Julie — Josua en Rigters
11 Julie
My gebed is dat jy hierdie jaar staande sal bly, wat ook al oor jou pad kom. Ontvang vandag hierdie troos uit God se Woord.
Tema: Jy sal die jaar staande kan bly
Teks: “Moenie vir hulle bang wees nie. Ek gee hulle in jou mag oor. Nie een van hulle is teen jou bestand nie.” (Jos. 10:8)
- Vir slegte nuus hoef jy nie bang te wees nie — jou hart kan rustig wees, want jy vertrou op die Here. (Ps. 112:7)
- Die Here belowe dat Hy jou geloofsplanne sal laat slaag, selfs deur wonderwerke.
- Soms is daar dinge wat jou wil afbreek — spanning, gesinsprobleme, finansiële druk, uitdagings by die werk, politieke onsekerheid, gesondheidsprobleme of seer in ’n verhouding, om maar net ’n paar te noem.
- Niks hiervan is te groot vir Hom nie. Die Almagtige God van wonderwerke gee oorwinning, sodat jy in vryheid kan leef.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat niks teen my kan standhou wanneer U aan my kant is nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


