Kry gratis toegang tot die Bybels in al 11 amptelike tale van Suid-Afrika of luister aanlyn na verskillende Oudiobybels, alles in een app. Pas u Bybelleeservaring volgens u behoeftes aan en kry toegang tot leesplanne, dagstukkies en Bybelverse.
Mia Bruhns [Pastorale Narratiewe Terapeut] is ons gasspreker oor Depressie.
Mia verduidelik kortliks die plastisiteit van die brein t.o.v depressie. Daar is voorheen geglo dat die mens se breinselle afsterf en dat dit dan finaal is.
Nuwe navorsing wys dat die brein se plastisieit die vermoë het om sy struktuur te verander met leer.
Met depressie word daar ‘n probleem storie vasgelê, maar deur die gebruik van taal, kan ‘n alternatiewe verhaal geskep word.
Eensaamheid is ‘n probleem wat toenemend voorkom in ons moderne samelewing en ook in ons eie gemeente, daarom het ons dit goed gedink om ‘n ondersteuning netwerk en groep te begin vir:
enkellopendes;
mense wat gemarginaliseerd voel;
nuwe intrekkers wat uitgesluit voel;
selfs mense binne ‘n verhouding wat eensaam voel;
of wat ookal jou omstandighede is, dalk weens verlies of siekte. Indien jy wil inskakel by so ‘n groep, of nodig het om net met iemand vertroulik te praat, kontak of whatsapp my. Riana Briers Sel: 081 039 8853
Die Dankfees van Saterdag was ‘n heerlike kuier geleentheid en is goed bygewoon in ‘n baie besige Groot-Brakrivier. Ons kon lekker kuier om al die aktiwiteite. Daar was heerlike sosaties, roosterkoeke, kerrie en rys, jaffels, boereworsrolle, pannekoek, vleis, gebak, poeding en groente om van te kus en te keur. Die kindertafel en wit-olifant tafel het ‘n groot verskeidingheid vir oud en jonk gehad. Die koffie en koek tafel was baie besig en mense kon heerlik saamkuier. Dit alles is aangevul met die klankryke boereorkes musiek van Miggill Maritz en sy span.
Ons wil almal bedank wat hard gewerk het met al die voorbereiding, die voorsit van heerlike disse en versnaperringe. Aan elkeen wat betrokke was, hetsy by die harde werk, asook almal wat die dag bygewoon het en ons so ondersteun het. Die was die moeite werd en sonder elkeen van julle sou ons dit nie kon doen nie. Nogmaals dankie.
Die NG Kerk Groot-Brakrivier neem afskeid van Ds. Paul en Hettie Roodt op 8 Mei 2022 tydens ‘n finale preek. Ds. Paul Roodt is as proponent in die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente gelegitimeer op 18 Januarie 1985 en het op 31 Mei 2020 die gemeente tydens die tweejaarlange, grendeltyd pandemie verlaat, weens mediese redes, om hulle in Hartenbos te vestig.
Ds. Paul het sy laerskool in Laerskool Brandwag, waar sy vader die skoolhoof was, voltooi. Hiervandaan is hy na Hoërskool Punt in Mosselbaai waar hy gematrikuleer het. Sy BA Admissie en Grieks Honneurs het hy by UPE verwerf en sy finale jare by die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch voltooi. Hierna het hy twee jaar diensplig by 8 SA Infanterie Bataljon te Upington gedoen. Hy ontmoet vir Hettie tydens sy studentejare in Stellenbosch. Hulle is later getroud en het twee dogters, Jolette en Estelle.
Diens in die Kerk
Die geleentheid in die kerk was volgepak en kleurryk. Die voorsang met klavier en dwarsfluit begeleiding word deur Isabella Wolmarans gelei en sluit onder andere Ps. 118, Lied 163, Lied 553 en Ps 146 in. Ds. Danie Goosen doen die verwelkoming en inleiding tot Ds. Paul Roodt se finale preek.
