25 April
Liewe ….
My wens is dat jou oë oop sal wees sodat jy kan sien dat die Here selfs ongelowige mense gebruik om vandag Sy wil te doen. Hier is God se Woord waaroor jy vandag moet nadink.
Tema: Die Here kan ook ongelowiges gebruik
Teks: “ Terwyl Josef daar in die tronk was,was die Here by hom, en Hy het Josef Sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het. ” (Gen 39:20-21)
- Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense (Ps. 33:13).
- Van die plek waar Hy regeer, sien Hy alles en almal wat op die aarde is (Ps. 33:14).
- Daar is geen mens wat nie onder die sorg en beheer van die Here is nie.
- Die Here verander mense se harte om jou goedgesind te wees.
- Gryp elke geleentheid aan om voluit te leef.
- Dit was nog nooit ‘n mors van tyd om op die Here te vertrou nie.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U elke mens onder U beheer het en so ook vir my sorg.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


