Afkondigings 2 – 9 Maart 2025

Sondag 2 Maart 2025 :

  • Baie welkom by die Nagmaal gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 7:1-10.
  • Die tema van die prediking is: Waardig?
  • Eerste Lydensweek.
  • Nagmaal.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale offer vir Hospitaalbearbeiding by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Willem Smit.

Woensdag 5 Maart 2025 :
Aswoensdag.

NEEM KENNIS: Die Moderamen Vergadering, soos aangedui op die kalender, het geskuif na 11 & 12 Maart. Dus het Blok 5 se blokbyeenkoms met 1 week vervroeg.

  • KLUB 50 Byeenkoms – Begin stiptelik om 10:00.
  • Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 5 (Hersham) by Barbara Gericke, Franklinstraat 22 – 082 411 1222.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 7 Maart 2025 :

Wêrelbiddag vir Vroue.

  • Dames wat wil saamry kom 15:15 by ons kerk bymekaar waarna ons dan om 15:30 saam vertrek na die VGK.

Sondag 9 Maart 2025 :

  • Erediens om 09:00. Prediker – Ds Willem Smit.
  • Tweede Lydensweek.
  • Kategese.
  • Spesiale offer vir Arbeidsbediening Mosselbaai by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Maart 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Verjaarsdae

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 21, asook die antwoorde vir nommer 20, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

  • Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 12 & 26 Maart.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

  • Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, material, gare, borduurgare, linne en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaik projekte) en bedank u by voorbaat vir u deelname.
    • Indien u kan help met skenkings van inkleurkryte/-potlode kan u dit asseblief tydens kantoorure by die kerkkaantoor kom afgee.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Oekraïne

Na drie jaar van oorlog neem twyfel en wanhoop toe in die Oekraïne. Mense is uitgeput, hulle bevraagteken God se bestaan en liefde en wonder of vrede ooit sal kom. Mense se harte is gereed vir die Goeie Nuus en baie kontak FEBA Oekraïne op soek daarna.

Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA Oekraïne se span, wat getrou aanhou werk ongeag hul eie vrees en uitputting. Bid dat God die vuur van hulle geloof aan die brand sal hou sodat die lig daarvan verlorenes na Hom toe sal bring.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

2 Maart 2025

  1. Erediensbediening:
  2. Skakel na die YouTube Erediens van 2 Maart 2025.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier,
6525
044 620 2205

 e-pos: Stuur boodskap                 

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier
SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier