Sendingnuus: Japan – Elmar en Nadine du Randt van OMF

Goeie dag liewe vriende.

Graag deel ons nuus oor die afgelope paar weke se bedrywighede.

Ons is weer volstoom besig met besoeke aan gemeentes. Ons het Clarens, Frankfort, Volksrust en Bethal onlangs besoek. Dit was geseënde geleenthede by elke gemeente. Ons het ‘n wêreldsending kinderboodskap aangebied by Volksrust. Ons het ook vir die mediese ondersoek gegaan wat OMF vereis. Ons moet nou heelwat inentings ontvang. Die mediese goedkeuringsproses is baie volledig, so daar is nog heelwat toetse wat gedoen moet word voordat dit voltooi is.

More , die 28ste Februarie doen ons ‘n Japanese taal evaluasie om te bepaal waar on Japanese taal vermoë lê. Die taal evaluasie sal deur die Japanese taalonderwyser by die taalskool in Japan gedoen word.

Verder gaan ons voort met ons Teologiese studies. Ons het juis ‘n toets vandag.

Leah groei nog mooi en word net elke dag ouliker.

Vanuit ons harte wil ons jou net weer opnuut bedank vir jou ondersteuning en omgee teenoor ons. Mag Jesus jou seën.

Elmar en Nadine du Randt