Julie — Josua en Rigters
4 Julie
Vandag wil ek jou herinner aan al die kere wat God jou reeds deurgedra het. Ontvang vandag Sy spesiale Woord vir jou.
Tema: Hou moed
Teks: “… daarom is hierdie klippe … ’n blywende herinnering daaraan.” (Jos. 4:7)
- Die Here hét al groot dinge vir jou gedoen — dink daaraan, onthou dit en wees bly. (Ps. 126:3)
- Jou geloofslewe is nie net ’n fotoalbum of ’n versameling herinneringe van lank gelede nie.
- Wat God in die verlede vir jou gedoen het, kan en sal Hy weer doen.
Hou moed en moenie twyfel nie — dieselfde Here wat jou tot hier gehelp het, sal jou ook verder dra.
Gebed
Liewe Vader, laat my lewe ’n lewende getuienis van U almag wees.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


