Skep asem vir vandag: 30 April 2025

Dagstukkies April

30 April

Liewe ….

Mag jy vandag die Here God as die Een wat jou omarm leer ken. Hier is God se Woord net vir jou.

Tema: Besef jy dat jy ‘n behoefte aan die Here het?

Teks: “Josef het die volgende more by hulle gekom en opgemerk dat hulle bedruk was… Waarom lyk julle so bedruk” (Gen 40:6)

  • Jou grootste behoefte is nie fisiese, psigiese, finansiële of emosionele behoeftes nie, al dink jy so.
  • Jou grootste behoefte is die behoefte aan die Here self.
  • Wanneer jy by ‘n doodloopstraat kom, gee die Drie-enige God hoop en nuwe lewe.
  • Niks of niemand kan jou lewe so vinnig en so dramaties verbeter soos juis Hy nie.
  • Die Here God is die Hoop-geeër, die Hersteller, die Geneser en die Meester van tweede kanse.
  • Hy omarm en verwelkom jou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my altyd omarm en verwelkom. Dankie vir tweede kanse.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 April 2025

Dagstukkies April

29 April

Liewe ….

My gebed is dat jy die geleenthede wat die Here gee sal gebruik om God groot te maak. Hier is ‘n wonderlike Woord vandag net vir jou.

Tema: Jou uitdagings is ook jou getuienistye

Teks:  Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.” (Gen 39:23)

  • Jou lewe is ‘n getuienis van God se liefde – van die begin tot die einde.
  • Selfs in die uitdagendste situasies, sien ander mense God se krag in jou raak
  • Mens kan swaarkry, maar die Here sal jou in elke moeilikheid uitkoms gee (1 Kor 10:13).
  • Daar is niks wat met jou gebeur wat bo jou kragte is nie. Die Here help jou (1 Kor 10:13).
  • Moet dus nie op jouself staatmaak nie. Steun op die Here.
  • As jy ‘n lewe van vertroue in God leef, sal jy ‘n getuienis vir ander wees.
  • Vertrou Hom vandag.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U in alle omstandighede uitkoms gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 April 2025

Dagstukkies April

28 April

Liewe ….

Ek hoop dat jy sensitief sal wees vir die nuwe uitkomste wat die Here in die lewe gee. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Die Here gee nuwe geleenthede

Teks: “ Terwyl Josef daar in die tronk was,was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het. ” (Gen 39:20-21)

  • Vertrou die Here. Jy kan heeltemal op Hom staatmaak.
  • Jy hoef nie vir ander mense bang te wees nie.
  • Die Here, die Almagtige God is daar om jou te help.
  • Jou genadige God gee altyd nuwe geleenthede en nuwe uitkomste.
  • Hy is die God van nuwe kanse.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd nuwe kanse en geleenthede gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Watter getuienis laat jy agter?

Ons aanvaar mense se getuienis, hoeveel te meer die getuienis van God, want dit is God wat getuig, en die getuienis handel oor sy Seun.

1 Joh. 5: 9

Ons het almal die opdrag om te getuig al reeds ontvang by die aanneem van Jesus Christus as Verlosser. Hoe getuig ons deur ons lewe, sodat daar by die mense om ons ‘n sekerheid kan wees dat ons wel gelowiges is? Is ons daar waar God elkeen van ons in die lewe geplaas het, voldoende getuie, sodat almal kan weet ons is God se kinders. Of is die aanhaling van Henry Ward Beecher “As ‘n mens nie ‘n getuie vir Christus kan wees op die plek waar Hy jou geplaas het nie, kan jy nêrens vir Hom ‘n getuie wees nie”, op ons van toepassing? Laat jy die mense om jou met ‘n heerlike soet nasmaak soos van ‘n nartjie? Of laat jy die wrang smaak van ‘n onversoete pomelo agter? Skep jy die vrede van Jesus Christus om jou, of laat jy mense met verwarde gedagtes agter?

Is jy ook een van daardie mense wat liewer ‘n preek sien, as om een te hoor? Doen dan so. Ons is geroep om God se getuies te wees, en nie sielewenners nie! Dit is die Heilige Gees wat die ware sielewenner is; maar ons moet as getuies optree, elke dag; elke plek waar ons beweeg; elke ding wat ons doen; elke projek wat ons aanpak; dis waar ons wesenlik en opreg moet getuig! Want wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in die hart.

