Prediker: Ds. Charné Viljoen
Skriflesing: Genesis 18: 1-15 & 21: 1-7
Tema: Alles Moontlik!
Datum: 14 Junie 2026
Skriflesing: Genesis 18: 1-15 & 21: 1-7
Tema: Alles Moontlik!
Datum: 14 Junie 2026
14 Junie
Liewe Vriend
Vandag wil God jou daaraan herinner dat Hy die Een is wat jou diepste drome laat waar word. Hier is die Bybel se spesiale belofte vir jou dag.
Teks: “Drome wat nie waar word nie, bring hartseer. ‘n Wens wat waar word, maak die lewe die moeite werd.” (Spr. 13:12 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U weet wat my hart begeer en dat U my drome oppas.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
“Of verag jy die rykdom van sy goedheid, verdraagsaamheid en geduld, en besef jy nie dat God se goedheid jou tot bekering wil bring nie.”
(Rom. 2: 420)
Wat is bekering?
Per definisie is bekering ‘die handeling van ‘n gesindheidsverandering. ‘n Totale omdraaiing of wegdraai van ‘n sondige lewe en verkeerde weë. Dis die omkeer na ‘n lewe in gehoorsaamheid in God. Dis ‘n daaglikse lewenswyse van vernuwing in denke en gedrag.’
Verskeie skrywers het ook sieninge oor bekering geuiter: Willie Jonker meen ‘bekering beteken dat ‘n mens in jou hart ‘n doelbewuste keuse vir God en sy wil en téén die kwaad en die sonde doen. Dit gaan om ‘n koersverandering van 180 grade.’ Dirkie Smit reken: ‘Die evangelie wil ons verbeelding vernuwe, ons maniere van kyk-na-mekaar, van droom-oor-wat-regtig-tel só radikaal vernader dat bekering eintlik die enigste woord is daarvoor.’ Benjamin Whichcote noem dat ‘Ons verkry nie toegang tot die hemel in die uur van ons dood nie, maar op die oomblik van bekering.’
Elkeen van ons kyk vanuit ‘n ander hoek na bekering, maar wat presies is bekering? Kan ons dit uit ons eie wil afdwing? Of is dit ‘n behoefte wat in ons hart deur God self geskep word?
Teksverse:
“Want so sê my Heer, die HERE, die Heilige van Israel: “In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag; maar julle weier.” (Jes. 30: 1520);
“Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie ‘n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.”” (Luk 5: 31-3220)
Stappe tot bekering
Dit blyk dat daar drie stappe is wat lei tot bekering.
Bekering beteken om weg te draai van sonde, en lei na weergeboorte.
Hierdie stappe is nie ‘n resep om te volg nie, maar die natuurlike verloop van die genade van God, die Vader, die bewusmaking van die Verlossing deur Jesus Christus, en die leiding van die Heilige Gees in ons lewens.
Ons kan dus nie bekering afdwing voor God nie. Ons kan net in ootmoed en in die bewuswording van die verkeerde dinge in ons lewe, voor God neerbuig en om vergifnis vra. Die Vader wil elkeen van ons as bekeerlinge in Sy koninkryk opneem – in Liefde. Jesus Christus het na hierdie wêreld gekom, nie om te veroordeel nie, maar om te verlos!
Teksverse:
“As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.” (1 Joh. 1: 920);
“Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie; maar wêreldse droefheid lei tot die dood.” (2 Kor. 7: 1020)
“Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.” (Fil. 1: 2720);
“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. ” (Joh. 3: 16-1720);
“Daarop het Hy hulle vertand daarvoor geopen om die Skrifte te vertaan, en vir hulle gesê: “So staan daar geskryf dat die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en dat Sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word.” (Luk. 24: 45-4720)
Kan ons ‘n tweede keer tot bekering kom?
