Madagaskar: Lynette se Weeklikse nuus 12 Maart 2023

ynettemadanewsMar 19

The last two weeks seemed to fly by in record time. Preparation for school exams, Ranger meetings and Dries spending a lot of time on one of the boat engines contributed. He had some help at the end, with Thomas lending a hand with starting the outboard. Yes, Thomas is here for a three week visit and it was evident that he has matured a lot. He will return to England and continue to work and save some money until he will be sure what he wants to do. Coming back to Nosy Be and starting a business seems to be an option, as he appears to be very homesick.

Lees meer “Madagaskar: Lynette se Weeklikse nuus 12 Maart 2023”

Missie Japan Nuusbrief vir Maart 2023

Tobie en Annalie de Wet se uitstuurdiens by Swellendam Moederkerk, gelei deur leraars (Gawie Gouws en Lounette Engelbrecht) en die gemeente se getuienis leiers Beste Ondersteuner, Tyd vlieg. Lydenstyd is alweer halfpad verby. Hoe draai die seisoen waar jy jou bevind?Daar’s baie aan die gebeur, op klein en groot skaal by ons. Hierdie nuusflits vat — nes onsself die afgelope tyd — net hier en daar grond, met ‘n paar onlangse gebeure vir jou aandag. Dis uiteenlopend, en bietjie langer as gewoonlik (jammer!), maar dankie dat ons kan vra jy dalk end-uit sal lees, meeleef en saam bid en ondersteun. 

Lees meer “Missie Japan Nuusbrief vir Maart 2023”

Madagaskar: The week 26 February 2023

We usually don’t organise outdoor activities for the school and the Rangers during the rainy season, but we thought that it was time for a picnic with the Expedition and Adventure groups on Saturday. Dries transported all the stuff with the Land Rover and the rest of us walked. We had to trudge through the mud at some point, but it was a lovely walk and even the intermittent rain could not put a damper on the fun. We had the place to ourselves as it does not seem to ever have any tourists. A couple of cows and some guinea fowl were the only company we had.

Lees meer “Madagaskar: The week 26 February 2023”

Sendingnuus: Japan – Elmar en Nadine du Randt van OMF

Goeie dag liewe vriende.

Graag deel ons nuus oor die afgelope paar weke se bedrywighede.

Ons is weer volstoom besig met besoeke aan gemeentes. Ons het Clarens, Frankfort, Volksrust en Bethal onlangs besoek. Dit was geseënde geleenthede by elke gemeente. Ons het ‘n wêreldsending kinderboodskap aangebied by Volksrust. Ons het ook vir die mediese ondersoek gegaan wat OMF vereis. Ons moet nou heelwat inentings ontvang. Die mediese goedkeuringsproses is baie volledig, so daar is nog heelwat toetse wat gedoen moet word voordat dit voltooi is.

Lees meer “Sendingnuus: Japan – Elmar en Nadine du Randt van OMF”

Oekraïne: Nuusbrief vanaf Michelle Februarie 2023

Oekraïne

Liewe familie en vriende 

Vandag is dit 365 dae gelede wat ons 5 uur die oggend wakker gemaak is met die woorde: “Die oorlog het begin!”

Die eerste bomme het begin val en ons almal se lewens is drasties verander binne ‘n dag. Ek het soveel vrede gehad om te bly en net die Here te vertrou. Vandag wil ek net getuig van die Here se goedheid en getrouheid. Hy het ons elke dag beskerm, krag gegee en vir ons voorsien. Dankie vir julle gebede die afgelope jaar. Ek waardeer dit so baie. Dankie vir elke boodskap en bemoediging. Dankie vir elke bydrae wat dit moontlik maak om hier te wees en met die werk aan te gaan. 

Lees meer “Oekraïne: Nuusbrief vanaf Michelle Februarie 2023”

Nuusflits vanaf Lynette van Madagaskar: Die WEEK – 19/02/2023

Intense tropical cyclone Freddy passed over Madagascar in record time and ended up causing less death and destruction than anticipated. People had enough time to prepare, strengthen roofs and kept away from the sea. Here in the north, we did not experience much of its effects. We had very strong wind one night, but the ropes with which Dries had tied down the mast of the boat, held without problem.

Lees meer “Nuusflits vanaf Lynette van Madagaskar: Die WEEK – 19/02/2023”

Madagaskar: The Week 12 Februarie 2023

Uprooted tree Madagaskar

Another cyclone is heading Madagascar’s way. At this time it looks like one of the worst cyclones to hit Madagascar with a rating of 7 on the Dvorak scale, 8 being the highest classification. Cyclone Freddy,(I think the name should also be upgraded to Fred considering its strength), will make landfall towards the south of the country after impacting Mauritius and Reunion, move across the country and at this stage appears to then head on to Mozambique. We won’t really experience the effect of this cyclone, being right up in the north, but please pray with us for the people who live in its path. If the predicted course will be followed, the outcome for Madagascar would be devastating.