Wie in die Seun van God glo, besit die getuienis in die hart; wie God nie glo nie, maak Hom tot leuenaar, omdat hy nie die getuienis glo wat God oor sy Seun gelewer het nie. ” (1 Joh. 5: 10); “”Ek is ‘n mededienaar van jou medegelowiges wat aan die getuienis vashou want Jesus gelewer het. Aanbid God, want dit is Jesus wat die getuienis gelewer het, en dit is die Gees wat die profesie gee het.”” (Open. 19: 10)

Daar is altyd verskillende reaksie op ‘n mens se getuienis. Dit kan positief of negatief wees. Dit kan seermaak en kwets; of dit kan opbouend van aard wees. Ons is nie altyd voorbedag op die reaksie wat ons gaan kry, deur te lewe na die getuienis van Jesus Christus, nie. So wees voorbereid op ‘n tuimeltreinrit. Indien mens dit regkry om Jesus se voorbeeld uit te leef, doen ons dit nie uit eie krag nie, maar word mens deur die krag van die Heilige Gees gelei.

Hulle was almal en verbaas en uit die veld geslaan. Party het vir mekaar gevra: “Wat kan dit tog beteken?” Maar party het gespot en gesê: “Hulle is dronk”” (Hand. 2: 12-13); “Hy het geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandighed te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot aan die uithoeke van die wêreld”” (Hand. 1: 7-8)

Soos Emil Brunner dit so goed gestel het: “Soos vuur nie anders kan as om te brand nie, kan die kerk nie anders as om te getuig nie”. Besluit self watter getuienis jy agter jou laat. Dan Green stel dit ook goed: “Om te getuig van Hom wie se Naam ons dra, is nie ‘n soort stokperdjie of ‘n een-keer-per week-tydverdryf nie. Dis ‘n manier van lewe. ‘n Mens preek of praat nie oor getuienis nie. Jy is ‘n getuie”. As gelowiges, weet ons verseker dat as ons die opdrag van die Vader uitvoer, soos voorgelê deur Jesus Christus en deur die krag van die Heilige Gees, sal ons ook soos Dawid van ouds sal kan getuig.

Van Hom sê Dawid: “Ek het die Here altyd voor oê. Hy is aan my regterhand; ek sal nie wankel nie. Daarom is my hart bly en my tong jubel, ja meer, ek het die verwagting dat my liggaam sal lewe, want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie. U het my die paaie van die lewe geleer; u teenwoordigheid sal my met vreugde vul.” (Hand. 2: 25-28); “Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig. U gee my nie oor aan die dood nie. U laat u troue dienaar nie in die graf kom nie. U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand km net wat mooi is.” (Ps. 16: 8-11)

Skep asem vir vandag: 27 April 2025

Dagstukkies April

27 April

Liewe ….

My gebed vir jou is dat die Here jou gesondheid sal gee. Mag Hy ook jou gemoed verlig. Hier is die Here se Woord aan jou.

Tema: Sien die pyn van ander mense raak

Teks: “Josef het die volgende môre by hulle gekom en opgemerk dat hulle bedruk was… Waarom lyk julle so bedruk” (Gen 40:6)

  • Die emosies en ervaringe van ander mense is altyd belangrik.
  • Wees sensitief vir die gemoed van ander mense.
  • Jy moet vandag vir ander mense omgee.
  • Wees beskikbaar om mense wat oor hulle lewe moedeloos is, op te lig en hoop te gee.
  • Doen net die dinge wat die Here se hart bly maak (Ps. 37:27).

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek ook ander mense kan bemoedig.

In Jesus se Naam.

Amen.en.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 18+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 27 April 2025 : GEEN Kategese. Erediens om 09:00
Maandag 28 April – Kerkkantoor gesluit
Dinsdag 29 April: Bestuurspan vergader om 17:30 in Lokaal 8
Woensdag 30 April Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 9A
Woensdag 30 April GEEN Kooroefening..
Donderdag 1 Mei : Kerkkantoor gesluit
Saterdag 3 Mei: Gemeentefees
Sondag 4 Mei 2025 : GEEN Kategese. Erediens om 09:00
Woensdag 7 & 21 Mei : Wolwedans boodskap sop en brood.