Ds. Paul gebruik dieselfde bybeltekste waarmee hy sy intreerede gegee het. In 1 Kor. 2: 1-5 as inleiding wys hy op sy nederigheid en diensbaarheid om Jesus Christus verstaanbaar te verkondig sodat ons geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
Met 2 Kor. 12: 7b-10 vergelyk hy sy swakheid en siekte met die van Paulus wat tot God gebid het om die doring in sy vlees van hom weg te neem, maar God antwoord met “my genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring.” Desember 2014 was vir Ds. Paul ‘n keerpunt toe Parkisons by hom gediagnoseer is. Hy het egter aan hierdie woorde van Paulus vasgehou “As ek swak is, dan is ek sterk.”
Uit Matt. 28:16-20 het Ds. Paul sy roeping ontvang en aangepak. Hy was ‘n dissipel van Christus wat uitgegaan het om dissipels te maak, hulle te doop in die naam van die Drie-enige God en hulle te leer waar hy kon.
Tydens sy 35 jaar in diens van die NG Kerk Groot-Brakrivier gemeente het hy troues (225), doopbedieninge (469) en begrafnisse (616) gelei. Die laaste doop as predikant is ook in hierdie kleurryke geleentheid bedien toe hy vir klein Adelaide Kelly Schlechter doop. Hy het ook tydens menige huisbesoeke, blokbyeenkomste, bybelstudiegroepe, jeugwerk, kategese en skoolgroepe sy belofte aan God gestand gedoen. Hy sê ook dankie vir die jare wat hy in diens kon staan.
Demissie en Groeteboodskappe
Ds. André Kritzinger wat ‘n jarelange kollega in Mosselbaai was van Ds. Paul oorhandig die akte van demissie by emiritaat namens die Ringkommissie en laat ons met die boodskap dat ons vir Ds. Paul moet bid.
Ds. Johan Strauss wat vir 36 jaar in die Groot-brakrivier VGK was, en nou reeds 11 jaar afgetree is, bedank Ds. Paul en Hettie vir hul hulp en bystand in die gemeenskap. Hy noem Ds. Paul ‘n kollega en vriend wat betroubaar, lojaal, wat met toewyding en pligsgetrouheid sy taak volbring het. Hy groet Ds. Paul met Matt 17:8, waar die dissipels net vir Jesus sien; Fil 4:4 waar ons gemaan word om altyd bly te wees soos die voorbeeld wat Ds. Paul gestel het; en Num. 6:24-26 “Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” Mag dit so wees elke dag!
Johan Muller, wat Ds. Paul jare lank ken as gemeentelid en familie vriend vertel van die eerste ontmoeting toe die jong Paul Roodt op die vraag wat hy gaan word, eenvoudig geantwoord het: “Ek gaan ‘n dominee word.” Ds. Paul het gereeld aan huis van Tannie Maraaitjie kom tee drink en later self ook sy eie pakkie tee saamgebring het. Hy het Johan se suster Alta begelei en ondersteun tydens haar stryd met kanker en was ‘n steunpilaar vir die hele familie; ook Johan se broer Sarel wat baie ondersteuning nodig gehad het. Die familie is lief vir Ds. Paul en Hettie en bid dat “Sy genade kombers genoeg sal wees vir hom.”
Ds. Smuts van Rensburg wat jarelange kollega in Hartenbos en vriend is noem hoe die NG Kerk Groot-Brakrivier uitgebrei en gegroei het, in getalle en geestelik, van die begin jare nadat Paul gelegitimeer is tot sy uittrede. Hy was ‘n mens wat kon leiding gee, met oorgawe gedien het en met sy hele hart, siel, verstand en krag die Here gedien het. Hy het ‘n wonderlike en vlymskerp humorsin, kon heerlik lag en huil wanneer nodig. Ds. Paul was getrou aan wie hy is – hy het alles gegee. Ds. Paul en Hettie het mekaar ondersteun in sagtheid en nederigheid. Hy laat Ds. Paul ook met Num 6:24-26 en met die boodskap:
Geniet elke dag wat geskenk word en leef voluit!
Ds. Danie Goosen, kollega tydens die laaste klompie jare, noem ook Ds. Paul se toegewydheid en bedank hom vir die samewerking, die saambid en vir die respek vir mekaar; en maan hom om nie te hard op homself te wees nie. Hy kon sag en ferm wees wanneer nodig.
