Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 29 Junie 2026 – Staan op vir wat reg is..

29 Junie

Vandag nooi God jou om nie stil te bly waar onreg gebeur nie. Hier is God se boodskap net vir jou vir vandag.

Tema: Staan op vir wat reg is.

Teks: “Moenie net toekyk hoe mense onregverdig behandel word nie. Doen iets. Moenie toelaat dat hulle lewe verwoes word nie. Stop dit!” (Spr. 24:11 – Die Boodskap)

  • Help die armes en die magteloses; staan op vir dié wat verdruk en benadeel word. (Ps. 82:3)
  • Om stil te bly wanneer iemand onregverdig behandel word, is om onreg toe te laat — God roep jou om iets daaraan te doen.
  • Jy hoef nie die hele wêreld te verander nie; selfs een woord of een daad ten goede kan iemand se lewe verander.
  • Vra die Here vandag vir moed om op te staan vir wat reg is, ook wanneer dit makliker sou wees om weg te kyk.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U ’n God van geregtigheid is. Gee my die moed om op te staan vir dié wat nie vir hulleself kan praat nie.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.