Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 05 Julie 2026 – Die Here is by jou

Julie — Josua en Rigters

5 Julie

Mag jy vandag onthou dat jy nie alleen veg nie — die Here self veg vir jou. Ontvang hierdie boodskap en laat dit jou troos.

Tema: Die Here is by jou

Teks: “Nee,” sê die man, “ek is die aanvoerder van die leër van die Here. Daarom is ek hier.” (Jos. 5:14)

  • Die Here is by jou; daarom hoef jy nie bang te wees nie — niks wat ’n mens doen, kan jou van Hom wegneem nie. (Ps. 118:6)
  • Partykeer is jy moeg gesukkel en onseker oor wat om te doen.
  • Dan probeer jy met jou eie planne uit die probleem kom en met jou eie krag jou probleme oorwin — en raak jy net nóg moeër.
  • Onthou: ons God wat oorloë wen, wen ook jóú gevegte. Stap agter Hom aan en vertrou Hom.

Gebed

Liewe Vader, ek loof U omdat U elke geveg namens my oorwin.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.