Afkondigings 27 April – 4 Mei 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings - NGK Groot-Brakrivier

Sondag 27 April 2025 :

CAD

Die Christelike Afhanklikheids Diens is ‘n dinamiese organisasie vir die ondersteuning van substansafhanklikes en hul gesinne. Ons hoofdoelwit is om te verseker dat die herstellende stof afhanklike weerhou van die gebruik van afhanklikheid-produserende stowwe. Hulle ondersteun die afhanklike en hul gesin fisies, sielkundig, sosiaal en godsdienstig om meer produktief en gelukkig te wees. Uit persoonlike ondervinding weet ons dat daar hoop is, en as sodanig het ons ‘n opregte begrip van die probleem. Die CAD is nie ‘n behandelingsfasiliteit nie, dit is ‘n ondersteuningsgroep.

Maandag 28 April 2025 :

  • Publieke Vakansiedag – Kerkkantoor Gesluit.
Lees meer “Afkondigings 27 April – 4 Mei 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Skep asem vir vandag: 26 April 2025

Dagstukkies April

26 April

Liewe ….

My gebed vir jou is dat die Here elke moeilike situasie in ‘n wonderlike geleentheid sal omskep. Mag Hy vir jou nuwe geleenthede gee en jou baie gelukkig maak. Hier is ‘n boodskap uit God se Woord vir jou, net vir vandag.

Tema: Jou moeilike tye verander in goeie situasies

Teks:  Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag. ” (Gen 39:23)

  • Sukses is om alles in die Naam van die Here aan te pak. Hy is jou God en hulp.
  • Wanneer almal rondom jou swaarkry, sal jy steeds genoeg hê. Die Here sorg vir jou (Ps 37:19).
  • Bly getrou om dit wat van jou verwag word om te doen, te doen.
  • Gryp dan elke dag, elke uur en minuut en oomblik aan om voluit te leef.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my swaarkry tye ook verander in goeie tye.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Gemeentefees 3 Mei 2025

Gemeentefees Mei 2025

3 Mei 2025
09:00 – 12:00

Hope kindervermaak
Vleis verkope teen goeie pryse
Basaar gunstelinge
Kom kuier vanaf 09:00 tot 12:00 saam en geniet die lekker atmosfeer geskep deur plaaslike kunstenaars.
10 Langstr Groot-Brakrivier.

🧁 Roosterkoeke Tafel – “Kole & Konfyt”: Vars van die kole – vuurwarm stoomtrek-lekkerte soos net ‘n roosterkoek kan wees! Heel (Plein) R20 elk / Konfyt R25 elk / Kaas R25 / Konfyt & Kaas R30 elk / Hoender Mayo R30 elk / Kudu Kerrie Mince R35. Enige bydrae van tuisgemaakte konfyt sal waardeer word.📞 Amelia le Roux 📞 Kevin van Tonder

🐘 Wit Olifant Tafel – “Skatte & Snaaksighede”: Kommervrye koop met reuse winskopies – iets vir elkeen! Skenkings welkom by Lokaal 6 (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt

📚  Boek Tafel – Kom snuffel rond tussen pragtige tweedehandse boeke! Lees en Lag en Leer ! Skenkings welkom by die kerkkantoor (Ma, Wo, Vr). 📞 Annalene de Swardt

🍨 Smullekker Nagereg Tafel – “Soet Sondes”: Nog steeds die beste in die Weste! Poedings en nageregte teen net R17 per bakkie. Indien u poeding skenk, dui asb net aan of dit ‘n warm of koue poeding is. Roomys- en  foeliebakke beskikbaar. 📞 Dirk & Dorette Visser

🍛 Kerrie & Rys Tafel – “Kerrie ‘n Bietjie”: Geurig en vol huislike smaak – Ouma sou trots wees! R40 vir ‘n lekker groot porsie. 📞 Barbara Gericke 📞Corita du Preez

🍢 Sosatie Tafel – “Stok en Smul”: Ons skakel hoenders om in ‘n feesmaal op ‘n stokkie – perfek gebraai en propvol geur! R18 per sosatie. Indien jy lief is vir braai en ‘n handjie wil bysit, kontak gerus vir 📞 Eddie 

