Stof tot nadenke: Afgesonder vir God

Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, eens en vir altyd.

Heb. 10: 1020

Heilig en afgesonder?

Wanneer mens ‘n gelowige Christen is, het jy sekerlik al iewers in jou lewe beleef hoe iemand met nydigheid sê: “O, jy dink jy is so heillig!” Dan krimp mens soms ineen van die seer. Ons wil almal so graag aanvaarbeer wees vir die mense in ons nabyheid. Mense waarmee jy graag vriende wil wees. Aardse mense wat dink dis reg om almal om hulle se foute uit te wys.

Lees meer “Stof tot nadenke: Afgesonder vir God”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Januarie 2026

Dagstukkies April

24 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag tevrede wees met wat genoeg is! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Geniet die lewe met wat jy het

Teks vir vandag: “Moenie jou vir geld afsloof nie. Wees slim genoeg om te weet wanneer jy genoeg het.” Spr. 23:4 (Die Boodskap)

  • God wil hê jy moet werk en vooruitgaan.
  • Hy wil egter nie hê dat jy jou gesondheid, sin vir goeie waardes en goeie verhoudings ter wille van geld en aansien prysgee nie.
  • Die jaag na rykdom, eer en aansien kan jou verblind en jou van die werklike belangrike dinge in die lewe laat wegdryf.
  • Tevredenheid is ‘n vrug van die Heilige Gees (Gal 5:22). Dank eerder vir God die Vader vir al die dinge wat jy het (Eks 20:17 – 10de gebod; Ef. 5:20; Kol. 3:16).
  • Toets vandag jou prioriteite en maak seker dat geld, rykdom en besittings nie onder die boonstes tel nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag wysheid te hê om te weet wanneer genoeg, genoeg is en om nie my lewe vir geld weg te gooi nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 5+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 25 Januarie 2026 : Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen
Dinsdag 27 Januarie 2026 10:00 : Lofdans
Dinsdag 27 Januarie 2026 08:00 tot 09:00: Rek en strek Oefeninge
Woensdag 28 Januarie 2026 : Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida 
Woensdag 28 Januarie 2026 Wolwedans Boodskap Sop en Brood
Donderdag 29 Januarie 2026 : Bloedskenk geleentheid in die kerksaal vanaf 14:00-19:00
Sondag 1 Februarie 2026 : Erediens om 09:00
Woensdag 4 Februarie 2026 10:00: Klub 50

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 25 Januarie 2026- 1 Februarie 2026

Afkondigings 25 Januarie 2026 – 1 Februarie 2026

Afkondigings NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 25 Januarie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 1:10-18.
  • Die tema van die prediking is: Boodskap van die Kruis.
  • Voorstelling van Kerkraadslede:
  • Blokleiers: 
    • Heidi Erasmus                    Blok 02 (Voorbrug)
    • Pieter van der Merwe       Blok 04 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
    • Koos van Zyl                       Blok 10 (Bergsig-Bo)
    • Whitey van der Merwe    Blok 13 (Suiderkruis)
    • Koos van der Merwe        Blok 14 & 15 (Die Eiland & Dolphin Creek)
    • Johan Spies                         Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte)
Lees meer “Afkondigings 25 Januarie 2026 – 1 Februarie 2026”

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Januarie 2026

Dagstukkies April

23 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag jou integriteit bo rykdom stel! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Beskerm jou reputasie

Teks vir vandag: ‘n Goeie naam is beter as geld. Ander se liefde is kosbaarder as groot rykdom.” Spr. 22:1 (Die Boodskap). Lees ook Prediker 7:1

  • Jou karakter en reputasie is iets wat jy daagliks bou deur klein keuses, integriteit en konsekwente optrede.
  • Geld kan verlore gaan, maar ‘n goeie naam bly voortgaan selfs daar wanneer jy nie meer leef nie – na jou dood.
  • Selfs na jou dood onthou die nageslag jou voorbeeld en tipe reputasie.
  • Mense se vertroue en respek verdien jy nie met geld nie, maar met integriteit, eerlikheid, vriendelikheid, liefde en hardwerkendheid.
  • Maak vandag besluite wat jou goeie naam sal beskerm en jou getuienis sal versterk.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag my integriteit te beskerm en ‘n goeie naam op te bou deur reg te leef.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Januarie 2026

Dagstukkies April

22 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag jou planne aan God se wil onderwerp! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God bepaal die uitkoms

