Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Corry & Luchelle Roets (seuntjie – Connor).
Ons skriflesing kom vanoggend uit Jesaja 61.
Die tema van die prediking is: Godsbeeld.
Derde Advent.
Spesiale offer vir Paarl-Skool (Brackenfell) by die deure.
Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
GEEN Groenkloof preek om 10:00.
FEBA RADIO SA 15 Des:Ons bid vir FEBA-direkteure in Afrika
Prys God vir die geleentheid dat FEBA vanjaar in Niger kon begin uitsaai. Dank Hom dat Hy al die FEBA Afrika-stasies bewaar en ’n deur na Soedan oopgemaak het. Elke stasie het sy eie uitdagings.
Ons gebed vir die week:Bid dat God elke FEBA-direkteur in Afrika sal toerus met wysheid om sy span in hul bediening te lei. Bid ook dat diegene wat vir FEBA werk, gesond sal bly en dat elke uitsending die Goeie Nuus van Sy liefde sal uitdra na hulle wat dit moet hoor.
Maandag 16 Desember 2024 : Versoeningsdag.
Sondag 22 Desember 2024 :
Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
Doop – ’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Emile & Phelia Klopper (seuntjie – Herman).
Vierde Advent.
Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
GEEN tee na die erediens nie .
GEEN Groenkloof preek om 10:00.
FEBA RADIO SA – 22 Des:Ons bid vir FEBA-spanne
Terwyl ons hierdie week Kersfees vier, kom ons bid vir luisteraars reg oor die wêreld om die ware betekenis van God se liefde en Christus se opoffering te ontdek.
Ons gebed vir die week:Bid vir FEBA-spanne wat elke dag die Goeie Nuus deel ten spyte van vervolging, konflik, vrees en smart. Bid dat God hul harte met vreugde sal vul, en dat Hy vir hulle Sy vrede sal gee wat alle verstand te bowe gaan, sodat hulle die Lig in die duisternis kan laat skyn en verdwaalde siele na Sy veiligheid kan bring.
Woensdag 25 Desember 2024 :
Kersdag – Kersdagdienste:
07:00 – ds Danie Goosen.
08:00 – ds Danie Goosen.
09:00 – dr Frans Hancke.
10:00 – dr Frans Hancke.
Donderdag 26 Desember 2024 : Welwillendheidsdag.
Sondag 29 Desember 2024 :
Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
GEEN tee na die erediens nie.
GEEN Groenkloof preek om 10:00.
FEBA RADIO SA – 29 Des: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd
Soos ons die nuwe jaar hierdie week betree, bid ons dat God herlewing in Sy kerk sal bring in die lande waar FEBA uitsaai. Meer as ’n derde van die wêreldbevolking moet God se Woord nog hoor en baie soek Hom op die verkeerde plekke. FEBA se uitsendings bereik luisteraars in hul motors, kamers en selfs by die haarkapper!
Ons gebed vir die week:Bid dat God die nodige hulpbronne sal voorsien en elke FEBA-uitsending in die komende jaar sal gebruik om die oes in te bring.
Dinsdag 31 Desember 2024 :
Oujaarsdiens om 18:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
Woensdag 1 Januarie 2025 : Nuwejaarsdag.
Sondag 5 Januarie 2025 :
Erediens om 09:00. Prediker – Ds Danie Goosen.
Doop – ’n Spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Kegan Roach & Anna Buys (seuntjie – Arlo).
Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA George) by die deure.
GEEN tee na die erediens nie.
GEEN Groenkloof preek om 10:00.
FEBA RADIO SA – 5 Jan: Ons bid vir FEBA en gesiggestremdes
Het jy geweet? 4 Januarie is Wêreld Braille-dag! Die Bybel is in braille beskikbaar, maar dis duur en reusagtig groot, wat dit moeilik maak om ‘n hele Bybel saam met jou te dra. FEBA se bediening verbind dekades lank reeds gesiggestremdes met God se Woord, deur radio en oudio-Bybels te gebruik om mense te bereik wat nie ‘n gewone Bybel kan lees of ‘n braille-weergawe kan bekostig nie.
