Julie — Josua en Rigters
9 Julie
My gebed vir jou vandag is ’n hart wat geduldig op die Here kan wag. Hier is die Woord van God vir vandag.
Tema: Wag eers, doen dan
Teks: “Die manne van die stad het haastig klaargemaak en hulle het Israel vroeg die môre tegemoet getrek vir die veldslag.” (Jos. 8:14)
- Stel jou hoop op die Here en wag rustig op wat Hy sê — Hy is die wag werd. (Ps. 130:5)
- God wil jou herstel en jou weer op die been bring.
- Hy doen dit wanneer jy stil raak en met wysheid na Sy Gees luister.
- Moenie haastig wees nie. Wag ’n oomblik, luister na Sy stem en doen dán wat Hy sê.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my altyd weer ’n nuwe kans gee.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