Volgens die brief aan die Hebreërs, het mense wat tot bekering gekom het en die vreugde van die Heilige Gees beleef het, en wat dan afvallig word, min genade in God se oë. Ons moet dus waak teen enige valse profete wat verdraaiings van die ware Verlossing verkondig. Ons moet vasstaan daarin om te groei in geloof, deur meer en meer bewus te word van die geheimenisse van God, wat in die Woord van God vasgevang is.
Dit is vir elkeen van ons moontlik om tot bekering te kom en verder te groei in geloof. Ons moet egter stil raak voor God en vir leiding en openbaring van die Woord vra. Dis dan dat ons die wapenrusting van God ontvang wat ons help in ons groei in ‘n vaste geloof.
Teksverse:
“Laat ons dan verder gaan as die eerste beginsels van die boodskap aangaande Christus, en voortgaan na volwassenheid, sonder om weer die fondament te lê van bekering van dooie werke, van geloof in God,… ” (Heb. 6: 120);
“Dit is immers onmoontlik om hulle wat eenmaal verlig is, wat die hemelse gawe gesmaak, en deel gekry het aan die Heilige Gees, en wat die goeie woord van God gesmaak het, en ook die kragte van die komende bedeling, en tog afvallig geword het, weer opnuut tot bekering te brin; aangesien hulle wat hulleself betref, die Seun van God opnuut gekruisig en openlik tot skande maak.” (Heb. 6: 4-620)
13 Junie
Liewe Vriend
Vandag wil God vir jou die wysheid gee om ‘n baie goeie voorbeeld vir ander mense te wees. Kry nou nuwe lewenswysheid reguit uit die Bybel.
Teks: “’n Mens word aan sy lewe gemeet. Slimheid word aan ‘n mooi manier van lewe gesien. Domkoppe weet nie hoe om reg te leef nie. Mense verag hulle.” (Spr. 12:8 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U vir my wys hoe om reg te lewe. Help my om vandag vir die wêreld ‘n baie mooi manier van lewe te wys.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
12 Junie
Liewe Vriend
Vandag wil God jou lewe vol maak met ‘n diep, goeie blydskap wat jou sommer gesonder sal maak. Kyk na wat die Bybel nou vir jou wys.
Teks: “Vreugde en geluk is goed vir jou gesondheid. Depressie kan jou knak.” (Spr. 17:22 – Die Boodskap)
Liewe Vader, help my om vandag die vreugde wat U vir my gee te kies.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
11 Junie
Liewe Vriend
Vandag wil God jou oppas teen alles wat jou kan seermaak. Hier wys die Bybel se lewende waarheid nou vir jou die regte pad.
Teks: ’n Gelowige se verhouding met die Here help hom om krisisse te oorleef.” (Spr. 11:6 – Die Boodskap)
Liewe Vader, help my om vandag net op U te vertrou.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Liewe Vriend
Vandag wil God jou daaraan herinner dat die pad wat jy vandag stap vir Hom baie belangrik is. Kry nou die Here se nuwe Woord vir jou lewe.
Teks: “Van ‘n gelowige kan goeie dinge gesê word. Lank na sy dood, word hy nog onthou. Sy woorde leef in mense se harte.” (Spr. 10:7 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat my lewe en my woorde vir U baie belangrik is.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Vandag wil God jou help om jou eie hart eerlik te toets — Die volgende saad word vandag aan jou gesaai. Gebruik dit goed.
Teks: “As jy reg optree, word jou lewe elke dag net lekkerder, jou lewensjare net gelukkiger.” (Spr. 9:11 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat reg optree die lewe ryker en gelukkiger maak — help my om vandag en elke dag bewustelik die pad van gehoorsaamheid aan U te kies.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Vandag wil God hê dat jy iets verstaan wat jou lewe werklik kan verander — Hier is God se Woord vir vandag.