Ons gebed vir die week:Bid dat elke FEBA-uitsending gesiggestremde luisteraars sal seën en hulle nader aan God sal bring.
Maandag 6 Januarie 2025 :
Kerkkantoor heropen.
Omgeebediening :
As deel van ons dankseisoen wil ons almal wie ons die afgelope jaar ondersteun het met kontant, kruideniers, beddegoed, klere, huisware, kersbottels ensovoorts, opreg bedank. Ons laaste kospakkies was Donderdag 12 Desember uitgedeel.
Ons kon onder andere ook help by huise met die onlangse brand in Wolvedans, soos ook tevore. So maak ons ‘n verskil op vele terreine met julle hulp.
Getuienisbediening :
Ons het aan die einde van 2024 gekom en wil graag vir elkeen wat gedurende die jaar ruim en deurlopend gehelp het met die voorsiening van elke behoefte wat ons gehad het, veral die sop, lappies, wol, gare, keramiek en Kersprojek, bedank vir jul liefdevolle deelname met die uitreik na minderbevoorregte mense in ons gemeenskap. Ons wens vir elkeen ‘n baie geseënde Kersseisoen saam met familie en vriende toe en ‘n voorspoedige en hoopvolle 2025. Ons begin weer met ons uitreike op 15 Januarie 2025.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
15 Desember 2024
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 15 Desember 2024.
Getuienisbediening:
Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Herinnering van Christus”.
Gemeentenuus:
Die dienstye van Desember is op die webwerf beskikbaar.
4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ontvangs/Sekretaresse
Hartenbos Versorgingsdienste, Hartenbos
Hartenbos Versorgingsdienste is ‘n program van Badisa, ‘n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Bestuur verslag doen en verantwoordelik wees vir die volgende:
Ontvangs van alle besoekers
Antwoord van skakelbord
Hantering van alle navrae
Hantering van aansoeke en waglyste
Hantering van etebesprekings en uitreik van fakture
Hantering van alle kontant
Administratiewe- en sekretariële pligte
Kandidate moet oor goeie menseverhoudinge beskik en ten alle tye geduldig wees.
Kandidaat moet volwasse en verkieslik ouer as 35 wees.
Kandidaat moet op meervoudige take gelyk kan fokus.
Ons bied ‘n onderhandelbare salaris, aangevul deur ‘n mediese en aftree skema, asook ruim verlof.
Rig ‘n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 31 Desember 2024 aan: bejaarde1@gmail.com
Ons dank u vir u volgehoue bydrae enondersteuning van die werk van die Here.
Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 1: 18-25.
Die tema van die prediking is: Drie Kersfees misteries.
Tweede Advent.
Sinodale offer vir BADISA by die deure.
Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
Vrydag 13 Desember 2024 :
Kerkkantoor sluit.
Sondag 15 Desember 2024 :
Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
Doop.
Derde Advent.
Spesiale offer vir Paarl-Skool (Brackenfell) by die deure.
Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
GEEN Groenkloof preek om 10:00.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai antwoorde vir nommer 15 & 16 en Bybelblokraai nommer 17 & 18 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Die kerk se kombuis het ‘n deurlopende behoefte vir leë roomysbakke wat vir sop/oortollige kos gebruik word.
Indien u het om te skenk kan u dit asb gedurende kantoorure by die kerk kom afgee. Baie dankie vir u ondersteuning.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die laaste uitreik vir die vierde kwartaal is 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
Ondersteuningsgroep :
O ns groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA China
Die mense in China honger na hoop. Stygende werkloosheid en ekonomiese swaarkry dryf baie om hulp by Boeddhistiese gode te soek. Hierdie wanhoop eis ook sy tol in gesinne en egskeidings raak meer algemeen. FEBA China het ’n gesinsbediening begin om hierdie behoefte aan te spreek, met programme wat ouers leer hoe om daagliks Christelike oordenkings saam met hul kinders te doen, en pod-sendings wat egpare leer om ’n huwelik met Christus as middelpunt te kweek.
Ons gebed vir die week:Bid dat FEBA China se gesinsbediening genesing vir gesinne reg oor die land sal bring.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
8 Desember 2024
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 8 Desember 2024.
Getuienisbediening:
Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar.
3. Bybelstudiereeks:
Die laaste gedeelte van ‘Rut – Kruispaaie – Obed se Kruispaaie’, deur dr Gerrie
van Deventer, is 6 Desember beskikbaar.
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Ons kragbron”.
4. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae enondersteuning van die werk van die Here.
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Jeremia 33: 14-18.
Die tema van die prediking is: Lewende Hoop!
Wêreldvigsdag.
Eerste Advent.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
GEEN tee na die erediens.
GEEN Groenkloof preek om 10:00.
Sondag 8 Desember 2024 :
Erediens om 09:00. Prediker – Dr Frans Hancke.
GEEN Kategese.
Tweede Advent.
Sinodale offer vir BADISA by die deure.
Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai antwoorde vir nommer 15 & 16 en Bybelblokraai nommer 17 & 18 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die laaste uitreik vir die vierde kwartaal is 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd
FEBA deel nie net die Goeie Nuus met luisteraars nie, maar onderrig hulle ook in verskeie aspekte van die lewe vanuit ’n Bybelse perspektief. FEBA Indië leer luisteraars om die gevare van mensehandel te herken, FEBA Pakistan hou bewusmaking-seminare oor geestesgesondheid, en FEBA Indonesië het onlangs met ’n radioprogram begin waardeur ouers en opvoeders kan leer hoe om godsdienstige beginsels in kinderopvoeding toe te pas.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se pogings om luisteraars van God se Woord te leer, sal vrug dra en uitnemendheid in alle omstandighede sal aanmoedig.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
1 Desember 2024
Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 1 Desember 2024.
2.Getuienisbediening:
a) ‘n Nuusbrief uit Suid-Asië is beskikbaar.
b) Daar is ‘n gebedsversoek van Michelle, wie se dogter ’n mediese ongesteldheid het.
Bybelstudiereeks: Die vyfde gedeelte van ‘Rut – Kruispaaie – Boas se Kruispaaie’, deur dr Gerrie van Deventer, is van 29 November beskikbaar.
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Reg vir die Wederkoms?”.
Gemeentenuus:
a) Die afsluitingsfunksie van die Ondersteuningsgroep.
b) Kerssangdiens 2024.
c) Nuwe Klimraam.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd
FEBA deel nie net die Goeie Nuus met luisteraars nie, maar onderrig hulle ook in verskeie aspekte van die lewe vanuit ’n Bybelse perspektief. FEBA Indië leer luisteraars om die gevare van mensehandel te herken, FEBA Pakistan hou bewusmaking-seminare oor geestesgesondheid, en FEBA Indonesië het onlangs met ’n radioprogram begin waardeur ouers en opvoeders kan leer hoe om godsdienstige beginsels in kinderopvoeding toe te pas.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA se pogings om luisteraars van God se Woord te leer, sal vrug dra en uitnemendheid in alle omstandighede sal aanmoedig.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae enondersteuning van die werk van die Here.
Die Kerssangdiens van 24 November was ‘n wonderlike aanddiens. Die sang, musiek, voorlesings, voordrag en toneelspel stukkies in die lig-belaaide kerk het ons in die regte stemming gebring. Ons is teruggevoer na waarom ons jaarliks die geleentheid vier, en wat die belangrikste Kersgeskenk van alle tye is. Jesus Christus se koms na hierdie aarde, as mens, sodat ons verlos kan word. Ons moet dit nooit uit die oog verloor nie.
Die kerkterrein het na vele besprekings daardie klimraam gekry. Dit is Vrydag 22 November 2024 geínstalleer en is deur ‘n anonieme persoon geskenk. Die kinders het dit dadelik met oorgawe ingewy op Sondagoggend 24 November 2024, terwyl die ouers gesellig om koppies koffie en tee gekuier het na, die erediens.