🥪JAFFLES:  R25 elk. Kom geniet ons kraakvars Jaffles met geurige maalvleis vir oud en jonk!👨‍👩‍👦‍👦 Wenk: Jaffles kan gevries word, kan skoolpouse ‘n lafenis wees en bejaardes ‘n maaltyd soos van ouds.🤹‍♀ 🍪🍴Kom koop en geniet! 📞 Annatjie Janse van Rensburg – 📞 Corrie Pieters –

🍰 Tee Tuin – “Koek & Klets”: Kom sit onder die sambreel en geniet ’n koppie koffie of tee met ’n stukkie vars gebakte koek. ☕ Koffie/Tee – R15 | 🍰 Koek – R20 📞 Michelle Roon

🍽   Pannekoek Tafel – “Strooi & Rol”: Ons pannekoeke is sag, warm en vol geur. R6 elk. 📞 Elsabé Richards – 📞 Piet Terblanche

🥕 Groente Tafel – “Kraakvars natuurlekkers”: Vars uit die tuin – gesond, geurig en g’n   preserveermiddels! 📞 René Vorster .

🥳 JAM (Jesus And Me) KINDERTAFEL: Treintjie – R5 per rit , “Soft Play” – eenmalige R10, Springkasteel – eenmalige R10, Tombola – kom geniet jou gate uit! Ons benodig asb geldelike bydraes of oulikhede om op die dag by die kindertafel te verkoop. 📞 Tanya Heath

🍴 LEWERKOEKIES: Slegs vir vooraf bestelling en om Saterdag af te haal. Groot (9cm deursnit) @ R10 elk of 6 vir R50. Bestellings sluit Maandag 28 April. Vries goed. 📞 Corrie Pieters

Skep asem vir vandag: 25 April 2025

Dagstukkies April

25 April

Liewe ….

My wens is dat jou oë oop sal wees sodat jy kan sien dat die Here selfs ongelowige mense gebruik om vandag Sy wil te doen. Hier is God se Woord waaroor jy vandag moet nadink.

Tema: Die Here kan ook ongelowiges gebruik

Teks: “ Terwyl Josef daar in die tronk was,was die Here by hom, en Hy het Josef Sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het. ” (Gen 39:20-21)

  • Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense (Ps. 33:13).
  • Van die plek waar Hy regeer, sien Hy alles en almal wat op die aarde is (Ps. 33:14).
  • Daar is geen mens wat nie onder die sorg en beheer van die Here is nie.
  • Die Here verander mense se harte om jou goedgesind te wees.
  • Gryp elke geleentheid aan om voluit te leef.
  • Dit was nog nooit ‘n mors van tyd om op die Here te vertrou nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U elke mens onder U beheer het en so ook vir my sorg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 April 2025

Dagstukkies April

24 April

Liewe ….

Ek bid vandag vir jou. Ek bid dat jy in die lewe teen elke versoeking en beproewing sterk sal staan. Hier is ‘n Woord van die Here om jou te help.

Tema: Versoekings wag om elke draai

Teks: “Na sy bevordering in sy eienaar se huis het dié se vrou na Josef gekyk en vir hom gesê: “Kom slaap by my.” (Gén 39:7)

  • Die lewe is vol van verleidelikhede en versoekings.
  • Verkeerde gedagtes lok jou al dieper in die moeilikheid in (Jak 1:14-15).
  • Verkeerde gedagtes toets jou Christenskap (Jak 1:14-15).
  • As jy oor hierdie verkeerde dinge dink, sal jy dit ook begin doen (Jak 1:15).
  • Bly weg van hierdie gedagtes en dinge af.
  • Vul jou gedagtes eerder met dit waaroor Jesus sou dink (2 Kor 10:5b; Jak 1:15).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek my gedagtes met die gedagtes van Jesus kan volmaak. Help my hiermee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 April 2025

Dagstukkies April

23 April

Liewe ….

