Splitsekondes met God. Bybel dagstukkie vir vandag: 08 Julie 2026 – Skep weer moed

Julie — Josua en Rigters

8 Julie

As jou moed vandag dalk op ’n laagtepunt is, wil ek jou herinner: die Here is naby. Leef met die hoop en troos wat jy vandag uit Sy Woord ontvang.

Tema: Skep weer moed

Teks: “Die volk se moed is gebreek, en Josua … het tot die aand toe … voor die ark van die Here gelê …” (Jos. 7:5–6)

  • Die Here trek jou uit die put op en laat jou weer op vaste grond staan — jou voete kry weer vastigheid. (Ps. 40:2–3)
  • Wanneer jou moed gebreek is, is die Here daar om jou weer op te tel.
  • ’n Terugslag hoef nie die storie van jou lewe of jou identiteit te word nie.
  • God weet presies wat jy nou nodig het en Hy sal jou wys wat om te doen.
  • Soms kom die antwoord nie dadelik nie. Soms moet jy ’n bietjie wag. Dit sal kom. Weet dit. Glo Hom. Vertrou Hom. Leef in hoop.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek altyd by U leiding kan vind.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.