Op 20 November 2024 het die Ondersteunings groep in samewerking met die organisasie ‘Seeds of Hope’ , ‘n afsluitings funksie in NG Kerk Groot-Brakrivier se kerksaal gehou. Die funksie is bygewoon deur ongeveer 50 mense van Groot-Brakrivier.
Minette van Zyl het die oggend geopen, Annatjie van Rensburg het ‘n kort praatjie gegee, en die dag is gereel deur Riana Briers. Die funksie was baie goed beplan en smaakvol voorgesit.
Sondag 24 November 2024 : • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei. • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 1:1-14. Die tema van die prediking is: Lewenslig. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Radio FEBA by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof preek om 10:00 – Dr Frans Hancke.
Sondag 1 Desember 2024 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
• GEEN Kategese.
• Wêreldvigsdag.
• Eerste Advent.
• Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
• GEEN tee na die erediens.
• GEEN Groenkloof preek om 10:00.
Sterftes 2024:
11 November – Rita Malherbe: Wyk 4A (Forget Me Not) 12 November – Phillip Bester: Wyk 9C
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Desember 2024 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Die Besorgde Bejaardegroep nooi U vriendelik uit na die Kerssang-by-Kerslig geleentheid by die mark (oorkant Pick ‘n Pay) in Groot-Brak, DV 15 Desember 2024, vanaf 16:00-18:30. Bring gerus ‘n piekniekmandjie, stoele, ‘n kombers, en kerse en kom hou piekniek saam met U geliefdes! Donasies is welkom en sal gebruik word vir ‘n beoogde Dagsorgsentrum vir lae-inkomste bejaardes in die Groter-Brak gebied. Vir verdere navrae kontak Natalie by 083 883 3328.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en Kinders
Die Bybel beklemtoon die belangrikheid daarvan om kinders van jongs af te leer van God se Woord. Jongmense het deesdae met baie te kampe en voel dikwels alleen en verlore. FEBA saai programme uit wat kleintjies van die Bybel leer en skep sosiale media-inhoud wat tienerkwessies soos groepsdruk, liggaamsbeeld en verhoudings vanuit ’n bybelse perspektief bespreek.
Ons gebed vir die week: Prys God vir elke kind en bid dat Hy FEBA sal gebruik om kinders en tieners op die regte pad te lei.
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood: Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 27 Nov & 11 Des. Ons gaan die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte: Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.
Ondersteuningsgroep : Ons groep wil graag mense ondersteun met: • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies. • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard. Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
Dankies -Bloedskenking Die bloedskenking op 14 November 2024 het 89 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 99 mense (waarvan 4 nuwe skenkers was) wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 24 November 2024 1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 24 November 2024. 2. Getuienisbediening: a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar kan gelees word. 3. Bybelstudiereeks: a) Die vierde stuk van ‘Rut – Kruispaaie – Rut se Kruispaaie’, deur dr Gerrie van Deventer, is op 22 November beskikbaar. b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Waardering en oordeel…”. 4. Gemeentenuus: a) Daar is ‘n kort stukkie oor die babatee van ds Charnè Viljoen wat op 16 November gehou is, met fotos. b) Die SSSSS Konsert video vir 2024 is beskikbaar.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen Charné Viljoen
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525
044 620 2205 e-pos: Kontak Ons Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Op 16 November 2024 is daar met feestelikheid, die aankoms van die nuwe Babaseuntjie, wat in Januarie 2025 sy aankoms moet maak, ‘n ooievaarstee aangebied deur die Kerkkantoor personeel en die Gasvryheidsbediening van die gemeente. Die vroue het lekker saamgekuier in die kerksaal, om peuselhappies en heerlike sap, koffie en tee. Die geleentheid was ‘n verassing vir Ds. Viljoen, wat met die hulp van klein Emma geskenke oopgemaak het.