Teks vir vandag: ‘n Groot leier dink baie oor dinge, maar die Here rig sy denke. Hy beplan, maar God besluit wat sal gebeur.” Spr. 21:1 (Die Boodskap) – lees ook Spreuke 16:1, 9; 19:21

  • Jou leierskap, visioenêre sienings, strategiese beplanning en intelligensie is goeie gawes van God, maar moet altyd onder Sy leiding funksioneer.
  • God kan jou gedagtes en planne rig as jy Hom toelaat om in beheer te wees.
  • Wees bereid om jou planne te verander as God jou in ‘n ander rigting lei.
  • Begin elke dag deur God te vra om jou denke en besluite te lei.
  • Stap agter die Here aan. Volg Hom. Hy kan die onmoontlike moontlik maak!

Gebed

Liewe Vader, rig vandag my denke en planne sodat alles wat ek doen in lyn is met U volmaakte wil vir my lewe.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Januarie 2026

Dagstukkies April

21 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag selfbeheersing oefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: “Afhanklikheid” vernietig jou en ander mense

Teks vir vandag: “Te veel wyn laat jou nonsens praat. Sterk drank maak jou rumoerig. Dit is slim van jou om nie dronk te word nie.” Spr. 20:1 (Die Boodskap)

  • Alkohol en verslawende middels verswak jou vermoë om goeie besluite te neem.
  • Dit sal ook jou verhoudings en werk seermaak en groot skade aan doen.
  • God het jou geroep om jou liggaam en gedrag te beheer.
  • Baie mense het hulle getuienis, werk, verhoudinge en geleenthede verloor omdat hulle beheer aan verslawing afgestaan het.
  • Uiteindelik sterf jy weens jou gebrek aan dissipline en selfbeheer (Spr. 5:23).
  • Kies om altyd in beheer van jouself te bly.
  • Staan sterk en wees deur jou keuses en gedrag in beheer van jou lewe!

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag wysheid te hê in hoe ek met alkohol omgaan en om altyd in beheer van myself te bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Januarie 2026

Dagstukkies April

20 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag die ware rykdom van God se wysheid waardeer! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Ware rykdom lê in jou verhouding met die Here

Teks vir vandag: “Eerder ‘n arme wat die Here ken, as ‘n ryke sonder enige wysheid. Hy sê en doen die domste dinge.” Spr. 19:1 (Die Boodskap)

  • Jou verhouding met God is jou grootste bate – geen bedrag geld of eiendom kan dit ooit vervang nie.
  • Rykdom sonder wysheid lei tot slegte besluite wat alles verlore kan laat gaan.
  • God se wysheid lei jou na besluite wat jou lewe verryk, ongeag jou finansiële situasie.
  • Wees vandag dankbaar vir jou persoonlike verhouding met God en bid vir Sy wysheid in alles wat jy doen.

Gebed

Liewe Vader, leer my om die verhouding met U te koester as my grootste skat en om U wysheid bo materiële rykdom te stel.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Januarie 2026

Dagstukkies April

19 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag vir ander leef en nie net vir jouself nie! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Selfsug vernietig jou verhoudinge

Teks vir vandag: ‘n Selfsugtige mens wat net vir homself leef, soek altyd na ‘n rede om die rug vir sy mense te draai.” Spr. 18:1 (Die Boodskap)

  • Selfsug verblind jou en maak dat jy net jou eie behoeftes en begeertes kan sien.
  • God het ons gemaak om saam met ander mense te leef – ons is sosiale mense. Isolasie is gevaarlik vir jou geestelike groei.
  • Wanneer jy net vir jouself leef, mis jy die geluk van ware verhoudings en saamwees met ander mense.
  • Maak vandag ‘n doelbewuste keuse om aan iemand anders te dink en iets vir hulle te doen.
  • Leef sag teenoor ander mense. Maak jou hart oop vir mense. Geniet so God se liefde, vrede en geluk!

Gebed

Liewe Vader, breek vandag die selfsug in my lewe en help my om opreg vir ander om te gee en diensbaar te wees.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Goed en sleg

Maar vaste kos is vir volwassenes, vir hulle wat oor die aanvoeling beskik, deur gewoonte geoefen, om te kan onderskei tussen goed en kwaad.

Heb. 5: 1420

Hoe hanteer ons goed en sleg?