Teks: “Die wysheid verskaf die regte raad, kennis en insig vir ‘n gelukkige lewe. Niemand kan sonder wysheid klaarkom nie. Konings gebruik dit om te regeer, staatspresidente maak goeie wette daarmee en regters sorg dat die regte besluite geneem word.” (Spr. 8:14-15 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U wysheid vrylik aan ons aanbied — help my om vandag in elke besluit eers by U raad te soek voor ek optree.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Liewe Vader, dankie dat U my wysheid en onderskeiding gee — help my om vandag die regte mense te herken en in U beskermende hande te bly.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Softly and Tenderly is die sielvolle Engelse eweknie van ons geliefde gelyknamige oproep- en uitnodigingslied, “Saggies en teer is die roepstem van Jesus.”
“Saggies en Teer,” wat oorspronklik bekend was as “Softly and Tenderly Jesus is Calling,” is ‘n klassieke uitnodigingslied uit die 19de eeu. Dit is geskryf deur Will Lamartine Thompson (1847-1909), ‘n komponis van gospel-, sekulêre en patriotiese liedere.
Omdat sy vroeëre liedere verwerp is, het Thompson sy eie musiekuitgewery gestig en “Saggies en Teer” is die eerste keer gepubliseer in ‘n versameling getiteld Sparkling Gems, Nos. 1 en 2. Dit het vinnig ‘n gewilde lied geword en is in baie kerkliedboeke opgeneem.
Thompson is geïnspireer om homself aan skryfwerk te wy terwyl hy ‘n byeenkoms van die gewilde evangelis Dwight L. Moody (1837-1899) bygewoon het. Toe Moody in die hospitaal sterwend was, het hy vir Thompson gesê: “Will, I would rather have written ‘Softly and Tenderly Jesus Is Calling’ than anything I have been able to do in my whole life”
In hierdie rou, tradisionele verwerking bring die bekende country-sanger, Alan Jackson, ‘n pragtige en eerbiedige vertolking wat die diep geestelike boodskap van genade, vergifnis en die uitnodiging om “huis toe te kom” herbevestig.
Softly and tenderly Jesus is calling,
Calling for you and for me.
See, on the portals, He’s waiting and watching;
Watching for you and for me.
Come home, come home,
Ye who are weary come home;
Earnestly, tenderly, Jesus is calling;
Calling, “O sinner, come home!”
O for the wonderful love He has promised,
Promised for you and for me.
Though we have sinned He has mercy and pardon;
Pardon for you and for me.
Come home, come home,
Ye who are weary come home;
Earnestly, tenderly, Jesus is calling;
Calling, “O sinner, come home!”
Come home, come home,
Ye who are weary come home;
Earnestly, tenderly, Jesus is calling;
Calling, “O sinner, come home!
Music video by Alan Jackson performing Softly And Tenderly. (C) 2017 ACR Records, LLC Under license to Spring House Productions, Inc.
“En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en ook Hom wat U gestuur het – Jesus Christus.”
(Joh. 17: 320)
Waarom ons moet vashou aan die Evangelie?
Die woorde van die evangelie van Jesus Christus is waarheid. Dit dra die verlossingsboodskap vir elkeen van ons. Daar is geen ander God wat die mensdom liefhet, tot so ‘n mate dat Hy ons as mense wou verlos van ons sonde dade, en om ons verhouding met Hom te herstel. Dit is God wat sy hand na ons toe uitgereik het!
Jesus Christus het vir ons elkeen wat in Hom glo, verlossing gebring. Dié evangelie wat deur die dissipels en apostels na die uitstorting van die Heilige Gees verkondig is. Dit is weer Koningkrykstyd, in die kerklike kalender, en dit vra dat elkeen van ons ons geloof in die evangelie moet verdiep.
Jesus Christus het die dissipels en apostels die evangelie wat God, die Vader, deur hulle verder wou versprei, geleer. Dit is hierdie waarheid waaraan ons moet vashou. Ons moet ook leer om ander mense deur die bril van ons eie verlossing te sien. Dit is in die wete dat ons hierdie genade van God ontvang het, wat ons sal dring om die evangelie van Jesus Christus verder uit te dra en uit te leef.
Teksverse:
“In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is. DIe Gees is die waarborg van ons erfenis, om ons los te koop as God se eiendom, tot lof van sy heerlikheid.” (Ef. 1: 13-1420);
“Want so lief het God die wêreld gehaddat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. ” (Joh. 3: 16-1720)
Hoe hou ons vas aan die Evangelie?
Hoe hou ons vas aan hierdie evangelie? Ons moet in meelewing met medegelowiges in eensgesindheid leef. Ons moet sterf aan onsself en in die nederige besef van ons eie swakhede, Jesus Christus en die Heilige Gees se oproep tot aktiewe betrokkenheid, navolg. Ons moet wegdraai van enigiets wat ons aandag aftrek van die enigste ware, en drie-enige God.
Ons moet in ooreenstemming leef met die evangelie, en voorbeeld van Jesus Christus, want daar is geen ander evangelie nie! Ons moet ook soos CS Lewis kan sê: ‘Ek glo in die evangelie van Jesus Christus net soos ek glo dat die son vanoggend opgekom het – nie omdat ek daarna kan kyk nie, maar omdat ek daardeur na alole ander dinge kan kyk.’ Ons ontwikkel die vermoë om ook die son oor ander te sien opkom en besef dat Jesus Christus ons kom dring het om die goeie nuus van die evangelie werklik te verstaan en te leef!
Laat ons vashou aan die enigste Skepper God. Hy wat alles wat ons het, as genadegawes vir ons gegee het, uit liefde.
Teksverse:
“Die geheimenisse is nie aan vorige geslagte onder die mensdom bekend gemaak, soos dit tans deur die Gees aan sy helige apostels en profete geopenbaar is nie, naamlik dat heidene deur die evangelie mede-erfgename, medelede van die liggaam en deelgenote aan die belofte in Christus Jesus is. Van dié evangelie het ek dienaar geword, ooreenkomstig die gawe van God se genade wat aan my betoon is volgens die werking van sy krag.” (Ef. 3: 5-720);
“…op grond van die hoop wat in die hemel op julle wag. Julle het al hiervan gehoor toe die woord van die waarheid, die evangelie, julle bereik het. Soos oral in die wêreld, het die evangelie, van die dag dat julle van God se genade gehoor en dit werklik verstaan het, ook onder julle begin vrug dra en groei.”(Kol. 1: 5-620);
“…Hoe julle omgedraai het na God, weg van die afgode, om die lewende en ware God te dien, en om sy Seun wat Hy uit die dode opgewek het, uit die hemel te bly verwag – Jesus, wat ons red uit die oordeel wat kom.” (1 Thes. 1: 9-1020);
“Nog net dit: Tree so op dat dit die evangelie van Christus waardig is, sodat, of ek kom en julle sien, of nie teenwoordig is nie, ek aangaande julle omstandighede mag hoor dat julle in één gees vasstaan, en een van hart en siel saam stry vir die geloof in die evangelie,…” (Fil. 1: 2720)
Sondag 7 Junie 2026 : Kleuterkerk, Kategese & Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
Sondag 7 Junie 2026 LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje
Dinsdag 9 Junie 2026 : 18:00 Blokbyeenkoms Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte), Blok 26 (Tergniet-Oos) & Blok 27 (Tergniet-Wes)
Woensdag 10 Junie 2026 Geen Blokbyeenkoms
Woensdag 10 Junie 2026 Kooroefening by die orrel om 16:45
Sondag 14 Junie 2026 11:00 Blokbyeenkoms van Blok 28 (Reebok Kusweg), Blok 29 (Reebok-Oos) & Blok 30 (Reebok-Wes tot Danabaai) in Kerksaal
Sondag 14 Junie 2026 : Erediens 09:00 – Geen Kinderkerk Geen Kategese nie
Sondag 14 Junie 2026: GEEN LEEFkerk nie
Lees die volledige afkondigings hier: Afkondigings 7-14 Junie2026
Dit met leedwese dat ons kennis neem van die heengaan van Elsie Potgieter. Ons innige meegevoel aan haar familie en vriende. Ons dink aan julle in hierdie moeilike tyd.