Die mans het om die doeke-braaivleisvuur gekuier, terwyl Ruan Viljoen se handigheid met doeke ruil getoets is. Dit was ‘n lekker geleentheid. Die egpaar bedank almal in die gemeente vir die welwillende gebaar.
Sondag 17 November 2024 : • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen. • Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 12:1-9. Die tema van die prediking is: Geseën om vir ander tot seën te wees. • Biddag vir Beskermingsdienste. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Sondag 10 November 2024 : • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen. • Ons skriflesing kom vanoggend uit Matteus 18:1-7. Die tema van die prediking is: Dink Jeug! • Doop. • Kategese afsluiting & kinderdankoffer. • Spesiale offer vir Up with Downs-Skool by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof preek – GEEN – die preek verskuif na 17 November.
Ons kategese sluit vanoggend af. Katkisante ontvang getrouheidsertifikate en ons hou ’n afsluitingsbraai na die erediens.
Dinsdag 12 November 2024 : • Die Kerkraad vergader in die kerksaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 13 November 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Alle belangstellendes is welkom.
Donderdag 14 November 2024 :
Sondag 17 November 2024 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
• GEEN Kategese.
• Biddag vir Beskermingsdienste.
• Spesiale offer vir Kankervereniging by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en Families
’n Gelukkige gesin is ’n geskenk wat aanhou gee. Dit is waarom FEBA passievol daaroor is om mense te help bou aan verhoudings met sterk Bybelse fondasies, of dit nou deur radio- en aanlynprogramme, of seminare is. Een deelnemer sê: “Ek het baie kennis opgedoen oor kinders grootmaak, vergifnis en die gesinslewe. Ek en my eggenoot het besluit om God se Woord toe te pas en Hom toe te laat om ons swakhede te korrigeer.”
Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA sal gebruik om sterk families op te rig wat gewortel is in Sy Woord.
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood: Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning. • Behoeftes vir Getuienisprojekte: Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.
Dankies -Dankfees
Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons dankfees.
Ons is ook dankbaar vir elke bydrae.
Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here
Ondersteuningsgroep : Ons groep wil graag mense ondersteun met: • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies. • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard. Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – / Riëtte Jansen van Rensburg –
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 10 November 2024 1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 10 November 2024. 2. Getuienisbediening a) Michelle se nuus uit die Oekraïne is beskikbaar. b) Lynette se Madagaskar nuus is geplaas. 3. Bybelstudiereeks: a) Die tweede stuk van ‘Rut – Kruispaaie – Self Kaart lees’, deur dr Gerrie van Deventer, is vanaf 8 November beskikbaar. b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Elke dag dankbaar…”.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
ADMINISTRATIEWE KOÖRDINEERDER: JEUG EN FAMILIEBEDIENING STELLENBOSCH
Die NG Kerk in SA (Sinode van Wes-Kaapland) het ’n voltydse pos beskikbaar in Stellenbosch vir ’n Administratiewe Koördineerder: Jeug en Familiebediening.Aansoekproses: Die aansoekvorm, advertensie en volledige posbeskrywing kan by die volgende skakel gevind word: https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/
Groenewaldfonds
Aansoeke deur persone wat kwalifiseer vir studielenings uit die Groenewaldfonds sluit op 30 November 2024. Die voorgeskrewe vorm is by die kerkkantoor beskikbaar. Skakel asb die kerkkantoor indien u enige verdere inligting benodig
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars: Danie Goosen Charné Viljoen
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525
044 620 2205 e-pos: Kontak ons vorm Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Die Gemeente se Oktober 2024 dankfees is Vrydagaand 25 Oktober afgeskop met die SSSSS (Sop, Sjerrie, Sap, Stoepstories en ander Stuitighede) Konsert. Dr Gerrie van Deventer het die geleentheid op gepaste wyse geopen. Dit was ‘n interessante variasie wat die uniekheid van ons mense beklemtoon.
