29 April
Liewe ….
My gebed is dat jy die geleenthede wat die Here gee sal gebruik om God groot te maak. Hier is ‘n wonderlike Woord vandag net vir jou.
Tema: Jou uitdagings is ook jou getuienistye
Teks: Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.” (Gen 39:23)
- Jou lewe is ‘n getuienis van God se liefde – van die begin tot die einde.
- Selfs in die uitdagendste situasies, sien ander mense God se krag in jou raak
- Mens kan swaarkry, maar die Here sal jou in elke moeilikheid uitkoms gee (1 Kor 10:13).
- Daar is niks wat met jou gebeur wat bo jou kragte is nie. Die Here help jou (1 Kor 10:13).
- Moet dus nie op jouself staatmaak nie. Steun op die Here.
- As jy ‘n lewe van vertroue in God leef, sal jy ‘n getuienis vir ander wees.
- Vertrou Hom vandag.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U in alle omstandighede uitkoms gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