Baie geluk aan al ons verjaarsdag maats

NEEM KENNIS:
Innovasie vir die Blindes (voorheen Instituut vir die Blindes), geleë in die sorghoofstad van Suid-Afrika, Worcester, is ’n nie-winsgewende organisasie wat sedert 1881 voorsiening maak vir die inklusiewe, gespesialiseerde behoeftes van visueel gestremde persone. Ons missie is om persone wat blind, gedeeltelik sigbaar of doofblind is, insluitend visueel gestremde persone met addisionele gestremdhede, te bemagtig ten einde ’n verbeterde lewenskwaliteit te behaal en maksimum vlakke van onafhanklikheid te bereik.

“Die Here is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees?” (Ps. 27:1 Afr20)
In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
Gebedsgidse vir Junie 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.





Die 6de Junie is Russiese Taaldag. FEBA saai al sedert die laat 1940s Russiese programme uit en het luisteraars in die eertydse Sowjet-Unie bereik, waar Christenskap verbode was. Vandag skakel selfs Russies-sprekende luisteraars van Europa en die Midde-Ooste in op FEBA se uitsendings. Die FEBA Rusland-span word voortdurend dopgehou en ontvang dreigemente en boetes as gevolg van hul werk, maar hulle bly vasbeslote om die evangelie met hul mense te deel.
Ons gebed vir die week: Bid vir God se beskerming en leiding vir FEBC Rusland, en vir oop harte onder hul luisteraars.
Prediker: Ds. Leon Cronje
Skriflesing: Genesis 12: 1-9
Tema: Kom in beweging!
Datum: 7 Junie 2026
Vandag roep God jou op om jou tyd en energie slim te gebruik — Hier is ‘n Boodskap uit die Bybel vir vandag.
Teks: “Daar is ‘n mens op wie jy net nooit ‘n vat kan kry nie. Hy praat nou sus en later so. Sy woorde is bedrieglik. Jy kan nooit daarop peil trek nie. Met die trek van sy oë, die geskuifel van sy voete en die wys van sy vingers lei hy mense om die bos.” (Spr. 6:12-13 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U self altyd betroubaar en getrou is — help my om vandag ‘n mens te wees wie se woord geld en wie se lewe U eer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Vandag wil God jou aanspoor om die beste van jouself te gee — Hier is God se Boodskap uit die Bybel – alles net vir jou.
Teks: “Daar is ‘n mens op wie jy net nooit ‘n vat kan kry nie. Hy praat nou sus en later so. Sy woorde is bedrieglik. Jy kan nooit daarop peil trek nie. Met die trek van sy oë, die geskuifel van sy voete en die wys van sy vingers lei hy mense om die bos.” (Spr. 6:12-13 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U my wysheid en onderskeiding gee — help my om vandag die regte mense te herken en in U beskermende hande te bly.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Vandag wil God jou herinner aan die kosbare geskenk van jou lewensmaat — Hier is saadkorrels vir jou vrugbare geestelike grond, net vir jou vir vandag.
Teks: “Jy sal besef dit tref jou omdat jy nie na goeie raad geluister het nie. Jy sal jouself begin verwyt omdat jy nie na jou ouers en ander wyse mense geluister het nie.” (Spr. 5:12-13 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie dat U wysheid verskaf deur die mense om my — help my om vandag met ‘n oop hart na goeie raad te luister, voor ek berou kry.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.
Vandag wil God jou toerus met wysheid wat jou lewe verander — Hier is God se Boodskap net vir jou.
Teks: “Omdat ‘n mens so maklik kan struikel en die verkeerde dinge kan doen, moet jy tog vashou aan hierdie reëls wat ek jou (uit die Bybel) leer.” (Spr. 4:12 – Die Boodskap)
Liewe Vader, dankie vir U Woord wat my bewaar teen struikel — help my om vandag daarin te bly sodat my voet nie gly nie.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.