28 Junie
Vandag wil God jou wys hoe na aan Sy hart die weerlose mense is. Kry nou die Bybel se sterk anker vir hierdie nuwe dag.
Tema: Beskerm die weerloses.
Teks: “Respekteer ander se eiendom. Moenie weerlose mense soos weeskinders uitbuit nie. Die Here is hulle helper. Hy sal vir hulle sorg.” (Spr. 23:10 – Die Boodskap)
- God self is ’n Vader vir die weeskinders en ’n beskermer van dié wat niemand het om hulle te help nie. Hy is jou Vader; daarom moet jy hulle ook beskerm en help. (Ps. 68:6)
- Die Here let mooi op hoe jy mense behandel wat hulleself nie kan beskerm nie; dit is vir Hom baie belangrik dat jy reg teenoor hulle optree.
- Om iemand uit te buit wat swakker is as jy, is nie net verkeerd teenoor daardie mens nie, maar ook teenoor God self.
- Soek vandag maniere om eerlik te wees, ander se besittings te respekteer en die swakkes te beskerm eerder as te benadeel.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U die Helper van die weerloses is. Help my om altyd eerlik, regverdig en beskermend teenoor ander te wees.
In die Naam van Jesus Christus, ons Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


