Sondag 23 Maart 2025 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13:1-9 (2020-vertaling).
- Die tema van die prediking is: Die Onverwagte?
- Vierde Lydensweek.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Gemeente Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Woensdag 26 Maart 2025 :
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 6B (Eurekapark) by Alida Terblanche, Duineweg 4. Kobus Stander – 084 657 3611.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Donderdag 27 Maart 2025 : Bloedskenk

Vrydag 28 Maart 2025 :
- Skole sluit.
Sondag 30 Maart 2025 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker – Dr Gerrie van Deventer.
- Doop.
- Vyfde Lydensweek.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Magdalenahuis by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 –Digitaal.
Verjaarsdae

Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die eerste kwartaal is 26 Maart.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Pakistan
Van hierdie maand af verleng FEBA Pakistan se daaglikse mediumgolfuitsendings van 30 na 60 minute! Die span werk ook aan ’n nuwe videoreeks, “Christelike Gesinslewe”, wat hopelik in April op YouTube sal begin uitsaai. FEBA Pakistan se opvolgwerkers het intussen hulle werk op alle uitsaaiplatforms uitgebrei om kontak te maak met mense wat na God soek en om nuwe luisteraars leiding te gee.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBA Pakistan se span veilig sal bly en dat hul nuwe programme oorvloedige vrug sal dra.
Klub 50



| Staan ‘n kans om ’n krat vol kruideniersware te wen!R20 lootjies Sondae by die tee na kerk by Johan Smit te koop. |

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
23 Maart 2025
- Erediensbediening:
- Skakel na die YouTube Erediens van 23 Maart 2025.
- Getuienisbediening:
- Daar is sending nuus vanaf Lynette uit Madagaskar.
- Michelle Potgieter gee aan ons terugvoer oor Mari-Alena.
- Bybelstudiereeks:
- Begin elke dag jou dag met ‘n inspirerende boodskap uit ons webtuiste se eksklusiewe reeks ‘Skep asem vir vandag’. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die Nuwe Gebod”.
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525 ‘ 044 620 2205
e-pos: Stuur ‘n Boodskap
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



