Missie Japan: Te veel om te deel. Waar begin ons?

Beste Ondersteuner
 
Hoe het 2023 aan jou kant begin?
 
Ons is terug op spoed sedert die eerste week van Januarie. Meeste van ons gesin moes onlangs deur ‘n griep episode werk, maar andersins loop dinge sover goed.
 
Omdat ons weet hoeveel energie die wegspring van ‘n nuwe jaar vereis, wil ons jou nie vermoei met te veel inligting nie, maar deel ons eerder net foto’s met byskrifte van wat die afgelope maand gebeur het. Deur gasvryheid, prediking en vele geleenthede het ons die vreugde van Christus se koms gedeel. Wat ‘n voorreg!

Carina lei die Kerfees partytjie vir kinders by ons gemeente, met Annlie wat dans

Ons bly afhanklik van jou gebede en ondersteuning vanjaar. Dankie dat ons daarop kan staatmaak.
 
In verbondenheid en met gebede vir die Here se seën en vrede in jou lewe.
Stéphan, Carina en gesin
Kersfees @ Kita Kobe Handgemaakte pret by ons gemeente se byeenkoms vir kinders rondom Kersfees


Happy Kids @ Tokushima
Carina het die Kersfees boodskap gebring by die bediening wat sy en Miwa Terauchi 12 jaar gelede daar begin het
Kerssangdiens
Studente en ander sing by Kobe Reformed Theological Seminary

Sing in die Strate
Ons deel deel die vreugde en Lig van Christus se koms met liedere in ons buurt
Daar was ook tyd vir kuier saam met maats en familie in die winterkoue (o.a. Carina se broer en sy vrou Akari was by ons aan huis)
Huwelikseremonie in Kobe
Jovald (van Suid-Afrika) en Cora (van Amerika) is getroud vanuit ons gemeente en Stéphan het die seremonie gelei.

Kersdag Erediens
Die RCJ gemeente in Tajimi, naby Nagoya in die middel van Japan, waar Stéphan gepreek het op Kersdag

Kersdag Sneeu
Buite RCJ Tajimi voor die erediens begin
Tuisskool groep
‘n Paar families deel ‘n ete en gesels oor 2022 se hoogtepunte en uitdagings

Pret in die park
Cornelius vat die stokkie aan by die aflos van kinders uit ons tuisskool groep
MAAK ‘N BYDRAE
Kospotte vir Hongeres
Stéphan was betrokke as vrywilliger by die interkerklike diakonale inisiatief

Bediening aan Haweloses
Mense wat hul tuiste op straat maak in Kobe middestad geniet ‘n warm bord kos

Gaste by Dosyne
Ons huis was pal vol gaste oor die feestyd. Dankbaar vir gemeenskap!
KRTS Jaar Afsluiting
Studente speel ‘n boontjie-optel-met-’n-stokkie speletjie by dié geselligheid
Werkspermit Goedgekeur: Oop Deur!
Baie dankie vir almal wat saam gebid het. Die Here het die deur oop gemaak vir (ds) Tobie en Annalie De Wet om DV vir 3 jaar van bediening terug te keer na die Reformed Church in Japan se Shikoku Ring – as brug-sendelinge – in Niihama gemeente.
Hierdie week vind rigtinggewende plaas met Missie Japan leiers.
Bid asb. daarvoor en vir die nodige voorsiening van finansies en baie ander voorbereidingswerk.
Meer inligting volg binnekort vanuit Missie Japan kantoor.
Kyk intussen na ‘n vorige onderhoud met hulle. Kliek HIER
Facebook icon
Logo
Copyright (C) 2023 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306