Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Junie 2026 – Vergewe dié wat jou seergemaak het.

27 Junie

Vandag wil God jou hart vrymaak deur jou te leer om te vergewe. Hier is die Bybel se riglyn vir jou lewe vandag.

Tema: Vergewe dié wat jou seergemaak het.

Teks: “Iemand wat sy humeur in toom hou, is slim. Wie dié vergewe wat hom beledig, word deur almal gerespekteer.” (Spr. 19:11 – Die Boodskap)

  • So ver as wat die ooste van die weste af is, so ver verwyder God jou sonde van jou af. (Ps. 103:12)
  • Om te vergewe beteken nie dat wat gebeur het reg was nie — dit beteken jy kies om die bitterheid los te laat.
  • Wanneer jy aan iemand wrok hou, dra jy self die swaarste las; vergifnis maak juis jou eie hart weer lig.
  • Dink vandag aan hoeveel God jou al vergewe het, en vra Hom om jou te help om dieselfde vir ander te doen.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my altyd weer vergewe. Help my om vandag los te laat en die mense te vergewe wat my seergemaak het.

In die Naam van Jesus Christus, ons Here.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.