Sondag 30 Maart 2025 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei, asook aan die familie en vriende van die doop ouers: Thinus & Rina Janse van Rensburg (seuntjie – Xander).
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 13:6-9 (1983-vertaling).
- Die tema van die prediking is: ‘n Vyeboom en kompos.
- Vyfde Lydensweek.
- GEEN Kategese.
- Spesiale offer vir Magdalenahuis by die deure.
- Tee sal bedien word in die sysaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Woensdag 2 April 2025 :
NEEM KENNIS: Blok 7 se blokbyeenkoms vervroeg met 1 week en daar sal dan geen blokbyeenkoms plaasvind op 9 April, soos aangedui op die almanak, nie.
- Blokbyeenkoms om 18:00 in Blok: 7 (Agter Polisiestasie) by Adolf & Lida Jonker, Wiggettstraat 8 – 082 563 1927.
- GEEN Kooroefening gedurende die skoolvakansie nie. Oefening hervat weer op 9 April.
Sondag 6 April 2025 :
- Erediens om 09:00.
- Prediker – Dr Gerrie van Deventer.
- Dag van Danksegging & Verootmoediging.
- Sesde Lydensweek.
- GEEN Kategese.
- Sinodale offer vir Teologiese Kweeksool by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
- Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer.

Dankies Bloedskenking
Die bloedskenking op 27 Maart 2025 het 72 volpinte bloed opgelewer.
Baie dankie vir die 87 mense wat opgedaag het om te skenk, u skenkings kan lewens red. Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir April 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 22, asook die antwoorde vir nommer 21, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bedieninge
Omgeebediening :
- Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
- Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
- Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – 082 327 9527.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
- Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 9 & 23 April, 7 & 21 Mei en 14 & 18 Junie.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
- Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
- Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
- Hulp met inkopies.
- Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
- Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:
Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.


FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Wêreldwyd
FEBA se bediening steun swaar op sy menslike en materiële hulpbronne. Of dit nou leiers is wat strategiese beplanning doen, tegnici wat radiostasies bou en onderhou, kreatiewe denkers wat radio- en aanlynprogramme skep, die aanbieders wat daardie programme op ’n innemende wyse aanbied, of die opvolgwerkers wat dien as die hande wat op ’n praktiese manier na luisteraars uitreik – elke posisie is noodsaaklik vir FEBA se missie.
Ons gebed vir die week: Bid vir FEBA-werkers reg oor die wêreld en bid dat God die regte mense vir elke span sal voorsien.
Gemeentefees

Gemeentefeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.
Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone.
Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.
Ons rekening is:
NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB,
Rek no 53083186511,
takkode 210314.
(Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “GFees” & Bloknr & Van, merk)
Hartenbos

Moedergemeente George




Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
30 Maart 2025
- Erediensbediening:
- Skakel na die YouTube Erediens van 30 Maart 2025.
- Getuienisbediening:
- Daar is sending nuus vanaf Lynette uit Madagaskar.
- Bybelstudiereeks:
- Begin elke dag jou dag met ‘n inspirerende boodskap uit ons webtuiste se eksklusiewe reeks ‘Skep asem vir vandag’. Vorige dagstukkies kan gevind word deur op die skakel onderaan te klik.
- Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Die enigste pad.”
- Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Leraars:
Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640
Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525 ‘
044 620 2205
e-pos: Kontak Ons
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



