade gawes wat saam met so ‘n oorgawe gaan, is kosbaar. Dis dan dat ons as gelowiges kan voortgaan, soms in baie moeilike omstandighede.
Wanneer ons ons harte volkome oorgee en toelaat dat die Heilige Gees beheer neem, dis wanneer ons nie eers hoef te wonder wanneer en wat om te sê in moeilike omstandighede nie. Die Heilige Gees gee die gedagtes, woorde en dade vir ons. Selfs wanneer ons die Woord nie altyd verstaan nie, lê die Heilige Gees vir ons die Waarheid oop, sodat ons kan verstaan.
Teksverse:
“Wanneer hulle julle gryp om julle oor te lewer, moet julle julle nie vooruit bekommer oor wat julle sal sê nie, maar julle moet praat soos dit op daardie oomblik aan julle gegee sal word, want dit is nie julle wat praat nie, maar die Heilige Gees.” Mark. 13: 1120);
“Daarop gee Johannes aan hulle die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop.’” (Luk. 3: 1620);
“…en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.” (Joh. 14: 2620);
“As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.” (Rom. 8: 13-1420)
Kan ek sekerheid hê?
Kan ek sekerheid hê dat ek met die Heilige Gees vervul is? Jesus Christus, en geloof in Hom en sy verlossingsdaad, is wat my sekerheid kan gee!
Ons word egter tog gemaan om nugter en verstandelik wakker te wees vir enige aanslae om ons weg te ruk van God af. Ons moet heilig wees; dus afgesonder vir God. Ons moet in alles wat ons doen, dink en sê altyd bedag wees of dit tot verheerliking van God sal lei. Dis soms so moelik vir ons as mens, omdat ons dikwels nadenkend dinge sê en doen.
Ons moet ook bedag daarop wees om nie in geestelike hoogmoed ander wat nog nie geestelik volwasse is, te veroordeel nie. Ons kan eerder in afsondering bid vir enigiemand en van God vra dat so ‘n persoon ook in alle opsigte tot die regte insig sal bring. Ons moet mekaar se verskillende stadiums in geestelike groei, in liefde en begrip aanvaar, en vir mekaar ondersteun waar ons kan, onder die leiding van die Heilige Gees.
Teksverse:
“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.” (Joh. 15: 520);
“Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus.” (1 Pet. 1: 1320);
“Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” (1 Pet. 1: 15-1620);
“Broers, ek verbeel my nie dat ek alles het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus. Ons almal wat geestelik volwasse is, moet hierdie gesindheid hê. En as julle in enige opsig anders daaroor dink – God sal ook hierin aan julle die regte insig gee.” (Fil. 3: 13-1520)
Strome lewende Water
Die strome van lewende water wat reeds in Jesaja beskryf word, kry ons van Jesus Christus. Dis alleen deur tot geloof in God, die Vader en die Seun, Jesus Chrustes, wat vir ons verlossing verseker het, dat ons strome van lewende water uit ons binneste kan laat vloei.
Dit is wat die Heilige Gees in ons lewens inbring as genadegawe van God. Laat elkeen van ons in aanbidding vra vir die bystand van die Heilige Gees. Soos Dwight L. Moody die so mooi stel: ‘As ‘n mens sonder die Heilige Gees ‘n Christelike lewe probeer lei, kan jy net sowel sonder ore probeer hoor of sonder longe probeer asemhaal. Dit is onmoontlik.’
Teksverse:
“Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome van lewende water sal uiit sy binneste vloei.” Hiermee het Hy na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang….” (Joh. 7: 37-3920);
“Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.” (Jes. 58: 1120);