21 April
Liewe ….
My gebed vir jou is dat jy met integriteit sal leef en die Here se genade sal beleef. Hier is God se Woord aan jou.
Tema: Integriteit skep vertroue
Teks: “Hy het alles aan Josef oorgelaat en hom aan niks gesteur nie, behalwe aan sy kos.” (Gén 39:6)
- Die Here sal jou gelukkig maak en dit met jou goed laat gaan.
- Almal sal dit raakgesien.
- Omdat jy betroubaar is, ontwikkel jou naam, jou besigheid en jou gesin.
- Integriteit lewer altyd sy positiewe vrugte.
- Mense sien dit raak. Jy sal in goeie en slegte tye daarvoor beloon word. Mense sal jou respekteer.
- So lank jy naby die Here leef, sal Hy vir jou goed wees (Ps 23:6).
Gebed
Liewe Vader, dankie dat my eerlikheid van U af kom.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