Ek wens dat jou lewe ‘n voorbeeld van eerlikheid sal wees. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Eerlikheid skep vertroue

Teks: “Hy het alles aan Josef oorgelaat en hom aan niks gesteur nie, behalwe aan sy kos.” (Gén 39:6)

  • Die Here, die God van genade en liefde maak jou baie gelukkig, en Hy bring voorspoed.
  • Omdat jy betroubaar en eerlik is, vorder jy deur die fases van die lewe.
  • Gelukkig help die Here jou. Hy hou jou lewe in Sy hand vas (Ps 54:6; Joh. 10:28-30).
  • Leef so deur jou lewe dat jy vir die Here dankie sê (Ps 54:8).

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my integriteit en eerlikheid gee, sodat ek dit ook tot U eer kan gebruik.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 April 2025

Dagstukkies April

22 April

Liewe ….

Ek hoop dat jy nie kanse sal vat nie, maar ver van versoekings en sonde sal wegbly. Lees vandag se gedagte van die dag vir jou.

Tema: Versoekings is orals

Teks: “Na sy bevordering in sy eienaar se huis het dié se vrou na Josef gekyk en vir hom gesê: “Kom slaap by my.”(Gén 39:7)

  • Saam met mag, kom versoeking.
  • Aanloklike en soms, oënskynlik onskuldige dinge, kan jou getuienis tot ‘n val bring.
  • Daar is baie geleenthede waar jy die verkeerde keuses kan maak.
  • Vlug daarvan weg sodat jou getuienis tot eer van die Here sal bly staan (Jak 1:14-15).
  • Leef naby die Here. Dit sal jou van die versoekings en sonde laat wegbly.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U my help om van sonde weg te bly.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Dr. Nadia Marais – ’n Bonhoeffer-oomblik?

Dr. Nadia Marais Bonhoeffer

Die Duitse teoloog Dietrich Bonhoeffer (1906-1945), bekend vir sy verset teen die Nazi-regime van sy tyd, sou byna presies 80 jaar gelede – op 9 April 1945 – in Flössenburg gehang word vir sy rol in ’n komplot teen Adolf Hitler se lewe in 1944. Bonhoeffer se lewe, dood en teologie sou natuurlik ’n belangrike rol speel in Suid-Afrika, sowel voor as na 1994: binne die kerklike stryd teen apartheid voor 1994 en ook in gesprekke oor versoening na 1994.

Maar hóé behoort ons ons vandag op Bonhoeffer te beroep? Hoe gedenk ons sy dood – en lewe? Watter aansprake op Bonhoeffer sou legitiem wees – en watter bloot opportunisties, met geen ware belangstelling in sy teologiese en etiese bydraes nie? Aan wie behoort Bonhoeffer?

Lees meer “Dr. Nadia Marais – ’n Bonhoeffer-oomblik?”

Die Bybel Blokkiesraaisel 23

Leer/Lees die Bybel vinnig op ‘n prettige manier.

Woorde hoofsaaklik uit die Afrikaanse Bybel, 1992 (AFR83) vertaling geneem, maar sommige woorde ook uit die Afrikaanse Bybel 2020(AFR20) vertaling.

(Dit werk die beste op ‘n rekenaar maar kan ook op ‘n horisontaal gedraaide foon gespeel word.) Die Bybel APP werk goed hiervoor.

Klik op die prentjie hieronder om te speel.

Bybel Blokkiesraaisel 23
Bybel Blokkiesraaisel 23

Skep asem vir vandag: 21 April 2025

Dagstukkies April

21 April

Liewe ….

My gebed vir jou is dat jy met integriteit sal leef en die Here se genade sal beleef. Hier is God se Woord aan jou.

Tema: Integriteit skep vertroue

Teks: “Hy het alles aan Josef oorgelaat en hom aan niks gesteur nie, behalwe aan sy kos.” (Gén 39:6)

  • Die Here sal jou gelukkig maak en dit met jou goed laat gaan.
  • Almal sal dit raakgesien.
  • Omdat jy betroubaar is, ontwikkel jou naam, jou besigheid en jou gesin.
  • Integriteit lewer altyd sy positiewe vrugte.
  • Mense sien dit raak. Jy sal in goeie en slegte tye daarvoor beloon word. Mense sal jou respekteer.
  • So lank jy naby die Here leef, sal Hy vir jou goed wees (Ps 23:6).

Gebed

Liewe Vader, dankie dat my eerlikheid van U af kom.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.