Almal van ons het al goed en sleg beleef. Sommiges het baie goeie dinge beleef en ander het ‘n oormaat slegte dinge beleef. Hoe hanteer ons hierdie dinge wat oor ons pad kom? Hoe leef ons saam met wat al met ons gebeur het, hetsy of dit goed, of sleg was? Hoeveel keer was elkeen van ons die rede vir goeie of slegte dinge wat met ander gebeur het? Wanneer dit met ons goed gaan dink ons dikwels dit is ons eie verdienste. Wanneer dit sleg gaan soek ons altyd iemand anders om te beskuldig, en so dikwels word die beskuldigde vinger na God gewys! Hoe dwaas kan ons as mens tog wees?

Wat gee ons insig oor goed en sleg?

Die Woord gee ons duidelike aanduidings. Wanneer ons God aanvaar as ons Leidsman en Vader, en die Verlossing deur Jesus Christus ons eie maak, dan leer die Heilige Gees ons wat reg en goed of wat sleg en kwaad is in hierdie lewe. Dis wanneer ons harte afwyk dat ons tot niet sal gaan en ons oorgee aan die kwaad.

Die aanhaling van Aleksander Solzjenitsin: ‘Geleidelik het dit tot my deurgedring dat die grense wat goed en kwaad van mekaar skei nie deur lande loop of deur klasse nie – ook nie deur politieke partye nie – maar regdeur die menslike hart; deur alle menseharte.’, beskryf dit goed. Dit is dus binne in ons, wat ons toelaat dat daar goed en sleg om ons plaasvind. Ons moet vas glo in die Drie-enige God, want dan sal ons nie beskaamd staan nie. Dan sal ons onderskeid kan maak tussen goed en kwaad soos in Hebreërs genoem word.

Teksverse:

Kyk, vandag hou ek aan jou die lewe en wat goed is, die dood en wat sleg is, voor. Wat ek jou vandag beveel, is om die Here jou God lief te hê, deur sy paaie te volg en sy gebooie, sy vaste voorskrifte en sy beslissings na te kom; dan sal jy leef en vermeerder, en sal die Here jou God jou seën in die land waarheen jy oppad is om dit in besit te neem. Maar as jou hart afwyk en jy nie luister nie, jou laat verlei en in aanbidding buig voor ander gode en hulle dien, dan maak ek vandag aan julle bekend dat julle beslis tot niet sal gaan.” (Deut. 30: 15-1820);
Die Skrif sê tog: “Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. ” (Rom. 10: 1120)

Oorwinning

Laat ons die oorwinning behaal deur die goeie in dankbaarheid te aanvaar. Maar ons moet ook besef dat die slegte wat tot teleurstelling in alles om ons lei, ons kan sterk maak deurdat ons as Christene ‘n vaste fondament het, en ons vrede kan maak met dit wat vir ons teëspoed gebring het in hierdie lewe. Die aanhaling van John C Maxwell: ‘Sommige van die lewe se grootste deugde, soos geloof, geduld, volharding en hoop kom net met teleurstellings’ en die aanhaling van Seneca: ‘Geen teëspoed kan só erg wees dat die hart wat God ken, nie uiteindelik daarmee vrede kan maak nie.’ kan as aansporing dien om ons te laat besef dat ons nie alleen deur hierdie goeie en slegte omwentelinge stap nie.

Teksverse:

Elkeen wat na My toe kom en my woorde hoor en daarvolgens handel – Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is: Hy is soos ‘n man wat besig was om ‘n huis te bou. Hy het gespit en diep gegrawe, en die fondament op die rots gelê. Toe daar ‘n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit die huis nie laat ineenstort nie, omdat dit goed gebou was.” (Luk. 6: 47-4820)

Kragbron tydens goeie en slegte

Ons kan leef in die besef dat God ons kragbron is te alle tye, of dit nou goeie is of slegte ervarings. Laat ons nie vergeet waar ons krag vandaan kom nie, en laat ons geen struikelblok vir enigiemand anders wees nie, selfs nie ons vyande nie! Laat ons nie moeg word om goed te doen aan almal wat ons pad kruis nie! Laat ons aanhou om die wedloop te hardloop, sodat ons die oorwinning deur die genade van die Verlossing deur Jesus Christus as prys kan behaal.

