Liewe familie en vriende.
Vandag sou my en Ockert se 27ste Huweliksherdenking gewees het.
My hart is seer en ek mis hom so verskriklik baie, maar die Here het vir my die wonderlikste kinders gegee. Vanmore is ek wakker gemaak met die mooiste bos rose en scones wat Mari-Alena en my skoondogter Tanya vir my gemaak het. Tanya is Cilliers se Oekraniese vroutjie. Ek is dankbaar vir 25 jaar, vir die voorreg om Ockert se vrou te kon wees. Ek is dankbaar die die pragtige kinders wat die Here ons mee geseën het vir dit wat die Here hier in Reni besig is om te doen. Ek prys Sy naam dat Hy Sy kerk hier oprig om waarlik lig te wees in die donkerste tyd in Oekraine. Ek dank Hom vir elke dag wat Hy ons gee en beskerm in Reni. Die Here sê vir my dat Hy iets nuuts doen en dat ek vorentoe moet kyk en Hom moet vertrou.
Ons is in Reni, Oekraine. Ek, Mari-Alena, Benjamin, Ivan en Tanya. Cilliers het gister na New Zealand gevlieg en Tanya wag nog vir haar visum. Dit kan dalk ‘n maand neem voor sy ook kan gaan. Mari-Alena en Benjamin vlieg weer volgende week terug Suid-Afrika toe. Ek is so dankbaar dat 4 van my kinders die Kersfees hier in Reni by my kon wees. Dit gaan goed met Hannes-Joshua en Anastasia ook. Hulle is by Ockert se ouers en sussie in Santa Rosa CA.
Die terug reis na Oekraine het redelik glad verloop. Ons is deur Rominie oor die Donau rivier met ‘n veerboot. Dit was baie koue en mistig en ons moes ure wag totdat die mis opklaar voor die veerboot na Oekraine se kant gevaar het. Teen vier uur die middag het ons eers oorgegaan steeds in digte mis. Alles het so onheilspellend gelyk, maar dit is wonderlik om te weet dat die Here ons vashou en lei.
Die gemeente en die leiers was so bly om ons te sien. Die vlugtelinge wat elke dag by die kerk eet was ook so bly om ons te sien. Ons het vir hulle ‘n Kersete gegee met kersies op die tafels, ‘n plekkie waar hulle kon mooi foto’s neem en ons het elkeen mooi afgeneem. Dit was so mooi geleentheid. Hulle het ook nader gestaan en vir my ‘n geskenk gegee. Niemand se oë was droog nie. Hulle is so verskriklik dankbaar vir dit wat die gemeente doen en kan nie ophou om dankie te sê nie.
Hier is ‘n bejaarde vroutjie uit Bagmut wat nou baie erg deurloop in die oorlog. Alles in Bagmut is omtrent vernietig. Sy het elke dag kop onderstebo gesit en was baie depressief. Ons het met haar gepraat en sy sê dat dit vir haar so moeilik is om te dink dat haar huis nie meer staan nie en dat haar tuin waarvoor sy so lief is vernietig is. Ons het haar bemoedig en gesê dat die Here met haar is en vir haar nuwe geleenthede gaan gee. Dat sy nou al kan beplan waar sy wat gaan plant en dat die Here vir haar ‘n nuwe bladsy gee. Ons het saam met haar gebid. Daardie selfde middag het haar kleinseun vir haar gevra wat met haar gebeur het, want sy is heeltemal ‘n ander mens. Die Here het haar weer laat glimlag en hoop gegee. Sy het besef dat haar lewe nie verby is nie. Elkeen van hierdie mense het ‘n ander verhaal.
Op elke telefoon kon daar ‘n waarskuwing wanneer daar ‘n lugaanval in ‘n streek is. Party dae is die hele Oekraine rooi en daarna het ons vir ‘n paar dae nie elektrisiteit nie en nie verhitting of water nie. Veral wanneer Odessa en Odessa streek se kragstasies gebombardeer word. Ons is baie dankbaar vir die twee kragopwekkers wat ons reeds gekry het vir Raduga en ons huis asook die een groter een wat uit Turkye op pad is vir Univermag en die kerk. Dankie aan elk een wat bygedra het. Ons waardeer dit oneindig baie. Ek ‘n baie groot dankie aan Wikus Rautenbach van Jubilee gemeente wat so alles reël en koördineer.
Baie dankie vir elke gebed, ondersteuning en bydrae. Ons waardeer dit so baie. Dit maak vir ons dit moontlik om hier aan te gaan met die etes vir die vlugtelinge asook vir Raduga kleuterskool se onderhoud.
Dit is nuwe jaar en ons gaan voort soos die vorige jare, met die Here se genade, wil ons steeds onder omstandighede op 10 Februarie voortgaan met Night to Shine 2023 vir die gestremde mense in en om Reni. Asook Love Reni in April maand.
Bid asseblief vir ons gesondheid. Omtrent almal is siek met erge verkoue of griep. Omtrent almal is nou siek. Die hele dorp. Baie mense lê met hoe koors. Ek is ook in die bed en Benjamin gaan more Woord bring in die diens.
Bid asseblief vir ons beskerming in Reni. Die hawe werk steeds en ons prys die Here vir elke dag wat Hy Sy hand oor ons hou.
Bid asseblief vir die boek “Sonneblomme en Sneeu”. Lux Verbi gaan dit uitgee. Ek het uitstel gekry tot die 14de Januarie om hom klaar te skryf. Bid dat dit geseënd sal wees en dat die Heilige Gees daardeur sal werk en mense se geloof te versterk.
Onder omstandighede gaan dit met ons goed. Die Here is goed vir ons en Hy sorg.
Verlede Sondag het ons nie R500 gehad om vir die vlugtelinge kos te koop nie en het nou gehoor dat daar genoeg is om volgende week kos uit Rominie te bring! Dit Here is so getrou!
Baie liefde en seen
Michele
Reni, Ukraine
Projekte rekening:
Standardbank,
Lynnwood Ridge tak (met kode 012445),
rekeningnommer 014330067
in die naam Nuwe Dag
My persoonlike besonderhede:
Capitec
MRS M POTGIETER
Savings Account Number: 1554335599
Branch: 470010