Die geleentheid word afgesluit met ‘tee met koekies’, Ds. Paul se geliefkoosde sê-ding wanneer daar ‘n lekker geselligheid is na ‘n diens.
Ds. Paul het voorwaar die wedloop gehardloop en dit suksesvol volbring. Die NG Kerk Groot-Brakrivier sê dankie vir 35 jaar se 100% diens, maar nie heeltemal vaarwel nie, aangesien Ds. Paul en Hettie nog lidmate in die gemeente is.
NG Kerk Groot-Brakrivier groet met 2 Pet. 5:10-11:
“En mag God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons ‘n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves! Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!”
‘n Spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Chrissie en Yolanda Schlechter en hulle dogtertjie Adelaide Kelly Schlechter wat vanoggend gedoop word.
Ds Louwrens van der Westhuizen en 3 van sy medewerkers gaan ons Pinksterdiens op 30 Mei 2022 kom bywoon, saam sop en broodjies na die tyd geniet en ook net saam kuier.
Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan familie en vriende van Chrissie en Yolanda Schlechter en hulle dogtertjie Adelaide Kelly Schlechter wat vanoggend gedoop word.
Afskeidsgroet ds. Paul & Hettie Roodt.
Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente-Hulpfonds.
Kategese om 09h00.
Tee MET koekies in die saal / tent. Almal is welkom.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
Gebedsgidse
Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Basaarsameroepers – 9 Mei 2022
Die basaarsameroepers vergader Maandagaand om 18h00 by die kerk.
Bestuurspanvergadering – 10 Mei 2022
Die bestuurspan vergader eerskomende Dinsdagmiddag om 17h30 in die kerk onder die voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra u voorbidding vir die vergadering.
Blokbyeenkoms – 11 Mei 2022
Blok 9C (Tergniethoogte) en Blok 14 (Groenkloof-Reebok) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas in Groenkloof-Reebok se eetsaal. Christo Kitching 082 823 2888 (Blok 9 C) en Heloïse van der Merwe 082 924 9883 (Blok 14).
Sondag – 15 Mei 2022
Sinodale bid- en dankdag
Kategese om 09:00.
Ds. Danie Goosen
Sinodale Offer vir die Buitelandse Sending.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van materiaal, gare, borduurgare, keramiek en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Amos, Lynda en kinders
Amos wil SA besoek om te rus na verskeie mediese terugslae wat hy beleef het die afgelope jaar. Hulle het nie genoeg fondse vir die vliegtuigkaartjies nie en het gevra of hul ondersteuners dalk bydraes kan maak. Bersig-Suid sal na hul vervoer en verblyf omsien.
Indien u deur die Gees gelei word kan u inbetalings in Bergsig-Suid se bankrekening (NGK George-Bergsig, ABSA Bank, Rekeningnommer 890 580 009, Tak 632005) maak. Gebruik “Amos&Lynda” as verwysing met enige inbetaling. Baie dankie vir u oorweging en voorbidding.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak.Enige nie-bederfbare produktesoos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Dankfees – Kerrie en Rys
U kan nog tot Maandag, 9 Mei bestellings plaas vir kerrie en rys.
250ml R15
500ml R30
Whatsapp of skakel asseblief vir Barbara Gericke by 082 411 1222.
Dankfees – Kindertafel
Ons benodig dringend eet- en speelgoed vir die kindertafel. Indien u ‘n bydrae kan maak, lewer asseblief af by De Kaap Eiendomme of die kerkkantoor tydens kantoorure. (Pauline 079 557 8591).
Moedersdag
Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om alle ma’s en diegene wat moederlike rolle vertolk ‘n geseënde Moedersdag toe te wens. Ons dra julle met liefde aan die Here op.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Pannekoek tafel: Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).
Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.
Gebak: Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).
Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei2022. Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.
KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30
Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /
Corita du Preez – 084 265 9487
JAFFELS @ R20 ELK: Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis. Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
VLEIS:Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
GEBAK:Liana Boshoff – 084 764 6155
GROENTE:Robert Crause – 071 243 9181
WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011
KINDERTAFEL:Pauline Richards – 079 557 8591
POEDING:Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 MEI2022. Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.
KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30
Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /
Corita du Preez – 084 265 9487
JAFFELS @ R20 ELK: Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis. Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
VLEIS:Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
GEBAK:Liana Boshoff – 084 764 6155
GROENTE:Robert Crause – 071 243 9181
WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011
KINDERTAFEL:Pauline Richards – 079 557 8591
POEDING:Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)
Dit is met leedwese dat ons u meedeel van die afsterwe van Johan Marais Ons dra ons innige simpatie en voorbidding oor aan die oorledene se geliefdes, mag die Here u troos in hierdie hartseer tyd.
lynettemadanews Apr 24 Winter is definitely closing in. We are spending a few days at Highlands Lodge in the Outeniqua pass before heading back to Cape Town. We are privileged to be blessed by our friends Liaan and Elizna for making this getaway possible. It is really cold and the fireplace has been going for most of the time.
26 April 2022 Goeie môre gemeente, Die evangelie verkondig die boodskap dat Jesus Christus die Here is. Dit word beklemtoon in die Paasgebeure met die opstanding uit die dood en verskyning van Jesus Christus aan talle getuies. Ons deel in die skare getuies van gelowiges wat gereeld ons geloof in die Opgestane Christus bely. Ons hoop is op Hom gerig en in Hom gesetel. Mag ons dit gereeld met mekaar en die wêreld deel.
Ons skriflesing vanoggend kom uit Johannes 21 vers 1 tot 19. Die tema van die prediking is: ‘n Herinnering wat jou stroop?
Spesiale deuroffer gaan vir die Christelike Afhanklikheidsdienste (CAD).
Kategese om 09h00.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Gebedsgidse vir Mei 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Tillie is met verlof en is eers weer Woensdag, 4 Mei 2022 terug op kantoor.
Sondag – 1 Mei 2022 (Sinodale bid en dankdag)
Geen Kategese.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds. Basie Fourie
Doop.
Spesiale Offer vir die Magdalenahuis.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak.Enige nie-bederfbare produktesoos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ds. Paul en Hettie – afskeid
Ds. Paul en Hettie se afskeid word Sondag 8 Mei 2022 gehou.
Dankfees – 14 Mei 2022
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Pannekoek tafel: Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).
Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.
Gebak: Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).
Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei2022. Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.
KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30
Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /
Corita du Preez – 084 265 9487
JAFFELS @ R20 ELK: Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis. Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
VLEIS:Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
GEBAK:Liana Boshoff – 084 764 6155
GROENTE:Robert Crause – 071 243 9181
WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011
KINDERTAFEL:Pauline Richards – 079 557 8591
POEDING:Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)
SATERDAG, 7 MEI 2022, OM 19:00 IN DIE NG KERK REEBOK KOSTE: R100 Moenie hierdie heerlike musiek-bederfaand (ten bate van die NG Gemeente Reebok se Ontwikkelingsfonds) saam met Helene Bester misloop nie.
Maak seker dat jy ‘n kaartjie kry by die kerkkantoor tydens kantoorure, of skakel 044 696 6685
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Ds. Paul en Hettie – afskeid Ds. Paul en Hettie se afskeid word Sondag 8 Mei 2022 gehou.
Blokbyeenkoms – 20 April 2022 Blok 9A (Reebokhoogte)
Sondag – 24 April 2022 Kategese om 09:00. Erediens vind plaas om 10:00 in die Prediker: Ds. Danie Goosen. Doop.
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening. Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 23 April 2022
Dankfees – 14 Mei 2022
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan
Dr. Frans Hancke wat vanoggend se erediens lei.
Ons skriflesing vanoggend kom uit Mark 16:1-8. Die tema van die prediking is: Julle soek verniet.
Spesiale deuroffer gaan vir die Teologiese Kweekskool.
Geen kategese.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op 083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar. https://www.nggrootbrak.co.za
Gebedsgidse Gebedsgidse vir April 2022 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte en Kerkbode is ook by die traliehek van die kerk-kantoor beskikbaar.