Lees meer “Madagaskar: The Week 12 Februarie 2023”

Elmar en Nadine van OMF se Nuusbrief vir Januarie 2023

Elmar en Nadine se Nuusbrief vir Januarie
Konnichiwa Nuusbrief  
こんにちは

Goeie dag liewe ondersteuner, 
“You will keep him in perfect peace,whose mind is stayed on You,because he trusts in You.” 
Isaiah 26:3
NIV Hierdie vers in Jesaja is ‘n belofte dat as ons ons gedagtes op Christus vestig, ons vrede sal ervaar. In die Nuwe Testament beloof Jesus aan Sy volgelinge Sy vrede. Dit is nie die valse vrede van die wêreld nie rn ook nie ‘n vrede wat afhangend van die omstandighede rondom ons is nie. Dis ‘n innelike vrede wat ons die vertroue gee dat Jesus altyd saam met ons is. Dis ons gebed dat jy vrede in Jesus sal vind temidde van moeilike omstandighede en dat jy sal onthou Hy het beloof dat Hy met ons is tot die voleinding van die wêreld.

Lees meer “Elmar en Nadine van OMF se Nuusbrief vir Januarie 2023”

Makhatini Nuus: Januarie 2023

Makhatini Sending

(Spesifiek aan vennootskap gemeentes.)

Die afgelope Sondag was die eerste geleentheid vir my in 2023 om weer ‘n erediens te lei. Tydens die diens sing gogo Mthembu, soos gebruiklik, ‘n lied vir die gemeente. Philemon wat langs my sit, lig my in dat hy nie verstaan wat sy sing nie, en daarom nie vir my kan tolk nie. Sy sing ‘n lied in Tonga. Sy kom eintlik oorspronklik vanaf Mosambiek. Ongeag die verskil in taal en kultuuragtergronde, beleef ons saam die teenwoordigheid van die Here. Ons is weer tuis in Makhathini!!!!

Lees meer “Makhatini Nuus: Januarie 2023”

Boodskap aan Wolwedans 25 Januarie 2023

Wolwedans Boodskap

Die feesseisoen is verby en 2023 het reeds sy pad gevind – dit is die natuurlike ritme soos geskep deur God die Vader. Ek vertrou dat dit vir elkeen ‘n baie geseënde tyd was en dat ons, ons dankbaarheid dat ons so bevoorreg is om Koninkrykskinders te kan wees, teenoor mekaar erken en bely het. As ons luister na mense om ons, die impak van beurtkrag op elkeen maar veral op die verskillende sektore, fabrieke, boere en die ekonomie, dan kan ‘n mens sommer vinnig moedeloos of swartgallig word. Dit is egter nou die tyd dat ons die goeie boodskap van Jesus onverskrokke en doelgerig moet uitdra – om hoop aan mense te gee, nieteenstaande die moeilike omstandighede. Ons reis op aarde is maar kort en sal moeilik wees, maar ons moet dit gebruik om ons verhouding met die Here Jesus te laat groei en skatte in die Hemel bymekaar te maak. Dit moet ons doen sodat ons die Ewige Lewe in vrede en harmonie saam met die Here Jesus kan deurbring.

Lees meer “Boodskap aan Wolwedans 25 Januarie 2023”

Missie Japan: Te veel om te deel. Waar begin ons?

Misssie Japan Desember 2022

Beste Ondersteuner
 
Hoe het 2023 aan jou kant begin?
 
Ons is terug op spoed sedert die eerste week van Januarie. Meeste van ons gesin moes onlangs deur ‘n griep episode werk, maar andersins loop dinge sover goed.
 
Omdat ons weet hoeveel energie die wegspring van ‘n nuwe jaar vereis, wil ons jou nie vermoei met te veel inligting nie, maar deel ons eerder net foto’s met byskrifte van wat die afgelope maand gebeur het. Deur gasvryheid, prediking en vele geleenthede het ons die vreugde van Christus se koms gedeel. Wat ‘n voorreg!

Lees meer “Missie Japan: Te veel om te deel. Waar begin ons?”

Oekraïne: Maandelikse nuusbrief vanaf Michele – Januarie 2022

Ockert en Michele Potgieter van die Oekraine

Liewe familie en vriende.

Vandag sou my en Ockert se 27ste Huweliksherdenking gewees het.

My hart is seer en ek mis hom so verskriklik baie, maar die Here het  vir my die wonderlikste kinders gegee. Vanmore is ek wakker gemaak met die mooiste bos rose en scones wat Mari-Alena en my skoondogter Tanya vir my gemaak het. Tanya is Cilliers se Oekraniese vroutjie. Ek is dankbaar vir 25 jaar, vir die voorreg om Ockert se vrou te kon wees. Ek is dankbaar die die pragtige kinders wat die Here ons mee geseën het vir dit wat die Here hier in Reni besig is om te doen. Ek prys Sy naam dat Hy Sy kerk hier oprig om waarlik lig te wees in die donkerste tyd in Oekraine. Ek dank Hom vir elke dag wat Hy ons gee en beskerm in Reni. Die Here sê vir my dat Hy iets nuuts doen en dat ek vorentoe moet kyk en Hom moet vertrou.

Lees meer “Oekraïne: Maandelikse nuusbrief vanaf Michele – Januarie 2022”