Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 01 Julie 2026 – ’n Nuwe begin om aan te gryp.

Julie — Josua en Rigters

1 Julie

Ek dink vandag aan jou en bid dat hierdie nuwe jaar vir jou ’n vars, nuwe begin sal wees. Neem hierdie Woord van God vandag met jou saam.

Tema: ’n Nuwe begin om aan te gryp

Teks: “… ons sal gaan waar U ons ook al stuur.” (Jos. 1:16)

  • Vra die Here elke môre om vir jou die pad te wys wat jy moet loop — Hy is getrou en Hy sal jou lei. (Ps. 143:8)
  • God ken jou lewe deur en deur — Hy weet presies waar jy nou staan en wat voorlê.
  • Hy stuur ook mense oor jou pad om jou te help, en Hy wil jou gebruik om ander te help waar hulle dit nodig het.
  • Sê vandag vir Hom: “Ek sal gaan waar U my stuur.” Jy hoef nie die hele pad vooruit te sien nie — neem net die volgende tree in geloof.

Gebed

Liewe Vader, dankie vir al die seëninge wat U vir my gee. Lei my hierdie jaar net waar U wil hê ek moet wees. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.