Tillie is met verlof en is eers weer Woensdag, 4 Mei 2022 terug op kantoor.
Blokbyeenkoms – 20 April 2022
Blok 9A (Reebokhoogte) se blokbyeenkoms vind eerskomende Woensdagaand om 18:00 plaas by Johan & Philene Smit (Cowriesingel 15, Tergniethoogte)
084 500 4296.
Sondag – 24 April 2022
Kategese om 09:00.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Doop.
Spesiale Offer vir die Christelike Afhanklikheidsdienste.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 20 April,
4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Woensdag, 6 April, se uitreik na Wolwedans was gesëend en kon ons weer vir 80 gesinne bedien met die Goeie Boodskap, sop en brood, danksy die goeie ondersteuning van ons gemeentelede met die deurlopende voorsiening van sop.
Foto’s van waarmee die dames van die naaldwerkprojek tans besig is, is in die voorportaal vir besigtiging.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak.Enige nie-bederfbare produktesoos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die houers in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure.
Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting.
Ds. Paul en Hettie – afskeid
Ds. Paul en Hettie se afskeid word Sondag 8 Mei 2022 gehou.
Probleme met die kerkorrel:
Die kerkraad het kennis geneem van probleme met ons kerkorrel. Kundiges het dit ondersoek en ’n kwotasie vir die herstel is aan ons voorgelê. Volgens beleid moet ’n tweede kwotasie verkry word. Hierdie kwotasie sal ons ongelukkig eers gedurende Mei-maand kan kry weens die skaarsheid van kundiges. Ons is derhalwe verplig om intussen van ons klavier gebruik te maak vir begeleiding.
KLUB 50+
Klub 50+ het baie lekker braai gehou Woendag, 6 April, (Van Riebeeck dag) tenspyte van die weer. Baie dankie vir almal se hulp, bydrae en teenwoordigheid.
Ons volgende uitstappie vind plaas in Mei maand na ‘n wildplaas.
Kontak vir Mariana van Huyssteen (082 922 9291).
Brandwacht Boerebasaar: Saterdag, 23 April 2022
Almal is welkom om saam te kom kuier op Brandwag vir ‘n feestelike boerebasaar op die kerkgronde.
Vanaf 09:00 is alle buite stalletjies oop.
Om 10:00 open die gebak en om 11:00 die vleistafels in die kerksaal.
Bring u vriende saam en kom deel in ons dankbaarheid en kom geniet ‘n heerlike kuiertjie op Brandwag.
Dankfees – 14 Mei 2022
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Pannekoek tafel: Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).
Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.
Gebak: Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).
Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei2022. Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.
KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30
Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /
Corita du Preez – 084 265 9487
JAFFELS @ R20 ELK: Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis. Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
VLEIS:Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
GEBAK:Liana Boshoff – 084 764 6155
GROENTE:Robert Crause – 071 243 9181
WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorteer. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011
KINDERTAFEL:Pauline Richards – 079 557 8591
POEDING:Elmari Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Goeie Vrydag – 15 April 2022 07:00 YouTube nagmaal videodiens 08:00 Meditatiewe nagmaal – kerkgebou (Persoonlike bepeinsende nagmaal, geen preek nie) 10:00 Erediens en nagmaal in die kerkgebou (Ds. Danie Goosen)
Sondag 17 April 2022 – Paasfees Geen Kategese 06:30 Sonsopkomsbyeenkoms by Suiderkruisstrand Ds. Danie Goosen (Bring eie stoel, kombers saam) 10:00 Erediens in kerkgebou – Dr. Frans Hancke
Die Christelike Sondag se wortels lê in Paasfees, die fees waar lewe uit die dood verrys. Elke Sondag is ’n Paasfees, dus nie die sewende dag nie, maar die agtste dag, oftewel die eerste dag van die nuwe, die dag van lewe uit die dood, van moontlikheid, van herskepping. En al die Sondae van die jaar kring vanaf Paasfees uit soos vanaf ’n episentrum. – So skryf Prof Cas Wepener … lees die volle artikel hier.