Teksverse:

Laat hulle wat op U wag nie deur my toedoen beskaamd staan nie, HERE my Heer, Heerser oor alle magte. Laat hulle wat U soek nie deur my toedoen verneder word nie, o God van Israel.” (Ps. 69: 720);
Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan diegene wat julle haat.” (Luk. 6: 2720);
Julle het goed gehardloop. Wie het julle verhinder om aan die waarheid gehoorsaam te bly?” (Gal. 5: 720);
“Maar julle, broers, julle moenie moeg word om goed te doen nie.” (2 Thes. 3: 1320)

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Januarie 2026

Dagstukkies April

18 Januarie

Liewe …

Mag jy vandag tevrede wees met wat jy het! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Kies eerste vir vrede en geluk in jou lewe

Teks vir vandag: “Eerder met min klaarkom en gelukkig wees, as om oorvloed te hê en heeltyd te baklei.” Spr. 17:1 (Die Boodskap)

  • Ware rykdom word nie gemeet in wat jy het nie, maar in die vrede en liefde wat in jou huis en plek heers.
  • God maak ‘n huis en plek gelukkig waar daar eenheid en vrede is, – al is daar min materiële besittings.
  • Moenie deur jou gejaag na meer geld, status en aansien jou verhoudinge met mense, veral jou gesin en familie, laat skade kry nie.
  • Wees vandag dankbaar vir wat jy het. Werk daaraan om vrede in jou plek te bevorder.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag tevrede te wees met wat ek het en om vrede en harmonie in my huis en plek te koester.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 4+ van 2026

Nuusflitse NG Kerk Groot-Brakrivier

18 Januarie 2026: Ontvangs en Bevestiging 09:00 Ds. Leon Cronje
Dinsdag 20 Januarie 2026: Rek en strek oefEninge vir seniors
Woensdag 21 Januarie 2026 : Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok 1
Sondag 25 Januarie 2026 : Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen
28 Januarie 2026: Kooroefening
28 Januarie 2026 Wolwedans Boodskap Sop en Brood

Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 18-25 Januarie 2026

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Januarie 2026

Dagstukkies April

17 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag jou planne aan God toevertrou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Beplan in geloof

Teks vir vandag: ‘n Mens maak baie planne, maar die Here besluit of dit suksesvol sal wees of nie… Elke mens beplan sy lewe, maar alles hang van die Here af.” Spr. 16:1, 9 (Die Boodskap) lees ook Spreuke 19:21; 21:1

  • Dit is reg om te beplan en jou beste doen, maar bly afhanklik van God vir die finale uitkoms.
  • Jou planne moet altyd onderworpe wees aan God se wil – Hy sien die groter prentjie.
  • Wanneer dinge nie loop soos jy beplan het nie, vertrou dat God besig is met iets beters. Wag dan eers.
  • Begin vandag deur jou planne in gebed aan God voor te lê en Sy leiding te vra. Stap agter Hom aan. Doen Sy wil.
  • Moet jou nie aan mense steur nie. God bepaal wat gebeur. Wees rustig, tevrede en gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, ek lê vandag al my planne in U hande en vertrou dat U sal besluit wat die beste vir my is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Januarie 2026

Dagstukkies April

16 Januarie

Liewe vriend

Mag jy vandag selfbeheersing oefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Selfbeheersing getuig van innerlike krag

Teks vir vandag: ‘n Sagte antwoord laat die woede bedaar. Skerp woorde maak mense woedend. ‘n Gelowige se woorde getuig van kennis… Wie sy humeur kan beteuel, is sterker as die sterkste mens. Wie sy drange en emosies kan beheer, is magtiger as baie magtiges” Spr. 15:1; 16:32 (Die Boodskap)

  • Mense sal jou seermaak, ander kan jou by die werk onder druk plaas. Ja, spanning en konflik kan jou onwaardig laat optree.
  • Selfbeheersing is ‘n vrug van die Heilige Gees (Gal. 5:22) – vra Hom om jou vandag te help om kalm te bly.
  • ‘n Sagte antwoord het die krag om konflik te ontlont, vrede en rus te bring. Dit kan jou in beheer van die situasie plaas.
  • Beheer jou tong wanneer jy kwaad is, al is dit bitter moeilik om te doen (Jak 3:5-6).
  • Byt jou tong vas voordat jy praat as jy kwaad is. Dink eers en tel jou woorde.
  • Wees vandag doelbewus om rustig te reageer, al voel jy baie anders. Leef in vrede en wees gelukkig.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag die krag om myself te beheer en met sagtheid te reageer, selfs wanneer ander my provokeer.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.