Saterdag het die kerk terrein gewoel en gewerskaf van vroeg af, om die Pretdraf aan die gang te sit, en alles reg te kry vir die dag. Daar is heerlik saam gewerk, gebak, gebraai, gekuier, gespeel, geeet, koffie, tee en koeldrank gedrink. Deur dit alles is ons met heerlike musiek oorlaai.
Die dag was ‘n wonderlike feestelike geleentheid, met die groot verskeidenheid produkte en nuwe aktiwiteite vir die kinders. Dankie vir elkeen wat so hard gewerk het, en almal wat die dag bygewoon het om dit so ‘n lekker onthou dag te maak.
Die naweek is Sondag afgesluit, op gepaste wyse, deur die erediens. Die Nagmaal is bedien, met hulp van die jeug, en die inlei van die dankseisoen deur Ds Viljoen.
Sondag 3 November 2024 : • Baie welkom by die erediens. • Ons skriflesing kom vanoggend uit Prediker 9:7-10. Die tema van die prediking is: Wat is jou lewenshouding? • Kategese. • Spesiale offer vir Geopende Deure by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Dinsdag 5 November 2024 : • Die Bestuurspan vergader in die sysaal onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 6 November 2024 : Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 10 November 2024 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Charné Viljoen.
• Doop.
• Kinderdankoffer.
• Afsluiting van Kategese vir 2024.
• Spesiale offer vir Up with Downs-Skool by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
• Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir November 2024 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai 15 & 16 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood: Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 105 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning. • Behoeftes vir Getuienisprojekte: Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.
Bloedskenk-geleentheid : DRINGENDE VERSOEK – voorrade BAIE laag! Bloedskenk-geleentheid op Donderdag 14 November vanaf 15:00 tot 19:00 in die kerksaal. Christo Smith – 083 447 9891.
Ondersteuningsgroep : Ons groep wil graag mense ondersteun met: • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies. • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard. Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA en Geestesgesondheid
Het jy geweet dat een uit elke twee mense waarskynlik ’n geestessteuring in hul leeftyd sal beleef? Geestesgesondheid is noodsaaklik vir ’n gesonde gemeenskap. FEBA-spanne wêreldwyd ontvang terugvoer van luisteraars, oud en jonk, wat hoop in die Goeie Nuus gevind het deur FEBA se programme. Tog ervaar baie FEBA-aanbieders en -beraders ook persoonlike terugslae.
Ons gebed vir die week: Bid dat God se vrede die harte en denke van FEBA se personeel en luisteraars in alle omstandighede sal bewaar.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 3 November 2024 1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 3 November 2024.
Bybelstudiereeks: a) Die ses-weekse Bybelstudie oor Rut – “Kruispaaie” – deur dr Gerrie van Deventer, is nou beskikbaar op die webwerf. b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die omvang van God se Liefde”.
Gemeentenuus ‘n Kort oorsig van die “Dankfees in woord en kleur” is beskikbaar op die webwerf.
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Sondag 27 Oktober 2024 : • Baie welkom by die erediens. • Ons skriflesing kom vanoggend uit Filippense 1:3-11. Die tema van die prediking is: Blye dankbaarheid. • Hervormingsfees & Nagmaal. • Dankbaarheidsoffers. • GEEN Kategese. • Spesiale offer vir Bybelgenootskap by die deure. • Worsbroodjies word bedien na afloop van die erediens. • Groenkloof preek & Nagmaal om 10:00 – Ds Gerrie van Deventer.
Woensdag 30 Oktober 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 3 November 2024 :
• Erediens om 09:00. Prediker – Ds Gerrie van Deventer.
• Kategese.
• Spesiale offer vir Geopende Deure by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir November 2024 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai antwoorde vir nommer 13 & 14 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Getuienisbediening : • Wolwedans boodskap, sop en brood: Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning. • Behoeftes vir Getuienisprojekte: Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.