Baie welkom by vanoggend se erediens en ‘n spesiale verwelkoming aan
ds. Nadia Marais (Goosen) wat vanoggend se erediens lei.
Ons skriflesing vanoggend kom uit Jona 3 & 4. Die tema van die prediking is: Is dit reg dat jy so kwaad is?
Spesiale deuroffer gaan vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
Geen Kategese.
Sesde Lydensweek.
Nuwe lidmate in ons gemeente:
Ons nooi nuwe lidmate om asb. na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. U is welkom om ons te kontak of te kom inloer by die kerkkantoor Maandae, Woensdae & Vrydae tussen 08:00 & 13:00.
Eredienste
Eredienste word op Sondae om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig, gehou. Daar sal aan die vereistes van Covid19 regulasies voldoen word by die aanbieding van die eredienste. Skakel gerus die kerkkantoor (044 620 2205) indien u enige verdere inligting verlang.
YouTube Eredienste
Die uitsending van YouTube eredienste gaan voort en is elke Sondagoggend om 07:00 beskikbaar op YouTube of deur middel van die skakel wat per WhatsApp aan u gestuur word.
Dit maak ‘n groot verskil aan die prediker as daar mense in die kerk is tydens die opnames. U is baie welkom om dit by te woon. Kontak vir Anton Gericke op
083 277 2777 indien u enige vrae het.
Al die dienste van ons gemeente wat voorheen op YouTube uitgesaai is, is nou op YouTube oopgemaak. U kan dus te enige tyd na vorige dienste kyk. ‘n Skakel na die YouTube dienste is ook op ons webwerf beskikbaar.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, asook Kerkbode is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Sondag – 10 April 2022
Kategese om 09:00 die oggend.
Erediens vind plaas om 10:00 in die kerkgebou en die saal, indien nodig.
Prediker: Ds. Danie Goosen.
Doop.
Spesiale Offer vir die Gemeente Instandhoudingsfonds.
Sewende (Groot) Lydensweek.
Klub-50+
Klub-50+ se jaarlikse braai vind plaas op 6 April by Hartenbosrivier-oord vanaf 10:30. Bring asseblief u eie vleis, drinkgoed en eetgerei. Slaaie, tafels en stoele word voorsien. Toegang is gratis. Indien u dit wil bywoon kontak asseblief vir Mariana van Huyssteen (082 922 9291).
Probleme met die kerkorrel:
Die kerkraad het kennis geneem van probleme met ons kerkorrel. Kundiges het dit ondersoek en ’n kwotasie vir die herstel is aan ons voorgelê. Volgens beleid moet ’n tweede kwotasie verkry word. Hierdie kwotasie sal ons ongelukkig eers gedurende Mei-maand kan kry weens die skaarsheid van kundiges. Ons is derhalwe verplig om intussen van ons klavier gebruik te maak vir begeleiding.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Die voorsiening van kinderklere, materiaal, gare, borduurgare en wol is ook ‘n deurlopende behoefte en ons gee gereeld terugvoer van die produkte wat die mensies maak d.m.v. fotos wat op die webblad geplaas word.
Getuienisbediening
Wolwedans boodskap, sop en brood bediening.
Die datum vir die tweede kwartaal se uitreike is 6 & 20 April, 4 & 18 Mei asook 1,15 & 29 Junie 2022.
Die voorsiening van sop is ‘n deurlopende behoefte. Baie dankie vir die getroue ondersteuning.
Omgeebediening
Die omgeebediening voorsien maandeliks kruidenierswarepakkies aan behoeftige gesinne. Kontak asseblief die kerkraadslid / kerkkantoor indien u bewus is van wykslede wat swaarkry weens finansiële of emosionele omstandighede.
U is welkom om ‘n bydrae te maak.Enige nie-bederfbare produktesoos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepaste, koffie, tee ens. is baie welkom asook winkelplastieksakke vir verpakking.
Ook enige klere, beddegoed, handdoeke, gordyne ens. is baie welkom vir die “Klerekas” waarvandaan dit weer versprei word aan diegene in nood.