Ondersteuningsgroep : Ons groep wil graag mense ondersteun met: • Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies. • Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard. Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit. Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
Sterftes 2024:
18 Oktober – Hester Robb: Wyk 4B
Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA-luisteraars
Bid vir die FEBA-luisteraars wat oud, siek, eensaam of oorweldig voel. Baie van hierdie luisteraars vind troos in FEBA se uitsendings en kommunikeer gereeld met die spanne, wat ’n poging aanwend om te antwoord en só verhouding te bou. Baie spanne doen ook moeite om luisteraars in eie persoon te besoek.
Ons gebed vir die week: Bid dat luisteraars wat geselskap benodig, dit deur FEBA se bediening in God se Woord sal vind, en dat hulle dit met ander sal kan deel wat dieselfde behoefte het.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 27 Oktober 2024 1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 27 Oktober 2024. 2. Getuienisbediening Die weeklikse nussbrief van Madagaskar. 3. Bybelstudiereeks: a) Vanaf 1 November 2024 is daar ‘n nuwe Bybelstudie beskikbaar oor Rut – Kruispaaie, deur Dr. Gerrie van Deventer. b) Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Wie is in beheer?”
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Hartenbos Bejaardesorgdiens se jaarlikse basaar vind plaas 14 Desember.
Ons vra asb almal se hulp in die vorm van:
Nagereg en gebak bestandele,
Handwerk en witolifant items,
Bierbokse en Pick ‘n Pay sakkies,
Enige gebak soos groot koeke, klein koekies, beskuit en terte.
GRAAFF REINETTE LAAN, HARTENBOS
TEL: 044- 695 2386 / 695 1948
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Sondag 20 Oktober 2024 : • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan ds Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei. • Ons skriflesing kom vanoggend uit Prediker 3:1-14. Die tema van die prediking is: Die tyd van ons lewe. • Biddag vir Gesondheidsdienste. • Kategese. • Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Woensdag 23 Oktober 2024 : • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Vrydag 25 Oktober 2024 :
Saterdag 26 Oktober 2024 :
Sondag 27 Oktober 2024 :
• Prediker – Ds Charné Viljoen. • Hervormingsfees. • Nagmaal. • Dankbaarheidsoffers. • GEEN Kategese. • GEEN Aktief Kerkwees nie. • Nuwe lidmate verwelkoming. • Spesiale offer by die deure: Bybelgenootskap. • Worsbroodjies word bedien na afloop van die erediens (vir die wat RSVP het).
verjaarOkt2024
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die vierde kwartaal is 30 Okt, 13 & 26 Nov & 11 Des. Ons gaan die die nuwe jaar DV op 15 Januarie 2025 begin. By voorbaat baie dankie vir u ondersteuning.
Behoeftes vir Getuienisprojekte:
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie.
Ondersteuningsgroep :
O ns groep wil graag mense ondersteun met:
Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Eurasië
Alexey V., een van FEBA Rusland se programbestuurders, lei tans FEBA se pogings om hul bediening ook in Oesbekistan, Turkmenistan en Tajikistan te vestig. Al drie hierdie lande is oorwegend Moslem en bied aansienlike struikelblokke vir evangelisasie, insluitend beperkings op openbare bekering en die uitdeel van godsdienstige lektuur. Nietemin is daar ook geleenthede om die Goeie Nuus en die hoop wat dit bring, te deel.
Ons gebed vir die week: Bid dat God vir Alexey en sy span na die regte mense en plekke sal lei sodat FEBA God se Woord aan die onbereiktes in dié lande kan begin uitsaai.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) 20 Oktober 2024 1. Erediensbediening: Skakel na die YouTube Erediens van 20 Oktober 2024. 2. Bybelstudiereeks: Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Hardloop en wegkruip…”
Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Sondag 13 Oktober 2024 : • Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Albert & Claudia Bright (dogtertjie – Ava). • Ons skriflesing kom vanoggend uit Galasiërs 3:26-29. Die tema van die prediking is: Ingelyf in Sy liggaam. • Kategese. • Spesiale offer vir Gideons by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Lus vir saam lag en speel? Omkring die datum van 25 Oktober 2024 om 19:00 vir ons immergewilde Sop, Sap, Sjerrie, Stoepstories en ander Stuitighede konsert (SSSSS)