Bydraes kan geplaas word binne die boks in die voorportaal van die kerkgebou op ‘n Sondagoggend of alternatiewelik op Maandae, Woensdae of Vrydae by die kerkkantoor afgegee word tydens kantoorure. Skakel Corrie Pieters (082 327 9527) vir verdere inligting
Kom geniet ‘n koppie koffie, tee of iets lekkers en kuier saam. Lyste met die oog op die gemeente dankfees sirkuleer tans in die gemeente, maar geldelike bydraes altyd welkom by kerkkantoor of per direkte inbetaling in die bankrekening.
Pannekoek tafel: Ons benodig helpers vir bak en oprol van die pannekoeke. Indien u kan help skakel asb. Piet Snyman (082 297 3476).
Bydraes vir bestanddele soos meel, olie, suiker en eiers sal baie waardeer word.
Gebak: Ons benodig nog baie produkte vir die koektafel. Enige gebakte items is welkom. Skakel asb. Liana Boshoff (084 764 6155).
Die volgende tafels se bestellings benodig ons asb. weer via WhatsApp nie later as Maandag 9 Mei2022. Kom koop op die dag maar bestel om teleurstelling te voorkom.
KERRIE-EN-RYS: 250 ml @ R15 & 500 ml @ R30
Barbara Gericke – 082 411 1222 (plaas bestellings hier) /
Corita du Preez – 084 265 9487
JAFFELS @ R20 ELK: Daar sal ‘n aantal jaffels beskikbaar wees op ‘n eerste kom basis. Om egter teleurstelling te voorkom en ons ook te help met beplanning sal ons dit egter waardeer indien u asseblief steeds u bestellings per WhatsApp of sms by Maryna du Preez – 083 654 4369 sal plaas.
VLEIS:Flaffie de Jager – 083 700 8919 / Henkie de Jager – 083 262 0233
GEBAK:Liana Boshoff – 084 764 6155
GROENTE:Robert Crause – 071 243 9181
WIT OLIFANT: Bring asb. enige goedere na die kantoor en ons sal dit daar sorter. Ek sal goedere enige tyd by die huise gaan oplaai indien moeilik om self in te bring. Annalene de Swardt – 082 495 5011
KINDERTAFEL:Pauline Richards – 079 557 8591
POEDING:Elmarie Olsen – 073 979 8868 (Indien u ‘n poeding skenk dui net aan of dit ‘n warm of koue poeding is.)
Gereformeerde Kerk George – Gesellige Oggendbyeenkoms
Kom geniet ‘n gesellige oggendbyeenkoms met Erik Holm op Saterdag 9 April 2022 om 10:00 by die Gereformeerde Kerk George. Mans en vroue is welkom.
(Stuur ‘n sms of whatsapp met jou naam en ek bel jou terug om te reël vir aflewering van kaartjies binne George.)
Gebedsversoek vanaf Amos
Dringende versoek vir 3 Christen leiers in sy tuisdorp:
Die president van die Protestanse kerk het 18 maande tronkstraf gekry vir die verkondiging van die Evangelie;
Twee pastore van kleiner dorpies in die omgewing het ‘n boete en 8 maande tronkstraf gekry vir die hou van eredienste.
Hul appèlle om die strawwe om te keer vind hierdie week plaas. Bid asseblief dat dit suksesvol sal wees.
Daar is tans weer ‘n hernude vlaag van vervolging teen die verspreiding van die Evangelie in Amos se geboorteland.
Dankies
Gholfdag
Baie, baie dankie aan almal wat betrokke was vir u reuse aandeel en ondersteuning om die dag so ‘n groot sukses te maak, maar die grootste dank aan ons Hemelse Vader wat so wonderlik vir ons voorsien.
Die geleentheid het die mooi bedrag van R67 310 opgelewer. In ‘n tyd waar mense moedeloos en selfs wanhopig is as hulle aan die toekoms dink, glo ons dat u aandeel hoop vir die mense in ons gemeenskap sal bring.
Ons vertrou dat ons weer in die toekoms hande kan vat ter
opheffing van die mense se geloof in die môre van die lewe.